Home > Alexander > Dinge om te doen in die somer

Dinge om te doen in die somer

Wie wil die rugby London Double Header by Twickenham om 5 September kom sien? Daar’s twee wedstryde tuseen die vier Londen rugby klubs in die Guinness Premiership (Harlequins, London Irish, Saracens en Wasps) en ek het verlede jaar gegaan en het die baie geniet. Dis nie duur nie, omtrent £20 so ek dink ons moet gaan. Andersins laat ons die British Lions teen die Springbokke in die kroeg kyk.

In ander nuus lees ek dat SOAS ‘n Zulu Intensive Summer Course in September aanbied. Dit loop vir twee weke en dis ‘n bietjie duur (£255) maar dit lyk nogal interessant en as ek die vrye tyd kan kry sal ek dit doen. Ek het ‘n bietjie Duits, Nederlands en Sweeds geleer en ek geniet om vreemde tale te leer, veral ‘n nie-Indo Europese taal, so as jy ook belangstel laat my weet.

Dit hang ‘n bietjie af van werk. Volgende week begin studeer om die Chartered Institute of Management Accountants sertifikaat te kry. Werk gaan my ondersteun en vir alles betaal maar ek sal al die werk moet doen. Ongelukkig sal ek miskien nie genoeg tyd hê om Duits te aanhou leer nie want ek baie besig sal wees maar dis belangrik dat ek die kwalifikasie kry wat my loopbaan sal help. Ek kan weer in ‘n paar jaar Duits begin leer en ek hoop ek vergeet nie te veel nie.

Author: Alexander Categories: Alexander Tags: ,
  1. June 4th, 2009 at 11:03 | #1

    Dis jammer hulle bied nie Xhosa aan nie. Sou dit graag wou leer.
    Ek het ook ‘n ruk trug vir CIMA ingeskryf, en die boeke bestel. Maar toe onthou ek dat ek geen ambisie het nie, en boonop ‘n swak student is, en toe’t ek binne ‘n maand weer my boeke op Gumtree verkoop :-)
    Dit help dat jou werk daarvoor betaal. En dan sal jy seker ook studietyd afkry. Jy laat voel my nogal lui!

  2. June 4th, 2009 at 18:08 | #2

    Ek het vandag die eerste klas by BPP gehad en ek begin besef net hoe min ek weet en hoeveel werk ek moet doen! Ek is gelukkig dat werk my toelaat om die dag klas te neem sodat ek nie die aand klas moet neem nie. Natuurlik moet ek in my vrye tyd in die aand en op die naweek studeer maar dit bedoel een dag elke week buite die kantoor om te leer. Ek is ook baie lui en nie-geïnteresseerd maar soms moet jy hierdie dinge vir jou loopbaan doen.

    En kom leer Zulu saam met my.

  3. June 5th, 2009 at 13:04 | #3

    ek’s nogals lus! sal jou Maandag laat weet, nadat ek bietjie my finansies uitgecheck het. Sizobonana!

  4. June 8th, 2009 at 14:04 | #4

    ek’t daaroor gedink, en besluit om eerder Mandaryns deur my werk te leer!

  5. June 8th, 2009 at 18:22 | #5

    Okei ek verstaan. As jou werk sal betaal moet jy dan dit geleentheid vat. Waar leer jy?

  6. June 9th, 2009 at 12:47 | #6

    Ni Hao! Ons kan deur Rosetta Stone swot. Nogals cool. (Maar dis seker ons enigste perk!)
    As ek Chinees leer, kan ek lekker bollie praat met ons bure.

  1. No trackbacks yet.