Apr
3
2011

Meer onlangse gebeurtenisse

Verlede naweek het ek na die Emirates Stadium toe gegaan – dit tuis van Arsenal – om die wedstryd tussen Brazilië en Skotland te kyk. Ek het met ‘n paar vriende uit Skotland gegaan en want dit was net ‘n vriendelike wedstryd was die atmosfeer baie cool en ons almal het lekker gepaartie, ek ‘n bietjie te veel ek moet sê! Natuurlik was Brasilië veel beter as Skotland en het gewen maar ek het baie geniet om Skotland te sien speel.

Vandag het na die British Museum toe gegaan om die goed uit die tydperk van die Assyrise Ryk te sien. Ek weet nie seker hoekom ek wou dit sien nie maar dis baie interessant en ek kan net sê dat dit nuttig is dat ons Britte het al hierdie goed gesteel sodat ek alles in my tuis stad kan sien! Okei, dis ‘n bietjie flippant maar jy weet wat ek bedoel.

Vrydagaand het ek met vriende kroeg toe gegaan en ons het oor tale gepraat. Een van hulle kom uit Trinidad en sy praat Spaans en wil dit aan haar dogtertjie leer. Toe ek sê leer ek nou Spaans het hulle twee onmiddellik vir my gelag en sê dat ek altyd besig om ‘n nuwe, verskillende taal te probeer leer! Ja, dit is waar so kan ek nie kla nie. Dis precis die tipe ding wat ek begin doen, gewoonlik sonder om dit te voltooi. Ek onthou ek het dit op veel kere gesê. So ja, leer ek nou weer ‘n bietjie Spaans sodat een dag sal ek Spanje toe gaan en sal mense kan vra of hulle Engels praat!

Brasilië speel teen Skotland

Brasilië speel teen Skotland

Neymar kry 'n doel vir Brasilië

Neymar kry 'n doel vir Brasilië

'n Beeld uit die tydperk van die Assyriese Ryk

'n Beeld uit die tydperk van die Assyriese Ryk

Mar
19
2011

‘n Toeris in sy eie stad

Vandag skyn die son en na ek ‘n paar ure se studie gedoen het – ek wil seker maak dat my eskamens op die eerste en enige keer slaag – het Greenwich toe met die DLR gery. Die rede is dat ek wou HMS Bulwark sien, wat vir ‘n paar dae in Londe vasmeer is. Toe ek kind was, wou ek eintlik by die seemag aansluit. Hierdie week het ek aantal klein seemag bote gesien wat verby ons kantoor geseil het insluitend twee skeertuie vol seesoldate. Later het ons die rede uitgevind.

Eintlik het ek by Mudchute afgeklim want ek wil die uitsig van Greenwich van die noorde kant af kyk, dis baie mooi uitsig oor die Royal Naval College en ‘n bietjie verder agter Greenwich Park en die Royal Observatory.

Toe het ek onder die Teems met die Greenwich foot tunnel geloop, wat na my mening een van die meeste indrukwekkende prestasies uit die eeu van Konigin Victoria is. Dis vreemd om te dink dat jy eintlik onder die rivier mag stap in ‘n tonnel wat so oud is. In die somer as dit te warm raak is dit lekker koel om daardeur te loop met al die koue kondensasie.

In Greenwich kon jy foto’s van HMS Bulwark afneem maar ongelukkig kon niemand gaan besoek nie. Dis klein in vergelyk met Amerikaanse oorlogskippe maar vir ons is dit een van die grotste in ons seemag.

'n Skeertuig vol seesoldate

'n Skeertuig vol seesoldate

HMS Bulwark

HMS Bulwark

HMS Bulwark

Ver in die afstand sien jy 30 St Mary Axe of "The Gherkin"

Greenwich foot tunnel

Greenwich foot tunnel

Royal Naval College, Greenwich

Royal Naval College, Greenwich

Mar
14
2011

Fokofpolisiekar: Forgive Them For They Know Not What They Do

Fokofpolisiekar: Forgive Them For They Know Not What They Do

Fokofpolisiekar: Forgive Them For They Know Not What They Do

Verlede week was ek in die kroeg met ‘n paar ou werk kollegas insluitend ‘n Afrikaanse vriend wat saam met ons gewerk het en hy het vir my ‘n kopie van Fokofpolisiekar: Forgive Them For They Know Not What They Do gegee. Ek het dit probeer kry want hulle is een van my gunstelinge Suid-Afrikaanse bands.

Gister het ek dit op my iPhone opgelaai en op die moltrein gekyk. Nou soos ek op veel kere gesê het, is ek nie Suid-Afrikaner nie en ook wil ek nie om Suid-Afrikaner probeer wees nie; ek is Brit en kom hiervandaan. Die taal interesseer my baie en dus stel ek ‘n groot belang in Afrikaansetalige kultuur. Die tipe Afrikaanse musiek waarna ek luister sluit musiek in wat nader is aan die tipe musiek waarna ek gewoonlik luister (Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel, Kobus!) en ook musiek wat anders as my gewone musiek is (Kallitz, Dokte, Brassie Vannie Kaap, Terror MC). Ek dink ook daar’s populêre Afrikaanse musiek wat verskriklik is.

Wat ek bedoel is, is dat ek nie heeltemal kan verstaan net hoe ‘n groot impak die bende op Suid-Afrika, die kultuur en jong mense gehad het nie want ek kom uit ‘n verskillende land en kultuur. Sonder om dit te ervaar het, hang ek af daarvan om daaroor te lees en om na mense se opinies en verduidelikings te luister maar ek het dit nooit gevoel nie so kan nie rêrig weet wat dit vir party Suid-Afrikaners bedoel. Ek kan net feite en interpretasies erken.

Die rolprent. Ek het dit baie geniet en dit fasineer my om uit te vind net hoe hierdie vyf okes so ‘n groot verskil gemaak het en oor alles wat invloede op hulle was. As jy ‘n verskil maak, kan jy. Dit lyk vir my vreemd want ons in Europa is gewoond aan hulle soort gedrag, vir ons is dit baie gewone maar ek sien hoe anders Suid-Afrika as ons is. Natuurlik is hierdie tipe storie hulle storie en nie die storie van hulle kriticusse nie, hulle kan kies wie se storie in die rolprent verskyn. En daar’s veel Suid-Afrikaners wat nie van hulle hou nie.

Die ander goeie ding was net hoeveel Afrikaans ek kon verstaan, die aksente en uitsprake nie te swaar was nie en ek het ook nuwe woorde, uitdrukkings en idioom geleer so was dit ook ‘n opvoedkundige geleentheid, ek dink!

Ek het eintlik Fokofpolisiekar op twee kere in Londen gesien en hulle en Van Coke Kartel kom weer in Mei speel. Toe ek laas in Kaapstad was het ek ook Van Coke Kartel ontmoet wat baie cool was. Ek het reeds my kaartjie gekry. Hulle speel die dag na ek my eksamens skryf so is dit ietsie om baie daarna uit te sien.

Na die kroeg het ons in McDonald’s gesit en geëet – wel wat kan ek sê, soms sit ons almal daar – en het in Afrikaans gesels. Ek praat Afrikaans selde dus moet ek opwarm anders sukkel ek om in Afrikaans te dink maar na ‘n paar minute voel ek amper vlot en ek kan maklik tuseen Afrikaans en Engels wissel. Eintlik die ding wat my verbaas is net hoeveel ek kan sê, weet ek veel meer as ek vermoed.

Dit was miskien ‘n bietjie vreemde toneel, drie mense sit op ‘n tafel op Whitehall en twee praat Afrikaans en die ander oke op die tafel (ons ken hom nie) praat Spaans met vriende op sy foon. Toe stap ‘n ander kollega in en ons praat in Engels met hom en toe retoer na Afrikaans. Die Spaanse oke kyk na ons en is ‘n bietjie deurmekaar. Maar dis Londen, dis hoe ons nou is.

Mar
11
2011

In vreemde lande

Verlede Vrydag het ek op die Eurostar terug na Brussel toe gery, die tweede keer in minder as twee weke. Die rede? Wel dis altyd dieselfde rede hoekom ek Europa toe* ry. Ek het toe Luxemburg toe gery met vriende, twee Vlamings en ‘n ander Brit wat ek goed ken en ons ry altryd saam met mekaar.

Luxemburg is klein en baie skoon. Die land het ook drie tale – Duits, Frans en Luxemburgs of Lëtzebuergesch – maar meestal ons het Frans gehoor maar ons het in Esch-sur-Alzette gebly wat nie ver van die grens af is nie so is miskien daardie area meer Franstalig. Op die ander kant is al die tekens en koerante in beide Duits en Frans geskryf wat interessat is. Esch-sur-Alzette was ook vol tattoo shops, wat lyk baie vreemd! Ek weet die land is ryk so miskien wil almal baie goeie en dure tattoos kry.

Die ander ding wat ons gemerk het, is dat dit baie duur is wat miskien help verduidelik hoekom dit so ryk is. Ek weet nou die wisselkors is nie nou so goed vir ons wat ponde verdien soos dit was ‘n paar jare gelede nie. Byvoorbeeld het ons €14/£12 vir drie biers betaal wat duurder as Londen is, seker in die tipe pubs waar ek suip! Miskien sou dit nie so duur gevoel het nie indien die wisselkors wat jy eintlik kry as jy geld uittrek (£1:€1.07) was nie so veel slegter as die ware wisselkors (£1:€1.19) nie. (Tee het ook €3 gekos en dit was vuil aaklig!) Die kos is ook duurder en ons voel die verskil.

Die volgende dag het ons Parys toe deur Reims gery. Toe ek op skool was het ek op twee keer Reims toe gegaan om my Frans te verbeter maar dit was die eerste keer in 20 jare wat ek besoek het. Reims is ‘n mooi stad met ‘n baie beroemde katedral maar ons het nie tyd om dit te gaan sien nie.

Parys was ons bestemming en toe ons in die stad aangekom het was die verkeer verskriklik. Dit het gevoel dat ons ure geneem het om na die hotel toe te gaan, die paaie and strate was vol motors wat so stadig gery het. Ons het in Montmartre gebly wat ‘n okei area is, niks besonders nie, en vol mense. Die een ding wat baie beïndruk is, is die Basilique du Sacré-Cœur wat ons in die nag besoek het. Daar’s ‘n fantastisie uitsig oor die stad en in die afstand sien jy die Eiffel-toring wat ek een dag sal besoek. Dis gig was fantasties en Le Trianon, die venue, was baie mooi en verfynd en ons almal het baie daarvan gehou.

Aangesien ek in die oggend die Eurostar moes neem, het ek baie min van Parys gesien. Ek wil nou terug gaan en sien al die toeriste aantreklikhede sien want ek hou baie van toeris wees as ek oorsee is. Ek weet die mense uit Parys is soms beroemd vir om onbeskof te wees maar almal was baie vriendlik. Okei, ek het ‘n bust up met ‘n Franse vrou gehad maar toe het ons twee later lekker gechat en gesuip.

Die ander ding was is dat ek nou dink om Frans weer te leer. Ek het Frans vir agt jare op skoop geleer en kon dit goed praat. Ek het baie vergeet maar toe ek in Luxemburg and Frankryk was kon ek genoeg onthou en praat wat nuttig was. Ek gaan elke jaar Brussel toe so maak dit sin om dit beter te kan praat. Ek wil ook Spaans leer so moet ek ‘n plan maak en doen ‘n bietjie studie en vind mense om mee te oefen.

Ek wil foto’s oplaai maar ek het nog probleme met WordPress en het verloor al die fofo’s wat ek vroeër opgelaai het en ek het nie uitgwerk hoe om die probleem op te los nie.

* Ek moet sê, dink ek mense nie besef as Engelsmense (en mense uit Skotland, Wallis en Ierland wat ontken dit) “Europa” sê nie, weet ons mos dat ons land deel van Europa is, dis net ‘n uitdrukking.

Mar
3
2011

Ons is nie almal so nie

Ek lees nou Ons is nie almal so nie wat soos ek ‘n paar dae gelede geskryf het dat ek onlangs gekoop het.

Dis slegs die tweede of miskien derde Afrikaanse boek wat ek probeer lees het en ek moet sê hierdie keer is dit nie so moeilik soos ek verwag het nie. Ek leer nuwe woorde en grammatika en ek glo ek verstaan omtrent 85 persent. Nou weet ek mense eis om amper alles te kan verstaan maar ek is realisties en ek weet daar’s stukke wat ek nie kan volg of uitwerk nie maar ek is altyd opgewonde as ek op die moltrein is om ‘n bietjie vrye tyd te kry om te lees. Na ek dit voltooi lees sal ek een van die ander 50 Afrikaanse boeke wat ek het, begin lees – en hulle lyk veel moeiliker.

