Tag Archives: rugby

Namibië, ons is vir jou!

In die week het ek Leicester toe gegaan vir die Kanada teen Roemenië westryd in die Rugbywêreldbeker – Roemenië het ‘n beroemde oorwinning gekry – en vanoggend sit ek weer op die bus Leicester toe vir die Argentinië teen Namibië wedstryd. Ek dink ek was die enigste oke in ‘n Namibiër t-hemp en beanie, almal anders – en ek bedoel die hele bus – was Argentiniërs. Ek gesels ‘n bietjie met die oke wat langsaan my sit en hy vertel vir my oor sy besoek na Brittanje met sy werk en hoe gelukkig hy is om sy nasionale span te kan kyk.

By die stadion was weer die meerderheid mense Argentynse ondersteuners en ek het nie besef net hoeveel van hulle hier bly en werk nie. Gelukkig was daar ‘n getal ander Namibiërse ondersteuners, wel ek vermoed hulle was plaaslike mense wat besluit het om te ondersteun, en ook ‘n paar Suid-Afrika truie. Die son skyn en die weer was warm en dit voel nie soos Okotober-maand nie.

Vlae van Argentinië en Namibië

Die vlae van Argentinië en Namibië

So dis geen verrassing dat Argentinië gewen het en dat hulle Namibië geklop het nie. Ons weet dat Argentinië ‘n baie goeie span is wat die eindetelling verduidelik. Op die ander kant het Namibië goed gespeel en het drie dries gedruk en twee verdoel. Na my mening was een van hul geel kaarte baie onregverdig en toe ons op die videoskerm gekyk het meeste ander mense ook só gedink.

Ons weet hierdie wedstryd was ‘n dead rubber, maar dit was fantasties om Namibië te sien speel en die spelers lyk trots op hul pogings in hierdie toernooi. Ja, hulle het al vier wedstryds verloor maar almal erken dat hulle verbeter. My sitplek was goed, reg in die middel van die pale so het ek ‘n goeie uitsig gehad.

Namibië verdoel

Namibië verdoel

Só ná meer as tien uur op die bus in elke rigting vir twee rye na Leicester moet ek sê ek het dit baie geniet. Ek is gelukkig ek die poging gemaak het om kleiner spanne te kyk; ek hoor te veel mense sê dat hulle Nieu-Seeland of Australië wil kyk – ja, jy en ook duisend ander mense.

Dit laat my dink ‘n bietjie aan die Suid-Afrika teen Skotland wedstryd wat ek met Suid-Afrikaanse vriende in die kroeg gekyk het. Langsaan die bar sit ‘n paartjie, die vrou dra ‘n Engeland trui en die man dra ‘n Suid-Afrika trui en hulle juig en screeu soos ander ondersteuners en die wedstryd en uitslag is belangrik vir hulle twee. ‘n Bietjie later by die bar gesels een van ons met hulle, hy vermoed die man is Suid-Afrikaner. Nee, hulle twee is Brasiliërs en het besluit om die atmosefeer te geniet en het nasionale spanne gekies om te ondersteun. Hoe cool was hulle! Soms as dit nie jou gunstelinge spoort is nie kan jy iets nuuts ervaar en geniet saam met die ernstige fans.

Nog 'n ander drie vir Argentinië

Nog ‘n ander drie vir Argentinië

Rugby begin weer binnekort

Vrydagaand het ek Saracens gaan kyk toe hulle teen Londen Skots in ‘n vriendelike wedstryd gespeel het. Ek is ‘n groot voetbal fan maar ek probeer nou om ander sporte te gaan kyk en ander spanne te ondersteun. Miskien was ek ‘n bietjie verveld voor die begin van die nuwe voetbal seisoen – Arsenal het gister gespeel en gewen so die alles is nou reg.

Die atmosfeer by rugby is veel anders as by voetbal. Dit voel asof hele familielede gaan en die spelers ken. Ja, die stadions is kleiner en veel minder mense gaan. Dis seker lekker om iets anders te gaan kyk. Jy mag bier in jou sitplek drink maar persoonlik kies ek eerder die feit dat jy nie bier by voetbal mag drink nie.

Ek het reeds ‘n kaartjie vir ‘n paar Saracens wedstyrds gekoop en in November kom Westelike Provinsie om teen hulle te speel, nog ‘n ander vriendelike wedstryd. Ek vra Suid-Afrikaanse vriende of hulle saam wil kom maar soos jy sou vermoed gee hulle selde ‘n antwoord so is dit net makliker om op my eie te gaan. Miskien hierdie feit verduidelik hoekom ek nie bier gedurende die wedstryd wil drink nie, dis seker nie so pret om op jou eie te suip nie!

Nou wil ek ‘n rugbyliga wedstryd toe gaan. Ek weet die sport is nie groot nóg in Suid-Afrika nóg in suid-Engeland nie en die Londen rugbyliga span is onlangs uit die eertse divisie gerelegeer, maar daar’s ook ‘n klein span wat naby my huis speel so wil ek my plaaslike spanne ondersteun.

