Oor my | About

Halo, ek is Alexander. Ek bly in Londen en leer myself Afrikaans. 

Ek sit hier en geniet alles

Ek sit hier en probeer om diep en deurdag te kyk

“Hoekom Afrikaans?”, vra mense. ‘n Goeie vraag. Afrikaans is mos ‘n vreemde keuse. Om ‘n ander taal te kan praat is ‘n kundigheid en daar’s ‘n groot aantal van ons ter wêreld.

Ek het jare gelede myself Afrikaans uit boek uit begin leer, nadat ek universiteit verlaat het. ‘n Noord-Ierse kollega het homself ‘n bietjie Afrikaans geleer en het vir my gesê dat dit nie moeilik is om te leer nie. Dit het soos ‘n lekker idee geklink. Ek het nie geglo dat ek jare later Afrikaans sou annhou leer en praat nie. My pa kom uit Suid-Afrika maar ek kan nie sê dat dit die rede was om te leer nie maar my ouma in Suid-Afrika het dikwels aan my boeke, koerante en tydskrifte gestuur.

Johan het my aangemoedig om my blog te begin skryf en ek geniet die geleetheid om te skryf en om in Afrikaans te probeer kommunikeer. Natuurlik is die foute volop maar ek hoop ek verbeter en maak minder en minder foute. Ek kan net aanhou leer. Ek moet sê my belang is in taal en kommunikasie. As iemand vir my ‘n ander taal aanbeveel het sou ek dit in sy plek geleer het. Hoe anders dinge sou gewees het.

As jy ook in Londen is en wil ontmoet en gesels, los dan ‘n kommentaar sodat ons ietsie kan reël anders stuur ‘n e-pos aan afrikaanslondon at outlook dot com.

Dankie dat jy lees.

51 thoughts on “Oor my | About

  1. Peter

    jis-jis alex!
    ek smaak jou gesindheid honderd! jy’t sommer ‘n bakgat webwerfie hier. as jy ooit in surrey rondloop, gooi maar ‘n e-pos, dan knak ons ‘n bierjie of twee!
    voorspoed!

  2. Alexander Post author

    Peter, dankie vir jou kommentaar. Ek hou van die idee van ‘n biertjie so sal ‘n e-pos aan jou stuur! Ongelukkig werk jou e-pos addres nie so los ‘n ander kommentaar met ‘n verskillende addres asseblief sodat ek terug kan skryf.

  3. Ouma Cotie

    Hi Alexander, jou blog lees lekker My kleinseun (26jr?) werk ook in London, as rekenkundige, hy het ook Bcom graad, ens Ek dink julle sal lekker gesels

    Ouma C

  4. Alexander Post author

    Ouma C, goed om van jou af te hoor. Sê vir jou kleinseun om ‘n kommentaar te los en miskien kan ons dan gesels.

  5. nikita

    Hi! Ek’s bly om te sien jy blog nog steeds! Daar’s heelwat mense regoor die wereld wat Afrikaans leer. Ek het ‘n Russiese ou op my blog wat nou en dan met my via email korrespondeer en hy leer homself Afrikaans. Ek dink dis PUIK! Ek het ‘n link op my blog na hierdie ou in San Francisco wat homself ook leer en hy maak Youtube videos van die onderwerpe waaroor hy leer, nogal baie oulik! Dan op FB is daar ‘n Italianer wat die taal homself aanleer…dis wonderlik. Afrikaans BO!

  6. Boekeman

    Dis wonderlik om te weet dat daar ‘vreemdelinge’ is wat graag ons mooi taal wil aanleer. Gaan loer gerus in by http://www.boekwerf.blogspot.com en maak kennis met populêre Afrikaanse skrywers van die verlede wat ‘n ganse volk aan’t lese gehou het. Hulle het selde die erkenning gekry wat hulle verdien. Hul boeke en die van huidige skrywers, word op ‘n prikkelende wyse weer bekend gestel. Kom luierlees oor hulle en kom kuier net gesellig saam – Boekeman

  7. Alexander Post author

    @Nikita, dis goed om weer van jou af te hoor. Ek het ook ‘n Russiese ou (Eugene – dieselfde ou?) aanlyn ontmoet en sy Afrikaans is baie indrukwekkend – veel beter as myne! Ek het na daardie skakel op jou blog Francisco gekyk, sy Afrikaans is baie goed.