Feb
28
2011

België, dit voel amper soos ‘n vreemde land

Verlede Maandag het ek met die Eurostar Brussel toe gery om na ‘n paar gigs toe te gaan. Natuurlik was die gigs fantasties en het dit baie geniet maar dis nie so interessant om vir julle te lees as ek net oor gigs skryf nie so dink ek dis meer interessant om oor my verblyf te skryf.

Ek was laas in België in Augustus en dit was goed om terug te gaan en om vriende weer te sien en om nuwe vriende te maak. Ek begin dink dat een dag ek almal in Vlaandere sal ontmoet, hulle is baie vriendelik. Nes toe ek in Leeds was, was daar soveel bedelaars en huiselose mense in Brussel wat op die strate slaap. Dit was ook vreeslike koud, veel kouer as Engeland. Al groot stede is vol bedelaars so blameer ek België nie, maar jy sien nou veel meer baie arme mense as ‘n paar jare gelede, dis ‘n teken van die huidige situasie.

Ons het ook Brugge besoek want ek wou sê ek is in Bruges. Dis ‘n baie mooi stad, baie histories en daar was aantal toeriste en ons het om geloop en kiekies geneem maar ongelukkig kan ek geen oplaai nie. Die Begijnhof is besonders mooi en ek het nooit daardie woord in Engels gehoor nie dus het ek iets nuuts geleer.

Ons het ook Tilburg toe gegaan maar het vir slegs ‘n paar ure gebly. Jy kan beslis ‘n verskil tussen Nederland en Vlaandere voel. Toe ek Afrikaans met hulle probeer praat, kon niemand my goed verstaan wat nie ‘n verassing was nie. Ek besef nou die groot verskille tussen die tale en ek sukkel om verstaanbaar te wees. Elke keer toe ek dit praat, het ek eintlik net gemompel en al die woorde vergeet so besluit het om Engels te praat. Dis ‘n jammerte, maar makliker vir ons almal.

‘n Vriend het vir my die Prisma Miniwoordenboek Afrikaans-Nederlands Nederlands-Afrikaans gekoop. Van my perspektief af is dit baie interessant maar my Nederlands is nie so goed nie so miskien sou dit meer nuttig wees as jy Afrikaanssprekend wat in Nederland bly, is. Ek moet nou vir hom ‘n Afrikaanse boek gee en vra hom hoe dink hy ook die taal.

Vrydag ry ek Luxemburg toe en dan Parys vir die naweek en ek sien baie daarna uit.

Feb
27
2011

Probleme met WordPress

Gister het ek probeer om WordPress op FTP op te dateer maar ongelukkig toe het alles gecrash. My vrou het die nuwe weegawe geinstalleer maar nou kan ek nie foto’s oplaai nie en het ook al die foto’s verloor wat reeds op die bladsy was, maar dis beter as toe die hele webwerf nie gewerk het nie. As iemand weet hoe om hierdie probleem op te los laat my weet asseblief. Ek het nuwe foto’s wat ek wil oplaai.

Feb
20
2011

Terug in Leeds

Woensdag het ek Leeds toe vir The Sisters Of Mercy gigs gegaan, wat baie pret was. Dit was ook ‘n geleentheid om weer vriende uit België en Duitsland te sien en om lekker uit te hang. Kyk na die foto’s en jy kan amper niks sien nie, net donker ligte, room en die skets van lywe. Ek het ook beloof om ‘n resensie te skryf so nou moet ek dit doen voor ek Brussel toe ry.

Ek was op universiteit in Leeds – die ware universiteit, nie die poly nie – so dis goed om af en toe terug te gaan. Duidelik het die stad verander en hernieu en daar’s nou bars, restaurante en modiese winkels en mense lyk baie deftig. Terselfdertyd sien jy hoe arm veel mense is, bestaan daar nog ware armheid. Daar’s veel mense wat The Big Issue verkoop en dis koud en jy is bewus net hoe meer gelukkig jy is as hulle. Ek onthou nie ‘n keer toe dit so arm soos nou gelyk het nie. Die sentrum is vol nuwe geboue, woonstelle en winkels, maar meeste winkels verkoop goed wat niemand nodig het nie en baie winkels is toe. Ek kan dieselfde ding oor Londen sê en miskien is die makikler om op te merk as jy in ‘n verskillende stad as in jou eie is. Ons almal voel die impak van die resessie en die huidige geldelike moeilikhede.

The Sisters Of Mercy

The Sisters Of Mercy

The Sisters Of Mercy

The Sisters Of Mercy

The Sisters Of Mercy

The Sisters Of Mercy

Feb
14
2011

Ek is ongelooflike opgewonde!

Ek is so opgewonde, The Sisters Of Mercy make Sonisphere their first UK festival in 20 years!

Ek het reeds my kaartjie gekoop want a) ek gaan elke jaar, b) ek wil die “Big Four” – Metallica, Megadeth, Slayer en Anthrax – sien, c) Mastodon speel ook en d) dis nie ver van Londen af dus is dit maklik om heen te gaan.

Ek kan nie begin beskryf net hoe cool dit is vir my nie.

Feb
6
2011

Twee nuwe Afrikaanse boeke

Vandag was ek in die sentrum en het na Grant and Cutler toe gegaan, wat ‘n baie goeie vreemde tale boekwinkel in Soho is. Ek het twee nuwe Afrikaanse boeke gekoop, Ons is nie almal so nie en Die Gruwelike Geskiedenis van die Wêreld. Die boekwinkel verkoop altyd ‘n paar Afrikaanse boeke en jy kan ook ‘n paar in Foyles kry, wat op die ander kant van Soho lê, maar gewoonlik is dit slegs André Brink en Harry Potter. Hulle lyk nie te moeilik te lees nie so nou moet ek eintlik hulle begin lees.

Toe het ek na die British Library toe gegaan om na die Codex Sinaiticus te kyk. Ek word nou baie geïnteresserd in ou bybelse boeke, nie vir godsdienstige redes nie maar dis wonderlik om na sulke antieke boeke te kan kyk wat vir soveel eeue oorleef het. Daar was ook ‘n paar Roemeense bybels wat in ou Roemeens met die Cyrilliese alfabet geskryf is, wat ek nie vroeër gesien het nie. Dit was baie interessant.

Feb
2
2011

‘n Paar dae vakansie

Volgende week begin my CIMA kursus weer, so sal ek buite die kantoor in die dag wees. Ek word nou eintlik ‘n bietjie opgewonde, ek wil net begin studeer en ‘n studie plan maak.

Hierdie maand vat ek ‘n paar dae verlof en gaan Leeds, Brussels en Tilburg toe. Dieselfde rede soos altyd, ek gaan The Sisters Of Mercy sien speel – ja ek was ‘n goth toe ek jong was. Dis altyd baie lekker om vriende uit VK, België en Duitsland weer te sien en om saam uit te hang. Ek glo België is die land wat ek die meeste kere op vakansie besoek het. Ek sal by vriende in Gent kuier en as ons tyd het, kan ons hopelik Brugge of een van die ander mooi Vlaamse stede besoek.

In Maart gaan ek weer weg, hierdie keer na Luxembourg en Parys toe met die Eurostar. Ons bly vir net een aand in elke plek so sal nie veel kan sien nie. Ek het een keer deur Luxembourg op die trein gery so dis die eerste keer om die land en dorpies te sien. Dit sal my derde keer in Parys wees maar ek het nooit die beroemde toeriste aantreklikkhede gesien nie so moet ons beslis die Eiffeltoring of die Arc de Triomphe sien maar ek besef ook dat die kans is, sal ek waarskynlik net die kroeë en bars sien. Dis hoe ek rol.

Jan
24
2011

Artikel oor tale in Suid-Afrika

Daar’s ‘n klein artikel hierdie week in The Economist oor die taal situasie in Suid-Afrika, Tongues under threat. Jy kan dit aanlyn lees want jy hoef nie inteken nie.

Daar’s niks nuut in die artikel nie wat ek nie voorheen gelees het nie maar dis tog interessant om te lees dat hierdie onderwerp in ‘n internasionale koerant – en The Economist beskryf homself as ‘n koerant – berig word. Die skrywer se laaste punt is baie interessant:

“Will South Africa’s black languages suffer the fate of the six languages brought by the country’s first Indian settlers 150 years ago? Maybe so, thinks Rajend Mesthrie at the University of Cape Town. For the first 100-odd years, he says, South Africa’s Indians taught and spoke to their children in their native tongues. But English is now increasingly seen as “the best way forward”. Today most young Indians speak only English or are bilingual in English and Afrikaans, though they may continue to chat at home in a kind of pidgin English larded with Indian and Zulu.”

Afrikaans het beslis ‘n rol om te speel om ‘n veeltalige land te bevorder en te maak. Sonder Afrikaans is Engels ‘n groot dreigement bedreiging (dankie, @boerinballingskap vir die verbetering) teen die ander kleiner en inheemse tale. Maar ons moet ook vra, vir hoeveel langer sal mense Afrikaans aan hulle kinders leer?

Jan
13
2011

Sukses!

Ek het vanoggend die uitslae van my CIMA eksamens gekry en het altwee geslaag!

Ek het 74% in Enterprise Operations gekry – ek het verwag om te slaag maar is nog baie bly – en 57% in Financial Operations gekry – ek was baie onseker en dis veel beter as ek kon hoop!

Dit bedoel twee dinge nou; een, begin ek nuwe onderwerpe in Maart studeer en ek sal hierdie keer veel meer werk doen sodat ek nie weer hierdie gevoel van onsekeheid ervaar nie; en twee, kan ek nou in Maart na gigs in Luxembourg and Parys toe gaan.

Die droom om as rekenmeester te kwalifiseer, bly en een dag sal ek dalk goed genoeg wees om vir Arthur Andersen te werk!

Jan
6
2011

2011 voel reeds net soos elke ander jaar

Wel dis geen verrassing nie. Die enigste ding dat verander het, is dat ons nou ‘n ekstra “1″ in plek van “0″ skryf maar alles anders is dieselfde.

Ek het ‘n paar jare gelede my gedagtes oor die nuwe jaar geskryf en my opinie het nie verander nie. Dinsdag was ek terug in die kantoor en soos almal anders het ek net om gedwaal en gehoop dat niemand merk dat ek werk nie. Niemand het gemerk nie want niemand anders het gewerk nie. Dit herinner my aan hierdie berig in The Daily Mash, No Work Done Since Last Tuesday. Dit was afskuwelik.

Gister was nie beter nie en eintlik was dit slegter want mense weet dat hulle nou moet begin werk en toe vandag het ek besef dat ek reeds veel werk het wat ek môre aan my baas moet stuur so nou moet ek vinnig begin uitwerk hoe om weer te dink en dan kan ek my werk doen. Ek is reeds baie moeg maar is bewus dat ek veel werk gaan kry so sal veel minder op my iPhone moet speel en doen altyd vandag wat ek vandag kan doen. Die nuwe jaar lyk so aanloklik.

Op die ander kant het ek geen geld op Starbucks of ander onnodige goede gespandeer nie so miskien sal ek leer hoe om minder geld as gewoonlik te spandeer en noudat die BTW verhoog is, sal ek dalk ‘n bietjie geld spaar. Hoe ‘n mooi vooruitsig.

Jan
3
2011

En nou here en dames, dis 2011!

Môre gaan ons terug na werk toe na die vakansie en ons almal weet hoe min ons wil gaan. Soos elke jaar, gaan ek geen groot voornemens maak nie want ek weet ek is te lui om hulle te voltooi, maar ek hoop ek wil ‘n paar dinge in verskillende manier doen. Ek wil realisties wees. Ek dink dat as ek uitwerk wat ek kan bereik, sal ek dan meer suskesvol wees. ‘n Paar gedagtes is:

  • Ek sal my ouers en broers en hulle kinders meer besoek of skakel
  • Ek sal my vriende meer sien
  • Ek sal meer hard werk in die kantoor doen en nie speel altyd op my iPhone nie
  • Ek sal op ‘n gereëlde basis my rekenkunde studies doen en nie vermy om dit te doen nie; ek wil weet dat ek in my eksamens gaan slaag
  • Ek sal nie so veel goede koop nie wat ek nie nodig het nie.
  • Ek sal meer Afrikaans praat en skryf ne so moet meer Afrikaanse tjommies vind
  • Ek sal ‘n bietjie Spaans leer. Ek dink die regte weg is om ‘n bietjie elke dag of elke ander dag te leer, miskien net 10-15 minute elke keer. Hierdie weg is beter as om net ‘n paar ure elke paar weke te doen
  • Ek sal nie ‘n sinikus word nie. Hulle verveel my en hulle gedagtes en klagtes interesseer niemand

Soos jy sien, lyk my mikpunte bereikbaar of seker nie so onrealisties soos die tipiese beslissigs wat mense gewoonlik in elke nuwe jaar maak nie. Maar as jy wil slaag, moet jy ‘n plan maak en volg dit.