Oor my
Halo, ek is Alexander. Ek bly in Londen en leer myself Afrikaans uit boeke uit.

Valsbaai, Julie 2008
“Hoekom Afrikaans?”, vra mense. ‘n Goeie vraag. My pa (Engelssprekend) kom uit Johannesburg maar hy praat dit nooit (ek glo dat hy dit nog ken) so kan ek nie sê dat dit die reed was nie.
Ek het in 1998 myself Afrikaans uit boek uit begin leer toe ek in Leeds gebly het. ‘n Ou op werk uit Belfast het homself ‘n bietjie Afrikaans geleer toe hy in Londen gewerk. Hy het en het vir gesê dat dit nie ‘n moeilike taal is om te leer nie. Dit het so ‘n lekker idee geklink. Ek het nie geglo dat ek jare later Afrikaans sou annhou leer en praat nie. My ouma in Johannesburg het altyd vir my ondersteun gegee en het Afrikaanse boeke, koerante en tydskrifte aan my gestuur.
Johan het my aangemoedig om my blog te begin skryf. Ek weet nie of daar ander blogs is wat leerders skryf nie.
As jy ook in Londen is en wil ontmoet en gesels, los dan ‘n kommentaar sodat ons ietsie kan reël. Ook kan jy ‘n e-pos aan afrikaanslondon at yahoo dot co dot uk stuur.
Dankie dat jy lees.

jis-jis alex!
ek smaak jou gesindheid honderd! jy’t sommer ‘n bakgat webwerfie hier. as jy ooit in surrey rondloop, gooi maar ‘n e-pos, dan knak ons ‘n bierjie of twee!
voorspoed!
Peter, dankie vir jou kommentaar. Ek hou van die idee van ‘n biertjie so sal ‘n e-pos aan jou stuur! Ongelukkig werk jou e-pos addres nie so los ‘n ander kommentaar met ‘n verskillende addres asseblief sodat ek terug kan skryf.
Hi Alexander, jou blog lees lekker My kleinseun (26jr?) werk ook in London, as rekenkundige, hy het ook Bcom graad, ens Ek dink julle sal lekker gesels
Ouma C
Ouma C, goed om van jou af te hoor. Sê vir jou kleinseun om ‘n kommentaar te los en miskien kan ons dan gesels.
Hi! Ek’s bly om te sien jy blog nog steeds! Daar’s heelwat mense regoor die wereld wat Afrikaans leer. Ek het ‘n Russiese ou op my blog wat nou en dan met my via email korrespondeer en hy leer homself Afrikaans. Ek dink dis PUIK! Ek het ‘n link op my blog na hierdie ou in San Francisco wat homself ook leer en hy maak Youtube videos van die onderwerpe waaroor hy leer, nogal baie oulik! Dan op FB is daar ‘n Italianer wat die taal homself aanleer…dis wonderlik. Afrikaans BO!
Dis wonderlik om te weet dat daar ‘vreemdelinge’ is wat graag ons mooi taal wil aanleer. Gaan loer gerus in by http://www.boekwerf.blogspot.com en maak kennis met populêre Afrikaanse skrywers van die verlede wat ‘n ganse volk aan’t lese gehou het. Hulle het selde die erkenning gekry wat hulle verdien. Hul boeke en die van huidige skrywers, word op ‘n prikkelende wyse weer bekend gestel. Kom luierlees oor hulle en kom kuier net gesellig saam – Boekeman
@Nikita, dis goed om weer van jou af te hoor. Ek het ook ‘n Russiese ou (Eugene – dieselfde ou?) aanlyn ontmoet en sy Afrikaans is baie indrukwekkend – veel beter as myne! Ek het na daardie skakel op jou blog Francisco gekyk, sy Afrikaans is baie goed.
@Boekeman, baie dankie vir jou kommentaar. Afrikaans is ‘n mooi taal en baie pret om te leer, dis ‘n jammerte dat min Engelse Suid-Afrikaners, in my ervaring, belangstel. Dis baie interessant om jou blog te lees en ek sal die skakel met vriende deel.
