Tag Archives: Die Ander Kant

Die Ander Kant

Ek kyk vandag Die Ander Kant deur Mercy Kannemeyer nadat ek daaroor gelees het toe ek in die bibliotheek was.

Ek het dit baie geniet en nie net want ek goed alles kan verstaan nie. Die huidige taal debaat is buite my kennis, maar as belangstellende weet ek hoe belangrik dit is dat jong mense in hul eie taal – enige taal – op skool geleer word en dat daar univesrsiteite bestaan waar die onderrigtaal hulle s’n is. Ek is ‘n Engelssprekende outjie in ‘n Engelstalige land so hierdie kwessie betref nie direk my situasie nie.

Een ding wat ek oor die video hou is hoe dit maak duidelik dat Afrikaans ‘n taal van miljoene mense is wat aa veel verskillende groepe behoort. Ek kyk op YouTube byvoorbeeld en vind deesdae veel meer Afrikaanse video’s as in die verlede wat my hoopvol vir die toekoms van die taal laat voel deur te sien dat geneog mense nuwe kuns vir hul taal gemeenskap wil maak. Daardie is ‘n groot motiveering vir my as ek my aandag terug na Afrikaans draai.