As jy wil hê dat hulle sal lees, moet jy dan skryf

Dit lyk asof Immergroen een van die beste dinge was wat ooit vir my blog gebeur het; nou het ek soveel meer besoekers so ek moet meer dikwels skryf. Dankie Craig le Roux, ek is baie dankbaar.

So ek reken ek moet ‘n bietjie nuus berig of maak. Laat my dink. Verlede week was my tannie L uit Johannesburg (sy’s getroud met my pa sy broer) en haar sussie J en dogter A in Londen en ons het met een van my broers en sy vrou en my K uitgehang. Eintlik dit was meer as uitgehang maar jy verstaan. Dit was baie lekker om familielede weer te sien en om almal te praat en om hulle nuus te leer. Ongelukkig was ek te bly om net te drink so het baie min Afrikaans gepraat wat ook ‘n jammerte is omdat A op ‘n Afrikaanse universtiteit geswot het. Ek dink ek hou nie van die idee dat ‘n familielede beter Afrikaans as ek kan praat nie. Ja, ek wil en moet die beste wees.

Sondag gaan ek Teddington toe om Johan te sien en ons wil ‘n nuwe potgooi maak. Dit lyk asof ek vrydagaand met die gewone bende Robbie Wessels by Aardvark gaan sien so ek sal terug berig. Ek hoor dat die komminste mense van hom hou so wie weet hoe dit sal gaan maar dit sal beslis ‘n nuwe ervaring wees.

Ek het ‘n verskillende pos begin skryf maar toe het besluit dat ek meer tyg nodig het om die gedagtes uit te werk – beide om te skryf en wat ek bedoel – so ‘n langer en dieper pos in die komende dae sal kom.

8 thoughts on “As jy wil hê dat hulle sal lees, moet jy dan skryf

  1. christine

    Jy sal geslaan word as jy die K-woord so ligtelik gebruik! Die komminste mense het waarskynlik ook goed soos “Ek Lief Sokkie” (Volume 1 EN 2) in hulle musiek-versameling. Robbie het gelukkig heelwat nie-kommin fans. Hopelik is die Aardvark crowd cool-kommin. En nie kommin-kommin nie.

  2. Alexander Post author

    Baie snaakse vraag in die toets, “Was jy ooit al by ‘n Kurt Darren konsert?”. Okei, ek wag om dit te ervaar.

  3. christine

    Wat was jou score in die kommin-toets? Ek sien Kurt het sy eie Twitter bladsy. Elke tweede woord is “lekker”. Ek’s seker sy konserte is ook “lekker”. Lekker k@k 🙂

  4. Alexander Post author

    Ek het nie die toets gedoen nie, miskien is ek net te on-kommin. Ek sal Kurt se Twitter lees, dit klink lekker!

  5. Martjie

    Vertel ons bietjie van Robbie Wessels by Aardvark asb? Ek is van Aardvark en ek sal graag wil hoor wat jy daarvan gedink het!

  6. Alexander Post author

    Martjie, op die einde het ek nie gegaan nie, ek was net te moeg. Christine (bo) het gegaan so sal haar vra. Ek moet weer Aardvark toe gaan, ek dink die laaste keer was twee jaar gelede vir Koos Kombuis so ek sal my bende oproep.

  7. christine

    Robbie was great! Het baie lekker gekuier. Ek hou meer van sy diep songs, maar die meerderheid van die mense was lus vir Leeuloop en daai goed. Ek dink daar was ‘n goeie balans tussen die twee kante van sy persoonlikheid. So hy’t vir almal voorsiening gemaak. Sal vir jou die CDs stuur.
    Martjie: Alexander is beskikbaar om reviews te skryf, in ruil vir boereworsrolle 🙂

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam