Sneeuplankry

Ja, dis ons nuwe tydverdryf.

Toe ek in Namibië was het ek sandplankry op die duine in Langstrand probeer, wat ek baie moeilik gevind het. Dit het nie gehelp dat ek nie geweet hoe om dit te doen nie en die “groepleier” het nie veel gedoen om te verduidelik nie. Daar’s ‘n indoorskibaan (so sê die Nederlandse Wikipedia) in Milton Keynes wat net ‘n uur se ry van ons af so is en ons het nou op twee kere gegaan en het ‘n paar meer lesse in die komende weke ingeskryf. Dis baie cool maar sukkel ek weer maar hopelik hoe meer ek gaan, hoe vinniger ek sal verbeter. Die enigste probleem daarmee is dat my knies is nou baie seer.

Vandag – Milton Keynes; 2014 – Suchi!

Ander nuus, my Afrikaans is nog baie stil. Ek moet meer dikwels oefen.

3 thoughts on “Sneeuplankry

  1. boerinballingskap

    Alexander, sandplankry op die Namibiese duine is so lekker en adrenalien-gedrewe! Ek sal dit enige tyd weer wil doen. Nog nie sneeuplank probeer nie, maar die wat weet, se dis ook baie lekker.

    Ek wil jou ook gelukwens met jou suiwer Afrikaans. Driekwart Afrikaanssprekendes praat van “snowboarding” en “sandboarding” sonder om ‘n oog te knip.

    Groete
    BiB

  2. Alexander Post author

    BiB, dankie vir jou kommentaar. Ek het vermoed dat meeste mense snowboarding en sandboarding sê maar ek hou van hierdie suiwer, argaïese woorde, hulle klink so snaaks en ou modies!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam