Daily Archives: 07/10/2008

Afrikaanse boeke

Ek het hierdie week vyf Afrikaanse boeke vir £10 gekoop van ‘n oke op gumtree af. Hy wou hulle verkoop omdat ek terug na Paarl gaan maar ongelukkig het hy geen ander boeke om te verkoop nie. £10 is baie goedkoop en ek was bereid om £20 of meer te betaal maar natuurlik was ek bly met sy keus van prys.

Onder hulle is drie romans deur Koos Kombuis en syne is nie te moeilik vir my om te lees nie. Ek het nou meer as 40 Afrikaanse boeke, 22 Afrikaanse Kuifie boeke (ek soek nou die drie ander) en ‘n groot aantal koerante en tydskrifte.

So ek versamel hulle, maar ek moet hulle begin lees. As jy iets wil leen, laat my weet. Miskien kan ons ‘n Afrikaanse biblioteek in Londen maak.