Ek het planne gehad maar toe skryf ek niks

In September gaan ek na Luxemburg en Amsterdam toe en ek het planne gehad om daaroor te skryf. Ek skryf sinne in my brein as ek uit werk wat ek wil sê voordat ek voor die klavier sit en tik; evarings, persepsies, klein besonderhede oor ‘n kort verblyf oorsee. En toe maak ek niks. En nou weet ek dis nie so interessant nie en dis te laat om te hê dat gebeurtenisse uit ‘n paar week verlede is nou nuuswaardig. Miskien skryf ek meer later oor een of twee onderwerpe uit die besoek wat my baie interesseer. Hier’s ‘n foto wat alles sê.

Europa
‘n Kamer in Amsterdam Centraal stasie

So wat het ek gemaak? Ek het nog ‘n ander kursus op Duolingo in Duits voltooi en ek dink is ‘n bietjie aan die app verslaafd! Elke dag het ek lesse nodig doen andersins voel ek teleurgesteld. By die werk neem ek ‘n kort breek uit my werk en ek leer ‘n les van 20 vrae. Hoe meer verveld ek by die werk is, hoe meer keer ek ‘n breek neem. Ek raak ook baie kompeteerend met vriende wat ook die app gebruik. Elke week moet ek meer punte as hulle verdien; hulle mag nie meer as ek leer nie.

Nou leer ek Italiaans en dis ‘n verrassing om te sê dat dit waar is, dis ‘n baie mooi taal. Ek is ‘n bietjie lief vir hierdie taal. Nadat ek ‘n bietjie Frans, Spaans en Esperanto geleer het, vind ek Italiaans, tot dusver, taamlik maklik. Ek is gemotiveerd om meer te leer. Ek voel dat ek ‘n taal stokperdjie versamelaar word.