Monthly Archives: November 2025

Parys in die herfs

Vrydagaand ná die werk het die Eurostar geneem om na Parys te gaan. Dit ‘n goeie tyd om te reis, aan die einde van die week voor die begin van die naweek. In plek van vroeg op saterdag te moet opstaan en om na die stasie te haas, weet jy dat jy goed gaan slaap want jy het in jou bestemming aangekom. ‘n Vol dag van toerisem wag op jou in die oggend en jy sal vol energie wakker word.

Basilique du Sacré-Cœur de Montmartre

Basilique du Sacré-Cœur de Montmartre


Ons het ‘n bewuste besluit geneem om nie te veel te probeer doen nie. Ons het nie ‘n ingewikkelde reisplan vol besienswaardighede gemaak nie. Ons wou net in die omgewing rondloop en net een ding sien – Basiliek van Sacré-Cœur de Montmartre. Ek het dit jare gelede in die nag besoek, maar gedurende die dag sien ek die nou straatjies, winkels, restaurante en kafees. Mense neem foto’s en wag om die katedraal binne te gaan. Die uitsig oor die stad is fantasties en ek besef net hoe plat die stad en die gebrek aan wolktorings is iets anders.

Gare du Nord in Parys

Gare du Nord in Parys

Vir ‘n toeris is die Parys_Metro maklik om te gebruik sodra jy die reiskaart bestudeer het en uitgevind het hoe om kaartjies te koop. Selfs in die sentrum loop die rye soms bo die strate, ‘n bietjie soos die Westway in Londen, sodat jy die hoë verdiepings van die geboue kan sien.

Ek gesels ‘n bietjie Frans sonder moeilikhede, die tipe taal wat ‘n toeris moet ken. Dis altyd pret om Frans te praat want ek die taal op skool 40 jaar gelede begin leer het en sonder om dit goed te praat, kan ek die toeris vrae bestel. Ek weet ek is ‘n buitelander maar ek hou baie daarvan.

Parys is maar twee-uur weg van Londen geleë en noudat ek die stad begin ontdek, is ek van plan om terug in 2026 te gaan.