Oor my | About

Halo, ek is Alexander. Ek bly in Londen en studeer Afrikaans op my eie.

“Hoekom Afrikaans?”, vra mense. Dit is ‘n goeie vraag. Afrikaans is mos ‘n vreemde keuse. Om ‘n ander taal te kan praat is ‘n kundigheid en daar’s ‘n groot aantal van ons ter wêreld.

Ek het jare gelede myself Afrikaans uit boek uit begin leer, nadat ek universiteit verlaat het. ‘n Noord-Ierse kollega het homself ‘n bietjie Afrikaans geleer en het vir my gesê dat dit nie moeilik is om te leer nie. Dit het soos ‘n lekker idee geklink. Ek het nie geglo dat ek jare later Afrikaans sou annhou leer en praat nie. My pa kom uit Suid-Afrika maar ek kan nie sê dat dit die rede was om te leer nie maar my ouma in Suid-Afrika het dikwels aan my boeke, koerante en tydskrifte gestuur.

Johan het my aangemoedig om my blog te begin skryf en ek geniet die geleetheid om te skryf en om in Afrikaans te probeer kommunikeer. Natuurlik is die foute volop maar ek hoop ek verbeter en maak minder en minder foute. Ek kan net aanhou leer. Ek moet sê my belang is in taal en kommunikasie. As iemand vir my ‘n ander taal aanbeveel het sou ek dit in sy plek geleer het. Hoe anders dinge sou gewees het.

As jy ook in Londen is en wil ontmoet en gesels, los dan ‘n kommentaar sodat ons ietsie kan reël anders stuur ‘n e-pos aan afrikaanslondon at outlook dot com.

Dankie dat jy lees.

51 thoughts on “Oor my | About

  1. Peter

    jis-jis alex!
    ek smaak jou gesindheid honderd! jy’t sommer ‘n bakgat webwerfie hier. as jy ooit in surrey rondloop, gooi maar ‘n e-pos, dan knak ons ‘n bierjie of twee!
    voorspoed!

  2. Alexander Post author

    Peter, dankie vir jou kommentaar. Ek hou van die idee van ‘n biertjie so sal ‘n e-pos aan jou stuur! Ongelukkig werk jou e-pos addres nie so los ‘n ander kommentaar met ‘n verskillende addres asseblief sodat ek terug kan skryf.

  3. Ouma Cotie

    Hi Alexander, jou blog lees lekker My kleinseun (26jr?) werk ook in London, as rekenkundige, hy het ook Bcom graad, ens Ek dink julle sal lekker gesels

    Ouma C

  4. Alexander Post author

    Ouma C, goed om van jou af te hoor. Sê vir jou kleinseun om ‘n kommentaar te los en miskien kan ons dan gesels.

  5. nikita

    Hi! Ek’s bly om te sien jy blog nog steeds! Daar’s heelwat mense regoor die wereld wat Afrikaans leer. Ek het ‘n Russiese ou op my blog wat nou en dan met my via email korrespondeer en hy leer homself Afrikaans. Ek dink dis PUIK! Ek het ‘n link op my blog na hierdie ou in San Francisco wat homself ook leer en hy maak Youtube videos van die onderwerpe waaroor hy leer, nogal baie oulik! Dan op FB is daar ‘n Italianer wat die taal homself aanleer…dis wonderlik. Afrikaans BO!

  6. Boekeman

    Dis wonderlik om te weet dat daar ‘vreemdelinge’ is wat graag ons mooi taal wil aanleer. Gaan loer gerus in by http://www.boekwerf.blogspot.com en maak kennis met populêre Afrikaanse skrywers van die verlede wat ‘n ganse volk aan’t lese gehou het. Hulle het selde die erkenning gekry wat hulle verdien. Hul boeke en die van huidige skrywers, word op ‘n prikkelende wyse weer bekend gestel. Kom luierlees oor hulle en kom kuier net gesellig saam – Boekeman

  7. Alexander Post author

    @Nikita, dis goed om weer van jou af te hoor. Ek het ook ‘n Russiese ou (Eugene – dieselfde ou?) aanlyn ontmoet en sy Afrikaans is baie indrukwekkend – veel beter as myne! Ek het na daardie skakel op jou blog Francisco gekyk, sy Afrikaans is baie goed.

  8. Alexander Post author

    @Boekeman, baie dankie vir jou kommentaar. Afrikaans is ‘n mooi taal en baie pret om te leer, dis ‘n jammerte dat min Engelse Suid-Afrikaners, in my ervaring, belangstel. Dis baie interessant om jou blog te lees en ek sal die skakel met vriende deel.

