Tag Archives: Berlin

Afrikaans in die komende week

Tommy in San Francisco het ‘n Engelse vertaling van my onlangse pos oor Berlyn op sit blog gesit. Dis ‘n baie groot eer en ook ‘n baie goeie vertaling; soms sê hy dit eintlik beter in Engels as ek sou sê. Baie dankie Tommy, jou Afrikaans is uitstekend en die feit dat jy verlede jaar begin leer het is baie indrukwekkend. Jy is op ‘n hoë vlak as ek was nadat ek Afrikaans vir een jaar geleer het. Twaalf jare later maak ek nog veel foute en sukkel om alles in die regte manier te sê.

Donderdag gaan ek Jack Parow en Die Heuwels Fantasties in Londen sien speel. Ek is baie opgewonde en dit sou baie cool wees. Ek sal foto’s afneem en natuurlik ook ‘n paar t-hemde en CDs koop.

‘n Engelsman in Berlyn

Ons is nou terug van Berlyn af en ek wil sê dat Berlyn so ‘n mooi en interessante stad is. Ons het baie lekker gekuier want Berlyn is ‘n stad vol geskeidenis en kultuur. Dis nie een van die meeste populêr toeriste stede in Europa nie maar ek hou baie daarvan. Dis goedkoop, vriendelik en dit herinner my aan my jeug buite Köln.

Ek dink veel mense vergeet dat as jy oorsee vir ‘n paar dae op vakansie gaan, is jy dan gewoonlik ‘n toeris. Dis makklik om te glo dat jy is nie en om te sê, “Ek hou nie van die toeriste dinge nie, ek gaan waarheen die plaaslike mense gaan, na die nie-toeriste bars, winkels, restaurante toe ens” en om te glo dat jy anders as jou mee-toeriste is. Ja miskien doen jy alles, miskien het jy vriende wat daar bly maar die feit dat jy oorsee, in ‘n verskillende land is bedoel dat jy tog ‘n besoeker is. As ek weg gaan, geniet ek om ‘n toeris te wees. Ek wil ‘n stad of land se toeriste aantreklikhede sien en ontdek, ek wil verbaas word en nuwe inligting leer en voel ‘n vreemde ervaring, beide in die VK en oorsee. En ja, ek wil veel foto’s afgeneem.

Dit was my derde besoek maar ek was ‘n ware toeris en wou alles sien maar ongelukkig het nie geneog tyd gehad nie. Vrydag het ons ‘n bietjie in Friedrichshain rondgeloop en toe het ek ‘n Duitse vriend vir ‘n paar drankies ontmoet. Saterdag ek het die Derde Ryk in Berlyn toer gemaak, wat baie interessant was veral as ek moderne geskeidenis op universiteit studeer het maar ek was nie so beïndruk met die jong Engelse toerleier nie. Behalwe die feit dat ek dink nie sy ingligting en interpretasies altyd korrek was nie, het hy ook gevloek-vloek wat nie nodig is nie, dit wek die verkeerde indruk van Englsemense oorsee en is nie professioneel nie. Hy het probeer om almal se tjommie te wees; ek wil nie ‘n nuwe tjommie maak nie, ek wil leer! Toe het ek na Kreuzberg toe gegaan om my vrou se rollerderby wedstryd te kyk. Haar span het die Berlynse span geklop en toe het ons ‘n boot op die Spree gepaartie.

Sondag het ek alleen rondgeloop en het die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) Museum besoek maar ek was daarmee ‘n bietjie teleurgestel – maar nie so teleurgestel soos ek sou gewees het het ek eintlik in die DDR grootgeword nie dit lyk nie pret te gewees het nie en ek is seker bly dat ons in die Bondsrepubliek Duitsland gebly het. Ek het ook ‘n paar dele van die Berlynse Muur gesien, dele wat nog bly. Dis moeilik nou om te glo dat die stad in twee helfte afgeskei was en dat die grens deur huise, geboue en strate geloop het. Mense kon oor die Muur na die ander deel kyk maar kon nie hulle buurmense gaan besoek nie. Nie ver van die ou Muur af lê die Fernsehturm wat uit oor die hele stad kyk. Jy sien hom orals en hy sien jou orals. As jy in Wes-Berlyn was, was hy ‘n simbool van die DDR, ‘n bietjie soos die Oog van Sauron! Ek het ook die Neue Synagoge besoek, wat baai pragtig met sy Bisantynse styl dom is.

Sondag het Engeland teen Duitsland in die voetbal gespeel en daar was ‘n baie mooi atmosfeer met vuvuzelas en duisende mense. Ek lees dat meer as 200,000 mense was in die Tiergarten om die wedystryd op groot skerms te kyk, maar ek lees ook dat meer as 500,000 fans in die sentrum was, ongelooflik! Engeland het verskriklik gespeel en Duitsland was veel beter so kla niemand met die uitslag nie.

Toe ons terug gevlieg het ek so ‘n mooi uitsig deur die venster uit oor Nederland en kon die IJsselmeer, die Flevopolder en Noordoostpolder (Flevoland), die Afsluitsdyk en die Houtribdyk sien. Hulle lyk so mooi en indrukwekkend, ek moet beslis gaan besoek.

Ek het baie geniet om weer Duits te kan praat maar ek het veel vergeet en weens my CIMA studie weet nie wanneer ek dit weer sal leer nie. Ek het dit ‘n bietjie gepraat en ek onthou nog ‘n goeie deel maar soms het ek in Afrikaans begin mompel so moet ek probeer ‘n bietjie tyd vind om te aanhou leer.

Soos altyd, laat my weet as ek bo afskuwelike foute gemaak het en onder kom ‘n paar foto’s.

Die Berlynse Muur

Deel van die Berlynse Muur in Friedrichshain

Bo die Brandenburgse Poort

Bo die Brandenburgse Poort

Die Neue Synagoge

Die Neue Synagoge

Die Fernsehturm. Jy sien hom orals, hy sien jou orals

Die Fernsehturm. Jy sien hom orals, hy sien jou orals

Roet van die Berlynse Muur - links ou Wes-Berlin, regs ou Oos-Berlyn

Roet van die Berlynse Muur - links ou Wes-Berlin, regs ou Oos-Berlyn

In Berlyn

Ek sit nou in Berlyn en drink my tee voor ons gaan kroeg toe om die Engeland teen Duitsland wedstryd te kyk. Daar’s ‘n baie mooi atmosfeer en ek hoor ook vuvuzelas en almal raak baie opgewonde, ek raak nou ‘n bietjie senuweeagtig!