Miskkien is dit makliker om spanne te gaan kyk wat nie jou span is nie. Wat ek bedoel is, hierdie spanne is nie die mees belangrike span vir my nie. Ek hou van hulle en raak teleurgestel as hulle verloor maar die voeling is nie dieselfde as met Arsenal nie. Ek ondersteun hulle al vyf-en-dertig jaar lank – van kleins af – en hulle hulp my beskryf.

Ek dink in Brittanje vir meeste mense is jou klub span veel meer belangrik as jou nasionale voetbalspan. Ek en vriende gee nie veel om oor Engeland nie en is gelukkig om ander nasionalespan te ondersteun, feitlik verkies ons dikwels om ander lande se nasionalespanne te ondersteun. Ons is gelukkig om ons eie identitiet te skep sonder om verwag te word om ‘n span te volg weens ons nasionaliteit. Ek dink rugby of krieket is dalk anders, mense se houding is anders maat een rede is dst die klubbe nie so groot soos voetbal klubbe is nie. Ek is gelukkig om vir Engeland teen Suid-Afrika te juig tensy die feit ons verloor gewoonlik miskien want dit is min belangrik vir my as die Arsenal se uitslae.

Saracens spring

Saracens speel teen Londen Sots

Die dag na Kersfees

As jy geen kinders het nie of nie by jou ouers of gesin gaan kuier het nie, is Tweede Kersdag dalk een van die meeste vervelige dae van die jaar. Jy het tuis vir een hele dag gebly en wil nou uit gaan maar gewoonlik is orals te besig of te stil (ja, dit maak sin) en jy wil nie na die verkope toe gaan nie want jy besef dit sal ‘n lewende hel wees. Wat gaan ‘n mens doen?

Gelukkig het ek kaartjies vir die Saracens teen Wasps wedstyd by Wembley gekry so het Willem en ek gaan kyk. Ongelukkig vind daar plaas vandag ‘n moltrein staak dus was dit ‘n ware gesukkel om daarnatoe te gaan. Dis bus het baie stadig gekruip, dié moltreinlyne wat loop was baie onbetroubaar en toe ek daarby gekom het wat dit ysig en ons moes in die buitelug vir amper twee ure sit. Ek kan bevestig dat ons oor die weer gekla-kla het! Die kos was baie duur en nie so smaaklik nie (geen verrassing) en na twee biers was ons te koud om nog een ander te drink.

Op die ander kant, was dit baie pret. Ek dink dit was die vierde keer dat ek Saracens by Wembley sien speel het en daar was 38,000 ander ondersteuners van beide spanne. Die atmosfeer was nie verbasend nie maar almal het geblyk die dag te geniet en dit was baie vriendelik, soos alle rugby wedstryds. Die rugby was ook nie die beste nie en altwee spanne het veel foute gemaak wat hulle gewoonlik nie sou maak nie maar ek dink die weer het ‘n groot verskil gemaak. Miskien ook het gister ‘n paar spelers ‘n bietjie te veel op hulle nuwe iPads gespeel, wat hulle gister as geskenke ontvang het, en so kon nie vandag konsentreer nie.

Gelukkig het Saracens 13-6 gewen so was ons bly toe ons verlaat het om huistoe in die koud te probeer gaan.

'n Kameel in 'n slee...

'n Kameel in 'n slee...

Miskien gebeur iets, ek week nie

Miskien gebeur iets, ek week nie

Ons is baie koud

Ons is baie koud

Rugby en Afrikaans

Saterdag het ek na die Engeland teen Suid-Afrika rugby wedstryd toe by Twickenham gegaan.

Ek het ‘n baie cool tyd gehad, ek het saam met Willem gegaan en hy ken veel meer oor rugby as ek. Ongelukkig was dit ongelooflike koud en dit het geen verskil gemaak hoeveel biers ek gesuip het nie, het ek nie warmer geraak nie! Engeland was nie goed nie wat vir my ‘n teleurstelling was maar Suid-Afrika het die sege verdien. Daar was ‘n baie vriendelike atmosfeer en ons het met ander Engelse en Suid-Afrikaanse ondersteuners gelag.

Donderdag, Vrydag en Saterdag het ek met ‘n paar Suid-Afrikaanse vriende uitgehang en dus kon ‘n bietjie Afrikaans met hulle gepraat. Dis vreemde ding is, het ek eintlik baie min Afrikaans met hulle gepraat want ons kon nie mekaar goed in die kroeg hoor nie en ek was baie moeg.

Op die ander kant het ek ‘n Engelse vriende se Afrikaanse vriend ontmoet en ons het ‘n lekker gespreek in Afrikaans gehad. Miskien was dit makliker om met iemand nuut Afrikaans te praat want ek voel ek moes amper vir hom my Afrikaans bewys dat ek eintlik die taal ken (die wêreld is vol mense wat eis om ‘n vreemde taal te kan praat maar as jy hulle vra, wil hulle baie selde dit met jou praat nie…). Ek is nie só nie.

Toe het ek Sondag ‘n bietjie skype met Eben en Natalie in Kanada gedoen. Dit was so lekker om weer met hulle te praat maar ek het destyds nie so goed gevoel nie (na drie nae van suip) so moes ek net Engels praat! Ons het gesels oor planne om miskien volgende jaar Suid-Afrika toe te gaan so is ek nou baie entoesasties om uit te gaan. My vrou sê ek mag gaan, al wat ek nou moet doen, is ‘n plan maak.