  8. Alexander Post author

    @Boekeman, baie dankie vir jou kommentaar. Afrikaans is ‘n mooi taal en baie pret om te leer, dis ‘n jammerte dat min Engelse Suid-Afrikaners, in my ervaring, belangstel. Dis baie interessant om jou blog te lees en ek sal die skakel met vriende deel.

  9. Verdant

    My Afrikaans is sleg, maar ek probeer om elke dag te praat. Baie dankie vir die kommentaar op my webblad. Ek waardeer dit!

  10. Alexander Post author

    @Verdant dankie ook vir jou kommentaar. Ek het baie geniet om na jou video’s op jou blog te kyk, dis ‘n cool manier om jou Afrikaans met almal te deel. Dis goed om te sien dat daar soveel mense buite Suid-Afrika is wat die taal wil leer. Sterkte!

  11. Alex

    Hi Alex! Ek heet ook Alex en leer myself ook Afrikaans! Ek is heeltemaal nie Suid-Afrikaanse afkomstig nie en was daar net een keer in Desember 2009. Ek hou so baie van die taal en vind dit ‘n fantasiese taal om te leer en wardeer baie die geleentheide wat vir my nou al oop is, omdat ek Afrikaans leer.

    Ek woon ook in London en het teleurgestel geword omdat ek nie meer baie Afrikaans kan vind nie. Weet jy of daar miskien boekwinkels is, waar ek boeke en koreante kan koop? Ek glo baie van die Afrikaners het al teruggekeer, want ek hoor dit nie meer so baie in die strate nie.

    Die vraag waarom ek myself Afrikaans geleer het vind ek ook moeilik om te beantwoord. Ek moet lieg en sê dat ek Afrikaans is maar dis eintlik nie die waarheid nie!

    Dis fantasties om ook ander Britse te vind wat Afrikaans praat en leer, en goed om te sien dat ek nie alleen is nie!

  12. Alexander Post author

    Alex, baie goed om van jou af te hoor, ‘n ander Britse leerling! Ek het ‘n e-pos aan jou met ‘n bietjie inligting gestuur.

    Jy kan ‘n paar Afrikaanse boeke in Foyles op Charing Cross Road en Grant and Cutler op Great Marlborough Street kry. Elke af en toe vind ek nuwe boeke wat op verkoop is. Daar’s ‘n paar André Brink, Harry Potter en Kuifie boeke in altwee winkels. As jy koerante en tydskrifte soek, kyk in African Enterprises (The Arches, Villiers Street London WC2N 6NG). Hulle verkoop ‘n paar ou koerante en tydskrifte en ek dink ook ‘n kokboek in Afrikaans. Anders soek aanlyn, ek het ‘n paar boeke van Kalahari af gekoop maar kyk ook na Die Winkel op eBay. Ek het ‘n paar boeke en DVDs gekoop en dis ‘n miskien bietjie duur maar dis nie sleg nie.

  13. Mariaan en Lourens Jensen

    Goeie naand Alexander,
    ek het jou blog raakgelees terwyl ek opsoek was na inligting vir my dogter se skoolwerk. Ek en my man het met belangstelling jou kommentaar gelees. As Afrikaanssprekendes is dit baie aangenaam om te hoor dat jy van ons taal hou en dit vir jouself aangeleer het. In Suid Afrika word die taal al hoe minder en minder gepraat en bykans gladnie meer as amptelike kommunikasie medium gebruik nie. As gevolg van die situasie is dit opmerklik dat al hoe meer mense Afrikaans WIL praat en Afrikaanse musiek beleef tans ‘n oplewing soos nog nooit tevore nie. Ons hoop jy het al die geleentheid gehad om ook na ons musiek te luister. Ons wil jou graag aanmoedig om Afrikaans ten volle te bemeester. Groete uit ‘n sonnige Suid Afrika. Lourens en Mariaan.