My Afrikaans is sleg, maar ek probeer om elke dag te praat. Baie dankie vir die kommentaar op my webblad. Ek waardeer dit!
@Verdant dankie ook vir jou kommentaar. Ek het baie geniet om na jou video’s op jou blog te kyk, dis ‘n cool manier om jou Afrikaans met almal te deel. Dis goed om te sien dat daar soveel mense buite Suid-Afrika is wat die taal wil leer. Sterkte!
Hi Alex! Ek heet ook Alex en leer myself ook Afrikaans! Ek is heeltemaal nie Suid-Afrikaanse afkomstig nie en was daar net een keer in Desember 2009. Ek hou so baie van die taal en vind dit ‘n fantasiese taal om te leer en wardeer baie die geleentheide wat vir my nou al oop is, omdat ek Afrikaans leer.
Ek woon ook in London en het teleurgestel geword omdat ek nie meer baie Afrikaans kan vind nie. Weet jy of daar miskien boekwinkels is, waar ek boeke en koreante kan koop? Ek glo baie van die Afrikaners het al teruggekeer, want ek hoor dit nie meer so baie in die strate nie.
Die vraag waarom ek myself Afrikaans geleer het vind ek ook moeilik om te beantwoord. Ek moet lieg en sê dat ek Afrikaans is maar dis eintlik nie die waarheid nie!
Dis fantasties om ook ander Britse te vind wat Afrikaans praat en leer, en goed om te sien dat ek nie alleen is nie!
Alex, baie goed om van jou af te hoor, ‘n ander Britse leerling! Ek het ‘n e-pos aan jou met ‘n bietjie inligting gestuur.
Jy kan ‘n paar Afrikaanse boeke in Foyles op Charing Cross Road en Grant and Cutler op Great Marlborough Street kry. Elke af en toe vind ek nuwe boeke wat op verkoop is. Daar’s ‘n paar André Brink, Harry Potter en Kuifie boeke in altwee winkels. As jy koerante en tydskrifte soek, kyk in African Enterprises (The Arches, Villiers Street London WC2N 6NG). Hulle verkoop ‘n paar ou koerante en tydskrifte en ek dink ook ‘n kokboek in Afrikaans. Anders soek aanlyn, ek het ‘n paar boeke van Kalahari af gekoop maar kyk ook na Die Winkel op eBay. Ek het ‘n paar boeke en DVDs gekoop en dis ‘n miskien bietjie duur maar dis nie sleg nie.
Goeie naand Alexander,
ek het jou blog raakgelees terwyl ek opsoek was na inligting vir my dogter se skoolwerk. Ek en my man het met belangstelling jou kommentaar gelees. As Afrikaanssprekendes is dit baie aangenaam om te hoor dat jy van ons taal hou en dit vir jouself aangeleer het. In Suid Afrika word die taal al hoe minder en minder gepraat en bykans gladnie meer as amptelike kommunikasie medium gebruik nie. As gevolg van die situasie is dit opmerklik dat al hoe meer mense Afrikaans WIL praat en Afrikaanse musiek beleef tans ‘n oplewing soos nog nooit tevore nie. Ons hoop jy het al die geleentheid gehad om ook na ons musiek te luister. Ons wil jou graag aanmoedig om Afrikaans ten volle te bemeester. Groete uit ‘n sonnige Suid Afrika. Lourens en Mariaan.
Mariaan en Lourens
Baie dankie vir julle kommentaar en aanmoediging. Dis altyd fantasties om van Afrikaanssprekendes af te hoor en te weet dat mense my gedagtes en pogings lees. Afrikaans is baie mooi om te leer en ek geniet baie die ervaring. Tans blyk die taal aanlyn te floreer en ek het veel ander leerders aanlyn ontmoet wat uit Rusland, Swede, Frankryk en ander lande kom, ‘n groeiende gemeenskap belangstellers. Ek ken ‘n paar nuwe Afrikaanse bands en die internet maak dit makliker om nuwe musiek te hoor en af te laai. Daar’s ook ‘n Afrikaanse ou by werk om meet te gesels. Ek wil hierdie jaar terug kom sodat ek weer kan oefen en verbeter.