Vanjaar vier ons 100 jaar van Afrikaans as ‘n amptelike taal van Suid-Afrika. Hieronder is ‘n foto van die wet, maar jy kan die inligting makliker lees op Official Languages of the Union Act, 1925.
Baie min tale het ‘n verjaarsdag en Afrikaans se verjaarsdag verwys slegs na ‘n politieke besluit. Esperanto het ‘n verjaarsdag wanneer ons die publikasie van die Unua Libro van Esperanto vier. In 1925 is Afrikaans al jare lank landwyd gepraat, maar steeds was ‘n amptelike erkenning baie welkom.
Ek lees ‘n paar aanlynberigte oor die gebeurtenis, maar veral in die buiteland is daar amper niks op die nuus nie. Wanneer Afrikaans tans in die nuus verskyn, is dit in verband met ‘n spesifieke nuusberig uit Suid-Afrika en Amerika. Hoe ongelukkig vir ons taalliefhebbers.
Bron: Parliament of South Africa, Public domain, via Wikimedia Commons