Hierdie maand het ek ‘n week se verlof geneem en het na die eiland Jersey op vakansie gevlieg. Ek wou al jare lank gaan besoek maar soms moet jy net ‘n plan maak en doen. Jersey en die naburige Guernsey is kroongebiede wat nie ‘n deelte van Brittanje is nie maar ook is nie heeltemaal apaart nie.
Op die vlieg kies ek altyd my sitplek om uit die venster uit te kyk. Op die diep blau see staan die rotse en klein eilande van Guernsey, Alderney, Sark, Herm en die klein, bewonder en onbewonde eilande. Ek het nooit besoek nie maar weens die internet is ek vertroud met hulle. Klein semi-onafhanklike gebiede wat op die een kant argaïes verskyn, maar op die ander kant bestaan moderne gemeenskappe vol mense en lewe.
Dit voel baie soos Brittanje. Mense se aksent klink soos dié uit suid-oos Engeland. Die geld is dieselfde, die winkels en restaurante is ook dieselfde, die mode is dieselfde. Dit voel dat jy in ‘n klein dorpie aan die kus van Engeland is en alles is makklik herkenbaar. Die Kanaaleilande staan bekend oor die lae belastingkoers, wat mense uit Brittanje en oor die hele wêreld lok. Vir besoekers soos ek is die sand en strand, lekker weer en mooi dorpies groot aantreklikhede sonder om jou geld te moet wissel of ‘n ander taal te moet praat.
Een dag het ons ‘n bietjie met ‘n toergids gesels oor die eiland se geskeidenis en kultuur. Aan die begin van die Tweede Wêrledoorlog kon veel mense die inheemse taal Jèrriais, en Guernésiais en die veel kleiner tale Auregnais en Sercquiais op die ander eilande, praat. Nou is die tale deur Engels verwang. Ek het verwag om mense Frans te hoor praat, maar die waarheid is dat ek niks gehoor het nie. Dit is só ‘n jammerte dat hierdie ou tale stil en snel uitsterf, tensy mense die poging wil maak om te leer en in hulle alledaagse lewe praat.
In die hotel het ons een Suid-Afrikaner gehoor en volgens die internet woon ‘n paar honderd Suid-Afrikaners op die eilande met winkels en besighede. Dit is geen verrassing nie, aangesien daar Poolse en Oekraïense bevolkings en Indiese restaurante in die klein dorpies aan die kus is. In baie opsigte voel dit net soos my Londen en Brittanje.