  9. Verdant

    My Afrikaans is sleg, maar ek probeer om elke dag te praat. Baie dankie vir die kommentaar op my webblad. Ek waardeer dit!

  10. Alexander Post author

    @Verdant dankie ook vir jou kommentaar. Ek het baie geniet om na jou video’s op jou blog te kyk, dis ‘n cool manier om jou Afrikaans met almal te deel. Dis goed om te sien dat daar soveel mense buite Suid-Afrika is wat die taal wil leer. Sterkte!

  11. Alex

    Hi Alex! Ek heet ook Alex en leer myself ook Afrikaans! Ek is heeltemaal nie Suid-Afrikaanse afkomstig nie en was daar net een keer in Desember 2009. Ek hou so baie van die taal en vind dit ‘n fantasiese taal om te leer en wardeer baie die geleentheide wat vir my nou al oop is, omdat ek Afrikaans leer.

    Ek woon ook in London en het teleurgestel geword omdat ek nie meer baie Afrikaans kan vind nie. Weet jy of daar miskien boekwinkels is, waar ek boeke en koreante kan koop? Ek glo baie van die Afrikaners het al teruggekeer, want ek hoor dit nie meer so baie in die strate nie.

    Die vraag waarom ek myself Afrikaans geleer het vind ek ook moeilik om te beantwoord. Ek moet lieg en sê dat ek Afrikaans is maar dis eintlik nie die waarheid nie!

    Dis fantasties om ook ander Britse te vind wat Afrikaans praat en leer, en goed om te sien dat ek nie alleen is nie!

  12. Alexander Post author

    Alex, baie goed om van jou af te hoor, ‘n ander Britse leerling! Ek het ‘n e-pos aan jou met ‘n bietjie inligting gestuur.

    Jy kan ‘n paar Afrikaanse boeke in Foyles op Charing Cross Road en Grant and Cutler op Great Marlborough Street kry. Elke af en toe vind ek nuwe boeke wat op verkoop is. Daar’s ‘n paar André Brink, Harry Potter en Kuifie boeke in altwee winkels. As jy koerante en tydskrifte soek, kyk in African Enterprises (The Arches, Villiers Street London WC2N 6NG). Hulle verkoop ‘n paar ou koerante en tydskrifte en ek dink ook ‘n kokboek in Afrikaans. Anders soek aanlyn, ek het ‘n paar boeke van Kalahari af gekoop maar kyk ook na Die Winkel op eBay. Ek het ‘n paar boeke en DVDs gekoop en dis ‘n miskien bietjie duur maar dis nie sleg nie.

  13. Mariaan en Lourens Jensen

    Goeie naand Alexander,
    ek het jou blog raakgelees terwyl ek opsoek was na inligting vir my dogter se skoolwerk. Ek en my man het met belangstelling jou kommentaar gelees. As Afrikaanssprekendes is dit baie aangenaam om te hoor dat jy van ons taal hou en dit vir jouself aangeleer het. In Suid Afrika word die taal al hoe minder en minder gepraat en bykans gladnie meer as amptelike kommunikasie medium gebruik nie. As gevolg van die situasie is dit opmerklik dat al hoe meer mense Afrikaans WIL praat en Afrikaanse musiek beleef tans ‘n oplewing soos nog nooit tevore nie. Ons hoop jy het al die geleentheid gehad om ook na ons musiek te luister. Ons wil jou graag aanmoedig om Afrikaans ten volle te bemeester. Groete uit ‘n sonnige Suid Afrika. Lourens en Mariaan.

  14. Alexander Post author

    Mariaan en Lourens

    Baie dankie vir julle kommentaar en aanmoediging. Dis altyd fantasties om van Afrikaanssprekendes af te hoor en te weet dat mense my gedagtes en pogings lees. Afrikaans is baie mooi om te leer en ek geniet baie die ervaring. Tans blyk die taal aanlyn te floreer en ek het veel ander leerders aanlyn ontmoet wat uit Rusland, Swede, Frankryk en ander lande kom, ‘n groeiende gemeenskap belangstellers. Ek ken ‘n paar nuwe Afrikaanse bands en die internet maak dit makliker om nuwe musiek te hoor en af te laai. Daar’s ook ‘n Afrikaanse ou by werk om meet te gesels. Ek wil hierdie jaar terug kom sodat ek weer kan oefen en verbeter.

  15. Mias Strauss

    Hallo Alex,

    Ek wil jou gelukwens met ‘n uitstekende Blog! Dit is regtig ‘n riem onder die hart om te sien hoe goed jou Afrikaans is! Veels geluk man. Ek is ‘n kliniese sielkunidge in Swakopmund Namaibia, wat soos jy seker ook weet, hoofsaaklik Afrikaans as voertaal gebruik alhoewel die amptelike taal Engels is. Ons is ‘n buurland van Suid-Afrika en het die mees ongelooflikste natuurskoon. Jy moet gerus ‘n draai hier kom gooi, sodat ons jou kan leer om nie net Afrikaans te praat nie, maar om ordentlike Boerekos te eet!

    Great stuff, buddy, keep it up!

  16. Alexander Post author

    Mias, baie dankie vir jou kommentaar en aanmoediging. Ek ken Swakopmund, ek het in 2008 Namibië daar besoek en het ‘n paar dae in Swakopmund gebly wat so ‘n baie mooi dorpie is en ek ken ook ‘n bietjie Duits so kon met die kelners ens praat. Dit was ‘n fantastiese vakansie en ek wil beslis terug gaan.

  17. nikita

    Hi Alexander
    Ja, dit lyk my ons het albei dieselfde ou beet, Eugene is die naam, maar sy Afrikaans is vir my net te goed. Ek het in die begin gedink die ou vat my vir ‘n vet “ride”…gedink hy soek geselskap.lol…

  18. Nadenker

    Hullo Alexander, ek het iewers gelees as jy ‘n ander taal leer, leer jy ook ‘n nuwe wêreld. Dit is waar. Ek het ook Duits probeer leer, maar ongelukkig het ek nie baie tyd vir dit nou nie. Lekker Afrikaans leer! Groete uit Johannesburg.

  19. Alexander Post author

    @Nadenker, baie dankie vir jou kommentaar en aanmoediging. Om Afrikaans te leer is ‘n baie genietbare ervaring en dit gee my soveel nuwe en verskillende geleenthede en vriendskappe. Ons sal saam die woord van Afrikaans oor die hele wêreld versprei!

  20. Alexander Post author

    @Dokte, dankie vir die kommentaar en dat my blog gevind het! Ja, ek hou baie van Kallitz en het ook ‘n paar solo liedjies op my iPod. Jy moet in Londen kom speel!

  21. Dokte

    Alexander – sal kwaai wees as ek daar kan kom speel!
    Ek try om my nuwe album voor die einde van die jaar uit te sit, al die songs is klaar, 18 tracks, sal jou laat weet!

    Safe!
    Dokte
    @Alexander

  22. Alexander Post author

    @Dokte, ek sien baie daarna uit om na jou nuwe album te luister, laat my weet wanneer dit beskikbaar word.

  23. Margie Frood

    Hi Alexander. Ek het jou blog vir die eerste keer vandag teegekom as gevolg van die nuwe reeks van Moddereiland potgooie wat ek op iTunes gevind het. Ek’s bly om te sien dat jy steeds aanhou om die taal te bemeester!
    Veels geluk!
    Margie
    (Miskien onthou jy…Moddereiland Potgooi 43?)

  24. Alexander Post author

    @Margie

    Dis baie goed om weer van jou af te hoor! Ek het jou onlangse kommentaar op Johan se blog gelees. Ek onthou goed daai potgooi, dit sal cool wees om ‘n nuwe ene te maak. Hoe gaan alles met jou? En dankie dat jy my blog lees.

  25. michael

    hey bra! Ek het op jou blog afgekom terwyl ek gesoek het na ‘n oplossing oor hoe ek spaans kan leer. In een van jou inskrywings noem jy dat jy dit leer. Enige tips en voorstelle hoe ek dit maklik kan leer? Ek dink dit sal vir my makliker wees om dit eerder deur my native taal te leer as deur engels, maar ek gaan nou ook nie honderde spandeer aan leerstof nie! Enige oulike website’jie waarvan jy weet?
    Thanks en cheers!

  26. Alexander Post author

    @Michael, baie dankie vir jou kommentaar en dankie dat jy my blog lees. Ek sal ‘n e-pos aan jou stuur oor my pogings om Spaans te leer.

  27. Phil Jansen

    Hallo Alexander, dis Phil stigter en omroeper van Radio X5 Stereo. Ons is n onafhanklike digitale radiostasie en trots afrikaans. Ons saai wereldwyd uit en het tans 109 unieke luisteraars van Londen, asook van ander lande wat elke dag saam in luister. Ek hou van jou unieke skryf styl en dat jy ook Afrikaans op jou blog bemark.

    Graag verneem ek of jy nie dalk n potgooi vir ons unieke radio stasie will maak nie, wat dan weekliks uitgesaai sal word op Radio X5 Stereo.

    Ek hoor graag van jou.

Comments are closed.