Geen meer eksamens!

Gister het ek die uitslag van my rekeningkunde eindeksamen gekry en sukses, ek het geslaag! Ek was hoopvol want ek het so veel werk gedoen maar ek was ook omstigtig. Ek wou nie sê ek het beslis geslaag en toe druip ek, ek sou baie dom gelyk het! Gister moes ek inteken om uit te vind weens ek het g’n e-pos ontvang nie – en ek wag nog tot ek ‘n brief in die pos kry – maar ek het 30 uit 50 gekry. Terselfdertyd voel ek ‘n bietjie skuldig want my vriend met wie ek gestudeer het, het 24 uit 50 gekry en dus ongelukkig gedruip. Sy is veel beter rekenmeester as ek maar ek dink my kennis is breër en dus meer toepaslik vir werk.

Die ander ding is dat nou ek weet gaan ek dit mis. Vir die laas drie jare moes ek elke naweek en mees aande gaan studeer soos ‘n roetine. Ek het dieselfde mense begin ken en ons het ‘n bietjie gesels oor die kursus en hoe alles gaan, verduidelik die moeilike aspekte aan mekaar ens. Ek het gevoel dat ek op elke keer ‘n bietjie meer leer om my kennis en brein te laat groei. Nou soek ek iets nuuts om in my vrye tyd te maak anders gaan ek baie verveld in die aande en naweke voel. Ek het nodig die struktuur in my lewe, ek dink. Nou kan ek meer artikels vir Wikipedia skryf.

Ek het net drie mense vertel want ek wil wag tot ek die brief ontvang voor ek iets sê. Ek nie vir my vriende of boss vertel nie. Vir ‘n vreemde rede wil ek dit as net my eie geheim vas hou – behalwe vir julle Afrikaansspekrenders wat lees!

2 thoughts on “Geen meer eksamens!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam