Monthly Archives: June 2025

Fokofpolisiekar in Londen

Op die naweek het Fokofpolisiekar nog ‘n konsert in Londen gespeel. Ek glo dit was die sewende keer dat ek hulle sien speel het en dan is daar die kere toe de lede se ander bands gespeel het, waarheen ek ook gegaan het. Ek weet dat in die verlede dit moeilik was vir hulle – en ook ander Suid-Afrikaanse bands – om in Londen te speel weens die visum vereistes en die koste.

Dit was dus ‘n groot verrassing toe die groep hierdie optrede aangekondig het. Saterdagaand in Londen is die gewildste aand wanneer groepe sal speel. Geen worry nie; alle kaartjies was uitverkoop en die lokaal was baie vol. Ek ken goed die venue en dit lyk my dat Saterdagaand die besigste aand. Weens die lawaai kon jy amper niks hoor nie, maar die mense in groen rugby truie en Fokof merch en almal ken vir mekaar. Daar was geen verrassing in die sanglys, net die treffers waarmme mense kan saam sing. Dis al wat mense wil hê.

Fokofpolisiekar speel in Londen

Fokofpolisiekar speel in Londen

In die komende maande speel Spoegwolf, Francois van Coke en Karen Zoid in Londen en saam met Jack Parow, wat in April gespeel het, en dit voel soos ‘n goue eeu van Afrikaans bands wat kom speel. En hulle speel ook in goeie grottee lokale vir 800 mense on Saterdag, 1,100 vir Spoegwold en 2,000 vir Francois van Coke saam met Karen Zoid. Ek twyfel of dit ‘n sein van die toekoms is maar ek hoop dat meer bands hierheen sal kom. Bands begin nou in Dublin speel en Amsterdam is lank reeds die een stad in Europa waarheen bands reis.