Tag Archives: London

‘n Loop langs die rivier

Ek loop vandag langs die Thames Path in die warm sonskyn op die eerste dag van ‘n paar dae verlof. Ongelukkig is my kiekies niks merkbaar nie so onder is een as ek op die wal by die rivier by die Town of Ramsgate kroeg.

The Shard

The Shard ver in die afstand van die wal van die Teems in Wapping

Ek loop verby die ou dokke wat in die verlede besig vol handel en skepe wat oor die hele wêreld vaart, was. Die skepe is nou ver in die verlede. Deesdae is die dokke óf ingveul óf vol seiljagte en private skepe. Die pakhuise is nou hernu as woonstelle en veel van die area is herbou ná die Tweede Wêreldoorlog. Ek wou graag in hierdie areas bly, wat nou stil en ‘n bietjie verfynd voel en net ‘n kort afstand van al die besigheid van die stad. Die woonstelle kos seker meer as ek kan bekostig so ek kan maar droom. Vandag ek loop en luister na podgooie in die lekker son en voel baie ontspan.

PIeter I van Rusland

Inskrywing by die standbeeld van PIeter I van Rusland