  14. Alexander Post author

    Mariaan en Lourens

    Baie dankie vir julle kommentaar en aanmoediging. Dis altyd fantasties om van Afrikaanssprekendes af te hoor en te weet dat mense my gedagtes en pogings lees. Afrikaans is baie mooi om te leer en ek geniet baie die ervaring. Tans blyk die taal aanlyn te floreer en ek het veel ander leerders aanlyn ontmoet wat uit Rusland, Swede, Frankryk en ander lande kom, ‘n groeiende gemeenskap belangstellers. Ek ken ‘n paar nuwe Afrikaanse bands en die internet maak dit makliker om nuwe musiek te hoor en af te laai. Daar’s ook ‘n Afrikaanse ou by werk om meet te gesels. Ek wil hierdie jaar terug kom sodat ek weer kan oefen en verbeter.

  15. Mias Strauss

    Hallo Alex,

    Ek wil jou gelukwens met ‘n uitstekende Blog! Dit is regtig ‘n riem onder die hart om te sien hoe goed jou Afrikaans is! Veels geluk man. Ek is ‘n kliniese sielkunidge in Swakopmund Namaibia, wat soos jy seker ook weet, hoofsaaklik Afrikaans as voertaal gebruik alhoewel die amptelike taal Engels is. Ons is ‘n buurland van Suid-Afrika en het die mees ongelooflikste natuurskoon. Jy moet gerus ‘n draai hier kom gooi, sodat ons jou kan leer om nie net Afrikaans te praat nie, maar om ordentlike Boerekos te eet!

    Great stuff, buddy, keep it up!

  16. Alexander Post author

    Mias, baie dankie vir jou kommentaar en aanmoediging. Ek ken Swakopmund, ek het in 2008 Namibië daar besoek en het ‘n paar dae in Swakopmund gebly wat so ‘n baie mooi dorpie is en ek ken ook ‘n bietjie Duits so kon met die kelners ens praat. Dit was ‘n fantastiese vakansie en ek wil beslis terug gaan.

  17. nikita

    Hi Alexander
    Ja, dit lyk my ons het albei dieselfde ou beet, Eugene is die naam, maar sy Afrikaans is vir my net te goed. Ek het in die begin gedink die ou vat my vir ‘n vet “ride”…gedink hy soek geselskap.lol…

  18. Nadenker

    Hullo Alexander, ek het iewers gelees as jy ‘n ander taal leer, leer jy ook ‘n nuwe wêreld. Dit is waar. Ek het ook Duits probeer leer, maar ongelukkig het ek nie baie tyd vir dit nou nie. Lekker Afrikaans leer! Groete uit Johannesburg.

  19. Alexander Post author

    @Nadenker, baie dankie vir jou kommentaar en aanmoediging. Om Afrikaans te leer is ‘n baie genietbare ervaring en dit gee my soveel nuwe en verskillende geleenthede en vriendskappe. Ons sal saam die woord van Afrikaans oor die hele wêreld versprei!

  20. Alexander Post author

    @Dokte, dankie vir die kommentaar en dat my blog gevind het! Ja, ek hou baie van Kallitz en het ook ‘n paar solo liedjies op my iPod. Jy moet in Londen kom speel!

  21. Dokte

    Alexander – sal kwaai wees as ek daar kan kom speel!
    Ek try om my nuwe album voor die einde van die jaar uit te sit, al die songs is klaar, 18 tracks, sal jou laat weet!

    Safe!
    Dokte
    @Alexander

  22. Alexander Post author

    @Dokte, ek sien baie daarna uit om na jou nuwe album te luister, laat my weet wanneer dit beskikbaar word.

  23. Margie Frood

    Hi Alexander. Ek het jou blog vir die eerste keer vandag teegekom as gevolg van die nuwe reeks van Moddereiland potgooie wat ek op iTunes gevind het. Ek’s bly om te sien dat jy steeds aanhou om die taal te bemeester!
    Veels geluk!
    Margie
    (Miskien onthou jy…Moddereiland Potgooi 43?)

  24. Alexander Post author

    @Margie

    Dis baie goed om weer van jou af te hoor! Ek het jou onlangse kommentaar op Johan se blog gelees. Ek onthou goed daai potgooi, dit sal cool wees om ‘n nuwe ene te maak. Hoe gaan alles met jou? En dankie dat jy my blog lees.

  25. michael

    hey bra! Ek het op jou blog afgekom terwyl ek gesoek het na ‘n oplossing oor hoe ek spaans kan leer. In een van jou inskrywings noem jy dat jy dit leer. Enige tips en voorstelle hoe ek dit maklik kan leer? Ek dink dit sal vir my makliker wees om dit eerder deur my native taal te leer as deur engels, maar ek gaan nou ook nie honderde spandeer aan leerstof nie! Enige oulike website’jie waarvan jy weet?
    Thanks en cheers!

  26. Alexander Post author

    @Michael, baie dankie vir jou kommentaar en dankie dat jy my blog lees. Ek sal ‘n e-pos aan jou stuur oor my pogings om Spaans te leer.

  27. Sunet

    Hi Alex!

    Genade maar dis lekker om jou so te sien wikkel met die Taal. In Suid Afrika is daar groot debat oor Afrikaans as ‘n sterwende taal maar steeds bly die statistieke getuienis dat dit die huistaal is wat derde grootste naas Zulu en Xhosa heers.

    Ek swot onderwys aan die Universiteit van Witwatersrand in Johannesburg en Afrikaans is my tweede hoofvak. Ons voer huidiglik ‘n groot debat oor houdings en persepsies oor Afrikaans… Hoop nie jy gee om as ek jou naam daarin gebruik om te bewys dat daar mense is wat taal sommer vir die lekker daarvan leer nie.

    Jy’s amazing – dankie dat jy ons taal praat.

  28. Alexander Post author

    @Sunet

    Baie dankie vir jou kommentaar en aanmoediging, dis altyd goed om van Suid-Afrikaners af te hoor. Ek is baie bly as jy my blog wil gebruik om te bewys en ek sê vir jou daar’s nou soveel mense aanlyn in die buiteland wat Afrikaans leer.

    Dankie dat jy lees!

  29. Alta

    Hi Alexander

    Dit is vir my so vreemde gedagte dat daar mense in die wereld is wat Afrikaans praat. Ek het dit baie geniet om jou blog te lees, sal gereeld hier inloer.

  30. Alexander Post author

    @Alta

    Baie dankie vir jou kommentaar. Afrikaans is nou ‘n taal wat populêr is en daar’s veel ander leerders oorsee so daar’s altyd nuwe mense wat dit wil praat.

  31. JC

    Hi Alex

    Dis altyd interressant om te sien hoe iemand van nuuts af Afrikaans leer. Van wat ek gesien het, is jou taalgebruik puik!

    My meisie is Duits en ook besig om Afrikaans te leer.

    Ek sien jy het baie skakels na Afrikaanse webwerwe, so ek wou jou van nog een vertel:
    http://veldbrand.com

    Dit is soos reddit/digg, waar mense (meestal) Afrikaanse skakels indien, wat dan deur die gemeenskap gekeur word.

    Groete uit ‘n koue en nat Wes Kaap.

  32. Alexander Post author

    @JC

    Jammer ek het nie vroeër jou kommentaar gesien nie, baie dankie dat jy lees. Ek het jou webwerf aan die lys skakels aangesluit.

  33. Jan

    Goeie Dag.

    Het U al van die webwerf http://www.thebookofluke.co.za gehoor?

    Dit bied ‘n volledige dramatiseering van die hele boek van Lukas op mp3.

    Dis absoluut gratis om af te laai!

    Die produksie is professioneel gedoen en is goeie gehalte mp3 opnames. Ons het die CD omslag in ‘Nero’ print formaat op die website gelaai sodat U self gratis CD’s kan maak.

    Die hele boek van die produksie is ook gratis beskikbaar.

    Alles is verkrygbaar by die webwerf http://www.thebookofluke.co.za.

    Ons is huidiglik besig met die Engelse opnames en wil dit ook graag in ander tale vir mense beskikbaarstel. Enige donasies daartoe sal baie welkom wees dankie. Let asb daarop dat donasies nie ‘n vereiste is om die stories afte laai nie, dit is regtig gratis!

    U is meer as welkom om die wonderlike hulpbron te versprei soos u goed dink, om die Koningkryk van God uit te brei.

    Geniet http://www.thebookofluke.co.za !!! U kommentaar sal hoog waardeer word.

    Groete

    Jan Smit

  34. Lucile

    Hello Alexander,

    My name is Lucile. I’ a French student in my last year of Master. I’m working on the Afrikaans community in London. Actually, I would like to understand how strong South Africans living in London (or elsewhere in the UK) have with Afrikaans. Do they still speak that language? How many people speak it? I would like to know if South Africans living in the UK would like to get a TV channel broadcasted in Afrikaans.

    You seem to be particularly aware of Afrikaans community.

    Do you think you could help me? Do you think I could post a short survey on your blog? Or do you have a better suggestion for me to reach as many South Africans as possible?

    Thank you very much for your help!!

    Lucile

  35. Alexander Post author

    @Lucile, I’m very happy to help. I’ll email you and we can think about ideas but I’m also happy to post something on this.

    Edit: I’ve sent you an email from my Gmail account.

  36. Alexander Post author

    @Jan, dankie vir jou kommentaar en die inligting. Ek gaan luister en kyk en sal ‘n bietjie terugvoer gee.

  37. Jacques

    Dagsê Sandy (julle noem mos ‘n ou met die naam Alexander gewoonlik Sandy of hoe?)
    ‘n Engelsman wat homself Afrikaans geleer het! Man, dis nou interessant. As jy enigiets wil weet, van die oerknal tot evolusie, van politiek tot insektekunde of wat jy ookal aan kan dink, tree met my in verbinding – ek sal jou als vertel. Nie noodwendig die waarheid of korrek nie maar dit sal jou goeie oefening in Afrikaans gee.
    Groetnis
    Jacques

  38. Alexander Post author

    @Jacques, baie dankie vir jou kommentaar. Ek vermoed jy het die LitNet onderhoud gelees? Dis goed om van sprekders af te hoor, ja ek sal ‘n e-pos aan jou stuur want ek is opsoek altyd na geleenthede om te oefen.

  39. Adel

    Goeienaand Alexander,

    Veels geluk met jou uitstekende Afrikaans! Ek is getroud met ‘n Engelsman en soms voel dit asof ek my eie taal vergeet. Ons is nou al nege jaar hier in Engeland en ek skakel gereeld op RSG in net om weer bietjie my moedertaal te hoor.
    Geniet jou vakansie in Suid-Afrika in November.

    Groete,
    Adel

  40. Alexander Post author

    @Adel, baie dankie vir jou kommentaar. Waar bly jy nou in Engelend? Ken jy ander Afrikaanssprekers in jou area om mee te gesels?

  41. Fredrik

    Hallo weer! Ek wonder of daar darem ‘n Afrikaansgemeenskap is in Londen waar ek my Afrikaans kan oefen. Toe ek laasjaar in Londen gebly het het ek ‘n paar Suid-Afrikaners ontmoet en ek het geweet Londen het SA winkels en pubs.

    Nou het ek my eie land teruggekom maar ek sal in September weer Londen toe gaan en ek wil meer Afrikaansspelers leer ken.

    Alles van die beste! Groete van Beijing.

  42. Alexander Post author

    Fredrik, dis goed om van jou af te hoor. Ek sal ‘n e-pos aan jou stuur. Wanneer jy terug in Londen is sou dit goed wees om te gesels. Ek is altyd op soek na ander leerders en sprekers.

  43. Phil Jansen

    Hallo Alexander, dis Phil stigter en omroeper van Radio X5 Stereo. Ons is n onafhanklike digitale radiostasie en trots afrikaans. Ons saai wereldwyd uit en het tans 109 unieke luisteraars van Londen, asook van ander lande wat elke dag saam in luister. Ek hou van jou unieke skryf styl en dat jy ook Afrikaans op jou blog bemark.

    Graag verneem ek of jy nie dalk n potgooi vir ons unieke radio stasie will maak nie, wat dan weekliks uitgesaai sal word op Radio X5 Stereo.

    Ek hoor graag van jou.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam