Hoe ons op skool geleer het

‘n Vriend kom onlangs terug van ‘n kort verlof in Suid-Afrika om by familie te kuier en met ‘n klompie tweedehande Afrikaanse boeke. Hierdie is gewoonlik baie goedkoop op verkoop want minder en minder mense elke jaar wil koop. Ek hou baie van hierdie boeke, dis die tipe geskenk wat ek baie waardeer en seker meer as duurder of nuwe geskenke. Vir my, gee dit ‘n geleentheid om na die verlede te kyk.

Onder die klompie is Fiela se Kind, ‘n moderne klassiek van Afrikaans wat ek nog nooit gelees het nie maar ek ken sy reputasie. Hierdie kopie kom uit skool biblioteek in die laat 1980s en vroeë 1990s, ver in die verlede toe ek ook op skool was. Ek het nogsteeds ‘n paar boeke van my skooltyd waarin ek ook notas met potlood geskryf het. Ek lees nou my handskrif en ek verbaas my beide hoeveel my handskrif verander het en hoeveel dit nog baie soortgelyk is. In hierdie boek is hul handskrif so netjies en klein soos ‘n konsienseuse kind s’n.

Field se Kind
“Field se Kind”

Deesdae gebruik leerlinge teknolgie soos skootrekenaars en tablets en alle leerstof word aanlyn gepubliseer en versprei. Ons almal onthou toe ons met ‘n biro notas skryf en lyne onder woorde en uitdrukkings streep. By die werk skryf ek met ‘n pen in ‘n notaboek maar miskien is die rede dat die staatsdiens weier om vir ons ‘n tablet te gee sodat alles geskryf en dan getik is.

Persoonlik hou ek daarvan om met ‘n pen te skryf en om my en ander mense se handgeskrewe teks te lees. Jy leer oor die skryfer, of miskien is dit meer akkuraat om te sê jy begin dink oor wie die skryfer in die werklikheid is. Jy let op wie se handskrif lyk pragtig en slim, en wie s’n is onleesbaar of morsig. Ek hoop mense hou van myne so veel soos ek doen ten spyte van die feit dat ek nie aangesluit handskif kan doen nie – ek skryf byna soos ‘n seuntjie!

Field se Kind met handgeskrewe notas
‘n Bladsy van “Field se Kind” met handgeskrewe notas

Toe ek Afrikaans begin leer, stuur my ouma in Johannesburg vir my ‘n oud woordeboek wat aan die dogter van haar vriend besit het en sy het haar naam op die kant van boek geskryf. Ek ken haar nie maar as ek my Afrikaanse roman skryf sal ek haar naam aan die heldin gee.

Nou lees ek die boeke en die name van die studente wat amper dertig jaar gelede hierdie boek geleen het. Waar is hulle nou? Onthou hulle die keer toe hulle die roman moes lees? Duisende myle weg en veel jaar later leef voort hul name hier in my Afrikaanse boeke versameling.

‘n Paar meer dae se werk as vrywilliger

Soos die verlede drie jare, het ek oor die onlangse vakansietyd ‘n paar dae se werk as vrywilliger by ‘n sentrum vir daklose mense gewerk, met Crisis. Ek skryf verlede jaar hieroor en elke keer laat my oor my ervaring nadink.

Hierdie keer erken ek sommige van dieselfde vrywilligers en gaste. Ons almal is nog een jaar ouer maar ek sien net baie meer ouer veel mense lyk. Een namiddag het ek en ‘n paar vrywilligers voetbal met ‘n jong hawelose man uit Oos-Europa gespeel in ‘n park naby die sentrum. Twee jonges, ‘n broer en suster, het saam met ons gespeel en ek moet sê hulle, veral die dogtertjie, so veel beter as ons. Ons het gesukkel om asem te haal wanneer ons speel maar hulle het kringe om ons hardloop en doele en doele aangeteken het! Dit was baie pret en dink soms vir wie al hierdie werk geörganiseerd is – die hawelose mense of die vrywilligers?

Ek waardeer baie die geleentheid om ‘n bietjite te doen wat hopelik ander mense sal help. Ek is ook gelukkig dat ek doen wat ek sê ekgaan doen. Dis maklik om te wil help, maar jy moet na die sentrum toe elke dag gaan en nie net in bed slaap tot laat nie. Te dikwels het ‘n die goeie voornemings maar maak ek niks. Dis goed om vriende daaroor te vertel sodat ons almal laat dink – en onthou – wat ons vir anders kan doen. Ek weet alreeds wat ek aanstaande Kerfess gaan maak.

Nuwe Britse burgers

Op die begin van die jaar het ek na ‘n Suid-Afrikaanse paartjie se nuwe burgerskap seremonie toe gegaan. Ek het gevra of ek kan kom en soos so veel dinge, begin ek skryf en toe publiseer ek nie.

Sertifikaat van Britse burgerskap
Sertifikaat van Britse burgerskap

Families en individue staan trots met stralende glimlagge vir die foto met die burgermeester. Jy wonder wat hierdie vir hulle bedoel. Klaarblyklik vir die man uit Irak is hierdie dag die realiseering van drome en hope vir veiligheid en sekuriteit wat hy al lang tyd gesoek het, verstigting wat hy nou mag bly sonder die vrees van retoer. Ja, ek verstaan hoekom.

Maar wat van dié uit Suid-Korea, Brasil, Australië of die Dominikaanse Republiek – stabiele lande – wat moviteer hulle? Wil hulle hier met ‘n man of vrou bly en werk? Wil hulle miskien net meer maklik oorsee op ‘n EU paspoort kan reis? Wat is hulle agterstorie? Hoekom staan ons in ‘n leë en koue kantoor vroeg in die jaar vir hierdie seremonie?

Dit lyk daar’s ‘n paar cool kids wat te cool vir skool is. Hulle sing nie, hulle staan baie los, hulle staan baie stadig op as gevra word, hulle dink dis ‘n biejtie uncool.

Die burgermeester mompel sy toespraak oor die geluide van skreeuende kinders terwyl die pa’s sukkel om hulle te kalmeer. Hy praat oor nuwe regte and verantwoordlikhede as nuwe burgers. Hy vertel oor die Wikings wat op die rivier na Wandsworth toe gevaart het as die van die eerste besoekers en nedersetters en ander analogieë. Hoeveel keer het hy dieselde woorde aan ‘n kamer vol nuwe burgers gesê, hoeveel keer het al die beamptes dieselfde woorde gehoor?

Die idee van ‘n seremonie is nuut en veel Britse – wel, Engelse – mense was oorspronlik baie suspiseus. “Ons is nie Amerika nie, ons het dit nie nodig nie” sê ons wat burgers van geboorte is. Wel ja, as jy nie aansoek sal doen nie, sal jy verstaan nóg die doelwit nóg hoe mense voel nie. Miskien is ons nie so gelukkig met die idee dat burgerskap – iets wat ons van kleins af ervaar – verander het en het nou verskillende belang vir buitelanders of dat daar mense is vir wie die moontlikheid vir om ons burgerskap te kry eintlik baie belangrik is nie.

Ons sing toe die volkslied. Van ons geboorte Britte is verleen, dis nie die tipe ding ons hou van doen nie. Ek hoop baie dat my nuustse mede burgers nou die geheime stygende melodie in tussen die eerste en tweede verse sal sing, “… God save The Queen, DUM-DUM-DUM-DUM-DUM! Send her victorious…” soos al voetbal fans en skoolkinders weet en skreeu. Hopelik sal hulle leer.

Die seremonie laat my na my pa dink, wat burgerskap net voor my geboorte ontvang het. Destyds was daar geen seremonie nie maar sy sertifikaat hang al jaar lank trots op die muur. Destyds het mense dikwels die besluit gemaak om hul geboorte burgerskap op te gee en om in ‘n nuwe land aan te neem, hulle het nie die plan om terug te gaan nie. Die Suid-Afrika van die 1970s was heeltemal anders toe my pa sy burgerskap opgegee het maar nou behou my vriende hulle s’n.

Toe gaan ons in die pub ‘n biejtie eet en drink en kyk na die voetbal op die televisie. Welkom aan ons groot familie.

Rubyliga, die ander rugby

Satedag gaan ek na die Olimpiese-stadion toe om die internasionale rugbyliga wedstryd tussen Engeland en Nieu-Seeland, ook as die Kiwis bekend. Nieu-Seeland toer Engeland hierdie maand en die twee spanne speel drie toetse en hierdie keer vind dit in Londen plaas, wat nie ‘n sentrum van rugbyliga is nie. Op die ander kant het meer as 44,000 mense kom kyk wat bedoel óf dat Londen stel belang óf dat mense sal goedkoop kaartjies vir amper enigiets koop. Persoonlik verkies ek die tweede opsie, maar ook lyk dit duisende fans uit die noord gekom het as jy die aksents luister en rugbytruie kyk.

Nieu-Seeland voer die haka voor die afskop uit
Nieu-Seeland voer die haka voor die afskop uit

Ten spyte van die feit het ek in noord-Engeland geswot, ken ek baie min oor hierdie sport. Ons het langsaan een van die groot spanne se stadion gebly maar ons het soos meeste studente min belang gestel. Nou dat ek ouer is volg ek die sport, saam met rugby unie. Miskien is ek net ‘n hipster wat altyd anders wil wees. Daar’s ‘n verskil tussen die tipe fans van die twee rugby sports in Engeland en aangesien dat ons Engelse mense ‘n obsessie met klas het, is sport ‘n metafoor dalk vir ons as ‘n nasie. Die sport se populariteit in Australië en Nieu-Seeland laat dit amper uitheems op terselftertyd lyk. Dis nie ‘n groot sport in Suid-Afrika nie en die nasionale span, die Renosters, is heeltemal onmerkwaardig. Hulle het nie ‘n Afrikaans Wikipedia bladsy nie so gaan ek skryf.

Die Kiwis val aan
Die Kiwis val aan

Voor die wedstryd voer die Kiwis die haka uit net soos voor elke rugby wedstryd. Rugby fans hou baie van die haka maar as ‘n voetbal fan vind ek hierdie vreemd. Ek ken nie die tradisie in rugby nie en dit lyk dat om hoekom te vra, word onbeskaaf en disrespekvol beskou. Ek is in die minderheid hieroor so ek staan in stilte en kyk. Die wedstryd was eintlik baie vervelig, nie soos die verlede naweek se toets so was hierdie ‘n groot teleurstelling. Ek hou baie van die idee van rugby league maar ek dink die klubbe in die laer liga is meer interessant as die internasionale spanne om te volg.

Namibië, ons is vir jou!

In die week het ek Leicester toe gegaan vir die Kanada teen Roemenië westryd in die Rugbywêreldbeker – Roemenië het ‘n beroemde oorwinning gekry – en vanoggend sit ek weer op die bus Leicester toe vir die Argentinië teen Namibië wedstryd. Ek dink ek was die enigste oke in ‘n Namibiër t-hemp en beanie, almal anders – en ek bedoel die hele bus – was Argentiniërs. Ek gesels ‘n bietjie met die oke wat langsaan my sit en hy vertel vir my oor sy besoek na Brittanje met sy werk en hoe gelukkig hy is om sy nasionale span te kan kyk.

By die stadion was weer die meerderheid mense Argentynse ondersteuners en ek het nie besef net hoeveel van hulle hier bly en werk nie. Gelukkig was daar ‘n getal ander Namibiërse ondersteuners, wel ek vermoed hulle was plaaslike mense wat besluit het om te ondersteun, en ook ‘n paar Suid-Afrika truie. Die son skyn en die weer was warm en dit voel nie soos Okotober-maand nie.

Vlae van Argentinië en Namibië
Die vlae van Argentinië en Namibië

So dis geen verrassing dat Argentinië gewen het en dat hulle Namibië geklop het nie. Ons weet dat Argentinië ‘n baie goeie span is wat die eindetelling verduidelik. Op die ander kant het Namibië goed gespeel en het drie dries gedruk en twee verdoel. Na my mening was een van hul geel kaarte baie onregverdig en toe ons op die videoskerm gekyk het meeste ander mense ook só gedink.

Ons weet hierdie wedstryd was ‘n dead rubber, maar dit was fantasties om Namibië te sien speel en die spelers lyk trots op hul pogings in hierdie toernooi. Ja, hulle het al vier wedstryds verloor maar almal erken dat hulle verbeter. My sitplek was goed, reg in die middel van die pale so het ek ‘n goeie uitsig gehad.

Namibië verdoel
Namibië verdoel

Só ná meer as tien uur op die bus in elke rigting vir twee rye na Leicester moet ek sê ek het dit baie geniet. Ek is gelukkig ek die poging gemaak het om kleiner spanne te kyk; ek hoor te veel mense sê dat hulle Nieu-Seeland of Australië wil kyk – ja, jy en ook duisend ander mense.

Dit laat my dink ‘n bietjie aan die Suid-Afrika teen Skotland wedstryd wat ek met Suid-Afrikaanse vriende in die kroeg gekyk het. Langsaan die bar sit ‘n paartjie, die vrou dra ‘n Engeland trui en die man dra ‘n Suid-Afrika trui en hulle juig en screeu soos ander ondersteuners en die wedstryd en uitslag is belangrik vir hulle twee. ‘n Bietjie later by die bar gesels een van ons met hulle, hy vermoed die man is Suid-Afrikaner. Nee, hulle twee is Brasiliërs en het besluit om die atmosefeer te geniet en het nasionale spanne gekies om te ondersteun. Hoe cool was hulle! Soms as dit nie jou gunstelinge spoort is nie kan jy iets nuuts ervaar en geniet saam met die ernstige fans.

Nog 'n ander drie vir Argentinië
Nog ‘n ander drie vir Argentinië

Die weg hoe ons lees, het verander

Ek lees onlangs ‘n artikel in ‘n gratis Londense koerant wat my oor moderne joernalistiek laat dink het en die tipe nuus ons as lesers wil lees. Ek gee nie ‘n skakel aan die artikel vir klaarblyklike redes nie maar glo my as ek sê dit was so soetsappig, stroperig en gemaksugtig van die joernalis wat ek en ‘n vriend het daaroor hard gelag. Dit verbaas my dat só ‘n artikel gepubliseer kan word en hoekom die joernalis dink dit ‘n goeie idee was om in hul eie naam te skryf. Kwaliteit het beslis afgeneem.

Wat merkbaar is, is hoe joernalistiek verander het – en terselfdertyd hoe ek besef hoe oud ek word. Media word meer sosiale media met ‘n idee van burger joernaliste – ek dink hulle noem hulself vryskut. Wat in die verlede nuus, opinie en ontleding was en wat verduidelik en konteks gee word nou deur gevoelens – dié van beide die joernalis en die leser – vervang. Die leser begin glo hul veronderstellings en kommentare is nou so belangrik soos die skrywer se ontleding. Die tipe onderwerpe wat ek wil leer is nie die tipe onderwerpe waaroor koerante wil skryf nie. Jy lees of nie net wat hulle publiseer.

Die rol en vereistes van skrywers ook verander. Hoe maklik dit word om die leser te bereik hoe meer die kwaliteit en styl verander en word verloor. Mense skryf gratis vir aanlynse weergawe van koerante wat nodig het veel meer artikels dat jy lees meer en meer gesindikeerde en vertaalde artikels. Die bedrukte koerant begin verdwyn en word webblaaie en Facebook blaaie met ‘n gemeenskap lesers en die geleentheid van advertensie. Die leser stuur skakels aan hul vriende en versprei die koerante se skriftes oor die hele wêreld gratis. In die laas paar jaar het Die Stem en The South African Times gevou en The South African is nou net ‘n webblad wat ‘n jammer is want ek het altyd geniet om Dinsdagoggend ‘n kopie op te tel as ek werk toe loop.

Toe ek begin blog het was die blog toneel baie besig. Daar was ook die potgooi okes wat elke week hul gedagtes vir die wêreld uit gegooi het, mense vol persoonlikheid. Toe was daar omstrede oor die woord potgooi tussen Afrikaanssprekendes en Nederlandssprekendes. Ek onthou nie die redes hiervoor nie, maar nou die woord podgooi word gebruik.

Ek beskou myself nie as joernalis of skrywer nie. Ek is ‘n leerder van Afrikaans en ek skryf vir my die geleentheid om nuwe woorde en grammatika te oefen wat ek onlangs geleer het. Om myself uit te druk in ‘n vreemde taal is ‘n groot uitdaging en ek skryf nou net vir myself op ‘n Afrikaanse blog toneel van stilte sonder belangstellende lesers en skrywers.


Ek het geen foto vir hierdie pos nie.

Boere op die aardsdrempel

Ek lees hierdie week Afrikaans boere in Argentinië op The South African webblad oor ‘n nuwe fliek oor hierdie gemeenskap. Die fliek lyk interssant so hopelik sal dit beskikbaar wees om aanlyn af te laai. Ek twyfel my plaaslike bioskoop sal dit vertoon so dis ‘n DVD om te koop.

Dis ‘n storie wat veel mense interesseer. Dis inspirering om te lees oor ‘n afgeleë groep wat aan hul kultuur en oorsprong vashou. Ek sukkel om die sprekers in die video te verstaan weens hul aksent. Dit klink verder van moderne Suid-Afrikaanse aksente as dié wat ek dikwels hoor. Wys hierdie die invloed van die Spaanstalige land of die oorblyfsels van ‘n argaïese aksent? Of is ek net heeltemal verkeerd?

Ek het oor die gemeenskap in ensiklopedieë gelees toe ek in 1998 begin leer het. Destyds stryd Encyclopaedia Britannica teen Microsoft se Encarta om die grootste te word, die onoffisiele bron van alle kennis. Hierdie inligting was taamlik maklik om te vind vir ek as nuuskierige leerling wat alles oor die taal en sprekers wou uitvind. Hierdie was ‘n paar jaar voor Wikipedia verskyn het waarna ons altyd verwys as ons is onseker. (Toe het beide ander verdwyn en oorleef slegs in artikels oor hulleself op Wikipedia.)

Onegelukkig is die enigste boek, Colonia Boer, an Afrikaner Settlement in Chubut, Argentina, baie duur. Ek sou dit gekoop het toe dit net ‘n bietjie duur was, nie belaglik duur nie.

Twee ander groepe uit getrek na die oorlog om nuwe geleenthede te vind en om die Britse bewind te ontsnap. Boer Settlers in the Southwest vertel oor vertrekkers in Texas en Meksiko. The Boers in East Africa vertel oor ‘n groep wat Eldoret in Kenia gebly het. Ek dink ek het gelees dat dié in Kenia joiners was wat Suid-Afrika moes verlaat (miskien het ek só in Mark Behr se of Stephen Taylor se Livingstone’s Tribe gelees) en het uiteindelik terug na Suid-Afrika gegaan. Niemand stel groot belang in hulle nie, ‘n bietjie soos die nasate van die Dorsland trekkers wat in die 1920s Angola uiteindelik verlaat het.

Dit herinner my ook na Riccardo Orizio se uitstekend Lost White Tribes, veral die hoofstuk oor die Basters in Namibië wat nog trots op Afrikaans is. Daar is ‘n geleentheid vir hierdie groepe, en ander groepe, om mekaar te ondersteun noudat teknologie bestaan wat ons met mense op die aardsdrempel te kommunikeer. Mense aanlyn skryf hoe hulle die mense in Argentinië help maar verdien die uithmees meer aandag as die plaaslik? Ons hang af van die internet, en veral sosiale media, vir om iets nuuts te leer. Mense wil weet en deel in iets groot neem maar ontbreek die nuuskierigheid om op ons eie na te vors.

My belang in hierdie groepe is taal, veral minderheid taal in ‘n gebied van ‘n oorheersende taal en nie in spesifiek Afrikaner se kultuur in die buiteland nie. Ek waardeer dat minderheid tale sonder hul kultuur sukkel om lewend te bly. In die fliek lyk dit bly hulle trots op hul oorsprong maar het die taal onder die jonges verloor. Ek dink mense stel dikwels ‘n groter belang in kollektiewe geheues en geskeidenis as in taal. My belang in taal sluit nie-blankes binne in saam met blankes, hoe hulle praat en hoe hulle dink hieroor.

Is die geskeidenis en ervaring van die gemeenskap in Argentinië ‘n metafoor of aanduiding vir die toekoms van Afrikaans as ‘n lewende taal van miljoene in suider Afrika? Die jonge mense het verspaans so wat bly is die ouder mense en ‘n kollektiewe kultuur en identiteit. Is hierdie dalk ‘n moontlikheid wat vir Afrikaans wag?

In die toekoms, wie gaan Encarta opspoor?

Want ek ry op met die bus en jy vlieg op met ‘n jet

Nog ‘n ander maand en nog ‘n ander Suid-Afrikaanse musikant kom Londen toe vir ‘n paar gigs en só kom Jack Parow om ons te vermaak met sy ryme en sy eie styl humeur.

Loki Rothman en Jack Parow
‘n Arty prentjie van Loki Rothman en Jack Parow

Hy kom op die toneel met net Louwtjie op kitaar en ‘n sampler masjien vir hierdie twee gigs. Die res van die band kom nie Londen toe nie en gaan direk na Nederland toe vir ‘n musiekfees waar hy geniet meet sukses as in Brittanje. Hy bons, hy rap, hy skreeu en hy laat ons lag. Hy’s pret en miskien ook soms ‘n bietjie belaglik maar ons almal weet reeds dit en hy is ernstig oor wat hy doen. Die crowd sing en spring saam met hom. Hy lewer die treffers af wat ons wil hoor. Hy wil hard partytjie hou as hy ‘n bottel suip. Hy dans soos ‘n vegter en gee nie om nie.

In-tussen liedjies praat hy aan die menigte, vertel die agterstories oor sy loophaan as ‘n raaper en oor sy liedjies en hoe meer hy suip hoe meer sy woordjies mompel oor die besope menigte. Dit voel baie intieme miskien want hy staan in ‘n pub in Londen voor toegewyde fans in die buiteland. Hy vertel oor sy baklei met Steve Hofmeyr, ‘n moderne parabel oor die siel van die Afrikaanse nasie. Die besonderhede bedoel dalk nie so veel aan my nie maar dit bepaal ‘n deelte van die tipe Afrikaanstalige kultuur wat interessant is; een wat vorentoe kyk en wat almal insluit wat wil bydra.

Ná die gig gesels Jack met fans wat tou staan om ‘n kiekie saam met hom te neem en gesels ‘n biejtie met Louwtjie. Dit is mos baie duur om vir Suid-Afrikaanse bands om hierso te kom en veral weens die huidige wisselskors. Dit verduidelik hoekom hierdie keer kom net Jack and Louwtjie, net soos hoe verlede maand net Francois en Jedd gekom het. Dit verduidelik hoekom hulle bring so min merch om te verkoop en ek is dit tipe ou wat ‘n t-hemp wil koop. Ek het oor hierdie probleem – hoeveel dit kos om hierso te kom, nie die merch nie – geskryf en ons hoop dat promotors in die toekoms die hele bands hierso sal bring en sal die gigs in ‘n ware manier bevorder. Hierdie keer lees ek niks in The South African koerant of op die webblad nie wat ‘n teleurgestelling is. Waar is die ondersteuning van ‘n gemeenskap?

Miskien hulp dit ook dat hy en ander bands nie in Engels sing nie. Dit laat hulle anders lyk en miskien gaan hulle nie groot internasionale sukses ervaar nie, maar op die ander kant staan hulle aparte van die Engelse bands en behou hulle ‘n verskeie identiteit.

Ek kyk op Instagram en Twitter oor die band se somer toer oorsee en sien ‘n verskillende kant van ‘n band se lewe. Hulle ry op die moltrein, suip ‘n paar biere, sien die toeriste aantreklikhede en neem foto’s saam met die bands wat hulle by die musiekfees ontmoet. Hierdie is die aspek wat interesseer my; musikante, reisigers en toeriste wat op terselfdertyd die ervaring wil dokumenteer. Dit raak nie saak óf dit werk óf vakansie is nie, dis die realiteit van om weg te wees wat ons almal kan erken want ons dieselfde dinge op vakansie doen.

Die waarheid staan; sy naam is Jack Parow en hy is cooler as ekke.

Terug in swart

Saterdag was ek terug by Wembley-stadion vir om legendariese Australiese rockers AC/DC te kyk wat op hul huidige wêreld toer kom speel. Hoe meer kan ek sê, hulle was fantasties. Duisende fans wat alle die lirieke en liedjies ken, wat saam sing, wat wil saam met makkers uithang. Geen verrassings nie en ons soek nie verrassings nie.

Die snelweg na hel
AC/DC rock uit met elektriese kitarre uit

Die eerste keer toe ek hulle sien speel het, was toe ek sestien jaar oud. Destyds het ek op my eie van noord-Skotland na die Monsters of Rock musiekfees in Engeland gereis, wat ‘n ware avontuur was. Nou ry ek net op die moltrein van my huisie in noord-Londen af. Ná onlangse besoeke na Wembley vir om die Arsenal te kyk voel dit amper alledaags.

Dié wat dieselfde bly is die feit dat meer alhoewel half my lewe verby is, luister ek nog na dieselfde tipe bands. Ek was so opgewonde nou soos toe ek ‘n laaitie was. Ons almal besef hierdie is dalk hul finale toer en hulle speel die goederes wat ons wil hoor. Nostalgies beslis, maar niemand gee om nie want ons wil hê wat hulle wil aflewer.

Ver van Suid-Afrika maar lekker te hore

So Vrydag en Saterdag het Francois van Coke akoestiese solo gigs hier in Londen vir ‘n klein aantal fans en vriende gespeel. Dis ‘n seldsame geleentheid om Francois se debut solo album te bevorder vir fans in die buiteland en ook, ek vermoed en hoop, ‘n geleentheid om ‘n kort vakansie te hou.

Jedd Kossew en Francois van Coke
Jedd Kossew en Francois van Coke rock uit met akoestiese kitare uit

Natuurlik het ek na beide gigs toe gegaan en natuurlik gaan ek op my eie want Suid-Afrikaanse vriende is altyd besig en kan nie kom nie. Ek is weer die eensame Brit en Engelssprekende oke wat gaan, wat sukkel om die lirieke te volg behalwe vir die Fokofpolisiekar liedjies wat ek veel beter ken. Ek is gelukkig tog om te weet dat daar nog ‘n paar Suid-Afrikaanse kroeë in Londen is wat Suid-Afrikaanse bands hierso wil bring.

Ná die gigs gesels Francois en Jedd met fans toe hulle onder die fans dwaal. Ek dink oor hoe hulle voel, om hierso te kom waar baie min mense hul musiek ken aangesien dat hulle groot terug in Suid-Afrika is. Hieride gigs voel seker meer intiem en hulle doen klank en dit lyk asof hulle daarvan hou.

Buite Suid-Afrika is Afrikaanse musiek populêr in Nederland wat verstaanbaar is. Jack Parow kom volgende maand Londen toe speel waarna ek baie uit sien en hy speel dikwels ook in Nederland so bestaan daar ‘n mark. Maar meer as tien jaar ná Fokofpolisiekar se eerste album uitgegge is, mense vra nog waaruit die nuwe Afrikaanse rock bands kom. Ons wil nuwe musiek hoor so is die vraag vir hoe meer langer het ons nodig vir nuwe bands wag.

In Frankryk hoor niemand jy Afrikaans praat nie

Nadat ek terug van Gran Canaria gekom het, koop ek ‘n vliegkaartjie na Nice in suid-Frankryk. Ek het hieroor begin skryf maar ek besef dis nie so interessant soos ek sou verwag nie – ek het hierdie gesien, ek hierdie geëet, ek het hierdie mense ontmoet ensovoorts.

Die palmbome in die pad merk die grens tussen Monaco (links) and Frankryk (regs)
Die palmbome in die pad merk die grens tussen Monaco (links) and Frankryk (regs)

Wat ek geleer het, is dat ek verkies om op ‘n goedkoop, lo-fi vakansie te gaan. Ek gee nie om oor lekker hotels en restaurants nie so dit volg dat ek daarvan hou om op my eie te gaan reis. In die hostel was ek heeltemal anoniem, nog ‘n ander reisiger op ‘n goedkoop reis. Die personele vra niks oor jou nie, hulle is meer besig met die jonges wat toers met hul splinternuwe vriende wil boek.

Die hawe van Monaco vol miljoenêre se seiljagte
Die hawe van Monaco vol miljoenêre se seiljagte

Eintlik was ek beïndruk met die jonges veral dié uit Australië of Amerika wat vir ‘n paar week gaan reis. Hulle lyk onbevrees en so pret om nuwe ervarings te geniet en nuwe makkers onder hul medereisigers te maak. Ek wens ek het hulle gehoud gestalte het toe ek as jong gaan reis het.

Wil jy in hierdie tipe dorpie bly? Net buite Nice
Wil jy in hierdie tipe dorpie bly? Net buite Nice

Ek was die mees gelukkig toe ek saans op my eie op die strand met ‘n blikkie gesit het, deur die stege vol bars en restaurants gedwaal het of toe ek uit die trein se venster uit kyk. Hoe mooi lyk die kus en hoe helder skyn die blou see. Ek verstaan hoekom soveel mense wil in hierdie area aftree. Ek wil terug gaan en ontspan ver van almal wat ek ken.

Nice, Frankryk
Nice, Frankryk

Wat pret was, was om per trein aan verskillende lande toe te gaan. Ek wou Monaco sien en toe die volgende dag vat ek die trein na Ventimiglia in Italië toe vir middagete. Ek dink hoe die inwoners voel as toeriste soos ek kom na hul stede toe en swerf die paaie en neem kiekies van hul huise, hul gewoonbuurt. Ons praat nie hul taal nie en sukkel in die restaurants om te bestel. Is hulle trots om in so pragtige dorpies to woon, waarheen buitelanders kom om te verwonder en om te droom om hier te bly.

Die strand van Nice
Die strand van Nice

Soveel Suid-Afrikaners kom na Londen en gaan op die naweek na Europa en ek weet nou net hoe maklik dit is, as jy die geld het en alles wil reël, om weg te gaan ontdek. Ek besluit nou om geld te spaar sodat ek later in die jaar weg kan gaan. Miskien volgende keer gaan ek ‘n paar op die treine deur die lande reis. Ek is nie ontdekker of reisiger nie maar ek wil nou meer van Europa sien. Dit raak nie saak as ek nie saam mense nuwe mense gesels nie, daar is soveel meer op my eie te siene.

Ventimiglia in Italië
Ventimiglia in Italië

Ek moet seker n toeristgids koop met die basiese uitdrukkings en woorde in die inheemnse taal sodat ek ‘n bietjie kan kommunikeer. Niemand blyk Afrikaans te praat nie, die hele besoek het vir my bevestig.

Gedagtes op my vakansie

Ek sukkel nou om my onlangse vakansies te onthou, dit voel so ver in die verlede. Soos ek geskryf het, het ek besluit om na Gran Canaria toe te gaan in plek van om interrailing te doen. Ek was onseker oor wat ek rerig wou doen en dus besluit het ek wou net op die strand in ‘n afgeleë eiland sit en ontspan. Dit vraag is, was dit die regte beslissing?

Gran Canaria is seker ‘n pragtige vulkaanse eiland. Dis vreemd om op ‘n deelte van Spanje in die Atlantiese Oseaan te bly, ver van die Europese vasteland en nader aan Afrika. Dit voel soos Europa maar daar’s ‘n klein noord-Afrikane bevolking uit die ou Spaanse gebeid van Wes-Sahara en ook uit Suid-Amerika.

Sononder op Gran Canaria
Sononder op Gran Canaria

Ek wou al die ander Britse toeriste vermy en nadat die vlieguit toe ek langsaan ‘n klompie okes sit wat dukgesuip geraak het, dink ek ek reg gekies. Toe was ek onseker. Op ‘n paar keer het ek soos Napoleon gevoel, ‘n banneling op ‘n eiland in die Atlantiese Oseaan sonder ander mense om mee te gesels. Eintlik voel dit goed om op my eie te bly, om veel te lees en onder die son te lê. Saans sit ek op die strand te die son gaan onder en kyk uit oor die see. Probleme is ver weg en niemand kan my kontak nie.

Die Katedraal de Santa Ana, Las Palmas
Die Katedraal de Santa Ana, Las Palmas

Ver van die toeriste-oorde praat mense min Engels wat ‘n probleem was want ek het soveel Spaans vergeet wat ek op skool geleer het. Ek besef hoe sonder om die plaaslike taal te kan praat voel jy baie alleen.

Enver Hoxha se doppelganger
Enver Hoxha se doppelganger

Toe ek in stad begin ontdek en die geskeidenis leer voel ek meer soos ‘n resiger. Die Casa de Colón – die stad is verl trots op Christophorus Columbus se verblyf in Las Palmas tydens sy ontdekkingsreise na Amerika – en die Katedraal de Sanata Ana is van die bermoedste toerisme-aantreklikhede op die eiland. Daardie area, die ou stad, was meer interessant as die stand-gebied vol hotels waar ek bly. Die geboue en klein strate voel soos tipiese Spanje van die poskaarte en toeristegidse.

Protes teen Spaanse oorheersing
Protes teen Spaanse oorheersing

Ek wou seker die Kanariese Eilande weer besoek maar met ander mense. Ek dink ek verstaan nou die lok van die toeriste-oorde as jy net in die son wil lê. Dis makliker en geen tipe vakansie is beter die ander nie. Ek wou die ander eiland-groepe in die Makaronesië argipels soos Kaap-Verde, ‘n plek meer uitheems en wild. In agternawysheid was ek onseker wat ek wil doen en ek dink nou ek wou gaan ontdek. Nadat ek terug gekom het, het ek ‘n vliegkaartjie en hostel geboek en weer weg gegaan.

Vakansie is nou geboek

Ná my vorige pos oor vakansie gedagtes, het ek uiteindelik ‘n beslissing gemaak en ‘n vakansie geboek; ek vlieg oormôre na Gran Canaria in die Kanarie Eilande. Ek het besluit dat ‘n afgeleë eilandgroep in die Atlansiese Oseean ‘n baie mooi idee klink.

Ek het besluit dat ek wil net in die son sit en ontspan. Ek wil nie treine moet vat nie, ek wil nie haastig wees nie en dink oor waar ek wil vir die nag bly nie. Dis nie die avontuur wat ek oorspronlik beplan het nie maar dit sal my eertse besoek na Spanje wees. Miskien sal hierdie besoek inspireer my om Spaans te leer. Ek skryf elke jaar hierop oor planne om tale te leer. Ek weet ek sal dit nie doen sonder ‘n goeie rede om te wil leer nie.

Ek lees nou aanlyn oor wat ek kan doen behalwe net om in die sonskyn rond te loop. Daar is ‘n paar rock metal pubs en buite die Las Palmas is daar veel natuur om te siene en duine om op te klim. Om op my eie op vakansie te gaan sal ‘n bietjie vreemd voel en soos ek vooraf geskryf het is ek ‘n bietjie bang oor om nuwe mense te ontmoet. My idee van gesels en klets is nie dieselfde as ander mense s’n nie! Natuurlik is ek ook ‘n bietjie bang oor al die ander Britse toeriste maar hopelik is alles ‘n bietjie stiller as in die somer so sal mense ‘n bietjie ouer en stiller wees.

Ek dink nou oor ‘n ander kort vakansie in Mei miskien na Lissabon, en dan sal ek al my geld spandeer het en sal moet begin spaar.

Planne vir vakansie

Ek het al maande lank beplan om hierdie maand te gaan reis – okei, op vakansie as ek die waarheid sê, ek is nie reisiger nie, ek ontdek nie verlore lande nie – maar soos ek vermoed het, het ek geen planne gemaak oor wat ek gaan doen nie. Ek het ‘n bietjie navorsing oor uitheemse lande soos Indië en Kaap Verde gedoen, hulle klink lekker, maar toe het ek nie ‘n beslissing gemaak nie.

Dit lyk nou ek sal nou InterRail doen, dis ‘n geleentheid om ‘n paar nuwe Europese lande te besoek. Dis die soort ding wat tieners en studente doen en aangesien dat ek veel ouer is, is ‘n bietjie bekommerd dat ek soos ‘n oud, vreemde Engelsman sal lyk wat aandring om met die jonges uit te hang.

Ek het nou net meer as een week om kaartjies te koop, besprekings te maak en roetes te kies. Ja, ek is ‘n bietjie senuweeagtig om alleen in nuwe lande te gaan reis. Ek dink oor hoe verveeld en hoe moeg sal ek raak. Hoe maklik sal ek gesels met onbekende mense? Ons het ‘n idee oor onsself oor hoe ons in nuwe en onbekende situasies sal reageer. Ons hou daarvan om te dink ons sal skielik verander en sal ‘n sosiale en vol vertroue mens word. Ons sal die tipe mens word wat ander mense wil ontmoet en sal veel nuwe makkers lok – “Women want him, men want to be him”. Ja, asof!

Hierdie maande is stiller as in die somer dus sal daar minder ander reisigers (okei, die regte woord is “toeriste”) op die treine wees. Daar bestaan die vermoede dat ek in veel trein stasies sal rond dwaal as ek vir my treine wag en vra myself, hoekom het ek nie ‘n kaartjie na Tenerife gekoop om net in die son te lê en te ontspan nie?