Foto’s van Twickenham af.

Engeland skop

Engeland skop

Suid-Afrika donner Engeland

Suid-Afrika donner Engeland

Ek het ‘n kaartjie vir die Bokke wedstryd!

Ek is baie bly want ek het vandag kaartjies gekoop vir die komende Engeland teen Suid-Afrika rugby wedstryd by Twickenham op 27 November. Dit sal die eerste keer wees dat ek Engeland sien speel. Soos jy weet is ek nie die grootste rugby fan nie maar ek hou daarvan kyk, dis goed om iets anders en iets nuuts om te doen en ek sal vir Engeland juig. Twee vriende van werk en my tjommies W en JJJ kom ook. My oom uit Johannesburg gaan ook maar ek is nie seker of ek hom sal sien nie. Foto’s sal volg.

Onlangse gebeurtenisse

‘n Paar naweke gelede het ons na Reading Festival toe gegaan soos ons elke jaar doen. Vanjaar was ons ‘n bietjie onseker of ons eintlik wil gaan, ons het begin wonder of ons nou te oud is en of ons die metaal feeste verkies. Elke jaar staan ek op ‘n paar kere vir ‘n paar dae in ‘n groot veld en gee meer as £200 uit!

Voor ons gekom het, het dit kwaai gereën dus was dit baie modderig en meer as in verlede jare. Gelukkig het ons nie gekampeer nie – dit het soos hel gelyk! Ons het dus elke dag na Reading toe gery wat ons baie moeg gemaak het maar dit was ook veel makliker. Vrydagaand was baie vreemd. Ons was baie opgewonde om weer Guns N’ Roses te sien speel, wat die headline band was. Ongelukkig was hulle belaglik en hoewel ek destyds baie kwaad was, sien ek nou net hou snaaks dit was. Ek is bly nou dat ek dit getuig het! Alles was verkeerd en afskuwelik. Die ander bands was veel beter veral Kvelertak, Crystal Castles en Limp Bizkit. Al die ander bands het geweet hoe ‘n goeie gig te speel so dit was net GNR wat alles opgefok het. Ons het reeds kaartjies vir 2011 gekoop so miskien is nie te oud nie.

Verlede naweek het met Willem na die London Double Header in Twickenham toe gegaan wat elke jaar op die begin van die nuwe seisoen plaasvind. Daar’s twee wedstryde tussen die vier Londen rugby spanne. Ek is nie ‘n groot rugby fan nie maar ek het ook op twee kere in 2008 and 2009 gegaan so maak ek die poging om elke jaar nou te gaan. Ek moet sê ek het dit weer baie geniet en ons het baie goeie kaartjies van ‘n tout af gekry, eintlik het ons hom geroof! Ons het so ‘n ongelooflike mooi uitsig gehad. Ongelukkig het Saracens verloor maar ons het lekker gepaartie en gesuip, wat meer belangrik was!

So ja, foto’s.

Kvelertak

Kvelertak: Vroue wil hom hê, manne wil hom wees

Kvelertak

Kvelertak: Noordse mitologie en Wiking sprokie punk-metaal in Noors. Uitstekend!

Kvelertak

Kvelertak: die tattoos op sy nek moet sy pa baie pla

Modder

Modder

Guns N' Roses

Guns N' Roses. 'n Gig om te sê dat jy gesien het vir al die verkeerde redes

Dromedary

Drommedaris

Die kommentators

Die kommentators

Hy skop

Hy skop!

Dinge om te doen in die somer

Wie wil die rugby London Double Header by Twickenham om 5 September kom sien? Daar’s twee wedstryde tuseen die vier Londen rugby klubs in die Guinness Premiership (Harlequins, London Irish, Saracens en Wasps) en ek het verlede jaar gegaan en het die baie geniet. Dis nie duur nie, omtrent £20 so ek dink ons moet gaan. Andersins laat ons die British Lions teen die Springbokke in die kroeg kyk.

In ander nuus lees ek dat SOAS ‘n Zulu Intensive Summer Course in September aanbied. Dit loop vir twee weke en dis ‘n bietjie duur (£255) maar dit lyk nogal interessant en as ek die vrye tyd kan kry sal ek dit doen. Ek het ‘n bietjie Duits, Nederlands en Sweeds geleer en ek geniet om vreemde tale te leer, veral ‘n nie-Indo Europese taal, so as jy ook belangstel laat my weet.

Dit hang ‘n bietjie af van werk. Volgende week begin studeer om die Chartered Institute of Management Accountants sertifikaat te kry. Werk gaan my ondersteun en vir alles betaal maar ek sal al die werk moet doen. Ongelukkig sal ek miskien nie genoeg tyd hê om Duits te aanhou leer nie want ek baie besig sal wees maar dis belangrik dat ek die kwalifikasie kry wat my loopbaan sal help. Ek kan weer in ‘n paar jaar Duits begin leer en ek hoop ek vergeet nie te veel nie.