Tag Archives: Taal

Lesse oor tale

Duocon
Onlangs het ek Duolingo se Duocon London bygewoon, wat ‘n dag vol presentasies en sosialisering was.

Duocon London 2019

Duocon London 2019

So wat het ek geleer? Wel eers, ek het so veel oor die maatskappy en sy taalkursus prosesse uitgevind; oor die kursus struktuur, oor hoe om ‘n kursus te skep, oor hul toekomste planne ensovoorts. Ja, ek was baie beïndruk daarmee en ek het baie geniet om die presentasies te luister veral dié van Luis von Ahn, die stigter van die maatskappy, en van David J Peterson, wie die tale in Game of Thrones geskep het.

Daar was ook veel inligting oor programmering waaroor ek niks weet nie, maar dit laat my verstaan dat kursusse ‘n proses het wat deur baie intelligente mense geskryf word. Dis seker die tipe maatskappy waarby ek wil werk maar ongelukkig besit ek nie die vermoens en vaardighede dat hulle nodig het nie! En natuurlik het ek terugvoer gegee dat ons – of miskien net ek – ‘n Afrikaans kursus wil hê, maar noudat ek verstaan hoe hulle kursusse skep (die proses, die IT ensovoorts), verwag ek dat ons vir ‘n lang tyd sal moet wag. Ander kursse word nou ontwikkel vir tale wat ek leer studeer.

Praat Frans in Brussel
‘n Paar dae later het ek na Brussel toe gery, wat my tweede besoek hierdie jaar was. Ja, dis ook vir die gewone redes, om ‘n rock konsert in Ancienne Belgique by te woon en om saam met my maatjies te jol. Soos altyd wil ek nie soos ‘n tipiese reisiger wees nie – en veral nie soos ‘n tipiese Engelstalige reisiger wees nie! In cafés en bars wil ek Frans praat – okei ek praat ‘n bietjie Nederlands ook – en ek ervaar dieselfde probleem; ek weet wat ek wil sê, maar ek is nie bereid vir hul antwoorde nie.

Le Coq, Brussel

Le Coq, Brussel

Ek voel soos ‘n domme toeris wat nie met die plaaslike mense maklik kan praat nie. Miskein vra hulle waar sit ek of wil melk saam met my tee hê maar ek het nie die tweede sin in die taagids gelees nie! ‘n Vriend sê, baie vriendelik, dat miskien glo hulle dat ek die taal goed ken en sal verstaan; dis moontlik hulle dink só maar ek glo nie. Wie weet?

European Day of Languages
Op retoer vier ons – as jy vier – die European Day of Languages en soos in 2018 het ek na Open House (wat die Teach Yourself reeks uitgee) vir ‘n aand vol gratis lesse en die geleentheid om met ander leerders en leraars te gesels, insluitend ‘n vriend wat die nuwe boek geskryf het oor die aanleer van Esperanto.

European Day of Languages

European Day of Languages

Ek gesels met die Frans leraar wat my herinner dat op die een kant jy taal oorsee wil oefen en aan die ander kant vergeet jy hoe besig hulle in cafés of restaurante is en het geen tyd om met jou te gesels nie. Soms moet jy aanvaar dat nie almal wil vir jou gratis lesse gee nie. Die Frans leraar het ook gesê dat ek Frans goed ken wat goeie nuus is en wat ek glo.

Afrikaans groep
Ons het nou in Londen ‘n Afrikaans Speakers Club op Meetup. Dis fantastiese nuus nè? Wel begin ek twyfel of dit as sulks is. Niemand skryf, niemand stel idees voor, niemand beantwoord my boodskap op die geselsblad nie en ek wag nou tot die bestuurders terug skryf. Ek is ‘n bietjie teleurgestel dat mense ‘n groep skep en sluit daaraan maar dan bly hulle stil. Ja ek weet, almal is baie besig. Dis ‘n jammerte dat niemand iets wil maak nie. Soos die Frans leraar gesê het, moenie dink dat die sprekers van vreemde tale wil vir jou gratis lesse gee nie. Dis die rol net vir Engels sprekers te doene.

Korrigeerings sal volg as nodig.

Ek het planne gehad maar toe skryf ek niks

In September gaan ek na Luxemburg en Amsterdam toe en ek het planne gehad om daaroor te skryf. Ek skryf sinne in my brein as ek uit werk wat ek wil sê voordat ek voor die klavier sit en tik; evarings, persepsies, klein besonderhede oor ‘n kort verblyf oorsee. En toe maak ek niks. En nou weet ek dis nie so interessant nie en dis te laat om te hê dat gebeurtenisse uit ‘n paar week verlede is nou nuuswaardig. Miskien skryf ek meer later oor een of twee onderwerpe uit die besoek wat my baie interesseer. Hier’s ‘n foto wat alles verduidelik.

Europa

‘n Kamer in Amsterdam Centraal stasie

So wat het ek gemaak? Ek het nog ‘n ander kursus op Duolingo in Duits voltooi en ek dink is ‘n bietjie aan die app verslaafd! Elke dag het ek lesse nodig doen andersins voel ek teleurgesteld. By die werk neem ek ‘n kort breek uit my werk en ek leer ‘n les van 20 vrae. Hoe meer verveld ek by die werk is, hoe meer keer ek ‘n breek neem. Ek raak ook baie kompeteerend met vriende wat ook die app gebruik. Elke week moet ek meer punte as hulle verdien; hulle mag nie meer as ek leer nie.

Nou leer ek Italiaans en dis ‘n verrassing om te sê dat dit waar is, dis ‘n baie mooi taal. Ek is ‘n bietjie lief vir hierdie taal. Nadat ek ‘n bietjie Frans, Spaans en Esperanto geleer het, vind ek Italiaans, tot dusver, taamlik maklik. Ek is gemotiveerd om meer te leer. Ek voel dat ek ‘n taal stokperdjie versamelaar word.