Category Archives: Alexander

Net ‘n paar foto’s vir hierdie maand

Ek het niks om te berig nie so hier’s ‘n paar kiekies uit onlangse gigs wat ek bygewoon het. Soos jy kan sien, kan ek amper alles goed snapseed-eer.

Hopelik sal ek iets veel beter in Augustus skryf.

Rammstein speel in Coventry

“Coca-Cola, sometimes war”. Rammstein speel in Coventry

Sharon Van Etten speel in Brixton Academy

Sharon Van Etten speel in Brixton Academy. Haar groot skaduwee dreig soos ‘n vampier op die agtergrond

Het ek ander sprekers by die werk gevind?

Uiteindelik, goeie nuus! Dit lyk asof ek ander sprekers en belangstellendes by die werk in die staatsdiens gevind! Ek wag al jare lank om mense te vind, maar nou weet ek die name van ‘n klompie mense wat Afrikaans wil praat. Ons maak nou ‘n netwerk sodat ons kan gesels en by mekaar uithang in de ware of aanlynse wêreld. Daar bestaan ook ‘n groep wat Nederlands en Vlaams praat om mee te gesels.

Miskien is die enigste probleem dat ek nou een van die organisideers is. En ek weet dat een swakheid onder verskeie swakhede is dat ek nie goed enigiets kan organiseer nie. Op die ander kant is ek baie gelukkig en ek het veel planne en idees oor wat ons nou kan doen. Die belangrikste doel, vir my, is dat ek Afrikaans nou op ‘n gereelde basis praat.

Ek sal jou (en as ek jou sê, bedoel ek niemand want niemand lees meer blogs nie!) op die hoogte hou. Jy weet dis die waarheid.

Kan jy vertaal as jy ken nie?

Op Woensdag het ek na die Dutch Centre in The City toe gegaan om na ‘n gesprek te luister, Talking About Empire: Education and representation of colonialism in the Netherlands, Flanders, and the UK. Ek moet erken dat ek nie goed die beskrywing gelees het nie sodat ek nie reg verstaan waaroor hulle gaan gesel nie; ek het verwag dat hulle oor hul nuwe navorsing oor die tydperk in die onderwerp sou praat, oor wat hulle nou ken en uitgevind het.

Maar die waarheid is dat ek dit aand baie geniet het. Okei, ek was die raar man in ‘n pak wat op sy eie sit luister het want amper almal anders was jong studente wat Nederlands op universiteit studeer. Maar as jy die geld betaal dan gee niemand om nie.

Die onderwerp van die aand was die kwessie oor rassisme en kolonialisme en hoe nou hierdie onderwerpe in skole onderrig word en die situasie in België of hoofsaaklik in Vlaandere, Nederland en Brittanje. Veel mense deesdae wil sê dat al hul voorouers so arm was dat hulle niks met drie slawehandel gedoen het nie sodat hulle nou die good guys is. Ek het ‘n paar jaar gelede geskryf oor my besoek na die International Slavery Museum en wat ek gelees het oor die impak op die stad en land waaroor ons nie wil praat nie.

Hulle praat ook oor Quaco, ‘n stripman wat die verhaal oor ‘n Nederlands slawe vertel. Tydens hierdie deelte het die student wat die boek na Engels vertaal het, gevra, kan jy vertaal as jy ken nie? Dis seker ‘n goeie vraag want hulle vertaal die lewe van iemand wie se ervaring hulle ken nie. Ek was beïndruk dat hulle hieraan gepeins het.

Dis hele aand betref aan ‘n baie tydgennotlike kwessie en die ervaring van die sprekers was insigvol so ja ek het iets nuuts geleer.

Warm weer en oorlog

Hierdie week het ons almal die mooi warm son en die komende somer gevoel en baie geniet. Almal lyk gelukkig en staan in groepe op die straat buite kroeë of sit in die parks sonder om jasse te moet dra. Sonskyn in Londen is heel mooi en vanwege die einde van die pandemie (in die waarheid, word elk dag nog duisende mense met die siekte gediagnoseer…) word tans al die beperkings verwyder en jy vergeet dat net ‘n paar duisende myl weg twee lande in ‘n grusame oorlog veg.

Maar die virus is nog ‘n groot gewaar vir ons almal. Hierdie week in die kantoor het ‘n kollega vir ons gesê dat sy nie gesond gevoel het nie maar sy het ook nie meteen huis toe gegaan nie. En toe, het sy gebel om vir ons te vertel dat sy die virus gevang het. Ek is baie kwaad oor haar gedrag dat sy besluit het om in die kantoor te bly werk met die risiko dat sy die virus kan laat versprei. Ek het nog nooit die virus gehad het nie (ek weet nie hoekom nie) maar mense vertel oor hul ervaring van die siekte en dit klink afskuwelik. Hulle sukkel om asem te haal en op te staan, en hulle is jong, gesonde mense.

Ek lees die hele tyd oor die Russiese inval in Oekraïne. Ek vermy die uitdrukkings soos “die situasie in Oekraïne” of “die oorlog in Oekraïne”; dis ‘n onwettige aanval deur Rusland. Dit lyk my dat hierdie oorlog die eerste moderne “meme-oorlog” is en ek erken dat ek Twitter lees en twiets uit die Oekraïense regering en onafhanklike onderhouers laaik. Dit laat my lag, wat ‘n baie eerste wêreld reaksie is, as Oekraïense boere in tractors Russiese tanks steel. Ek glo dat ek nou die hele pers bedryf en ook elke blogger in Oekraïne op Twitter volg. Word ek stilweg gewoond aan grusame en hartbrekende beelde van mense wat soveel ly op Twitter, sonder om gevoelens te voel? Ek twyfel dit, maar ek sou só sê nè?

Onder is ‘n foto vanaf Blackfriars stasie. Soms in die oggend op pad werk toe, neem ek die trein soontoe omdat die perrons oor die rivier strek en jy kyk uit oor ‘n pragtige uitsig van die sonop en skaduwee. Die laat my goed voel om die dag hiermee te begin.

Die Teems in die oggend

Die Teems in die oggend

Oorlog in Europa

Ek neem nog ‘n ander week op verlof en soos veel mense kyk-kyk ek my foon om Twitter, Guardian en die nuus oor die aanval op Oekraïne te lees. Dit lyk afskuwelik vir die mense wat óf nou vlug óf in die land bly. Dis hard om te glo wat tans plaasvind.

Ek was op universiteit in Engeland gedurende die oorlog in die voormalige lande van Joegoslavië. Ek onthou in 1995 toe ek in die somervakansie gewerk het en hoe in die aande ek na die nuus gekyk het wat so gru en boosaardig was. Ek het moderne geskiedenis gestudeer dus kon ons skryf opstelle en eksamens oor destydse gebeurtenisse. Ek was ‘n bietjie lui en ongemotiveerd, wat ‘n jammer was, maar ek stel al lang tyd ‘n groot belang in die onderwerp en lees altyd boeke en berigte oor hieroor.

Op die naweek het ek verby die ambassades van beide Oekraïne en Rusland geloop, wat baie naby elkaar gelë is. ‘n Klomp Oekraïners staan buite hul ambassade met vlae en wil hul steun gee. Buite die Russiese een het veel mense graffiti ensovoorts geskryf maar alles was stil sonder betogers of onderhouers. Tussen die twee staan ‘n standbeeld van St Wladimir of St Volodymyr – daar bestaan ‘n debaat oor sr regte naam maar persoonlik vind ek sy naam in moderne Oekraïens Володимир Святославич baie mooi.

Wladimir I van Kiëf

Wladimir I van Kiëf

Planne vir die komende week

Ek neem môre ‘n week verlof waarna ek al lank tyd baie uitgesien het. Die weer word nou mooi, nie baie warm, natuurlik, maar nietemin die son skyn en dis seker nie windig nie. My planne bestaan uit om na die bioskoop te gaan, miskien om uit te Londen te trek en om rond die stad te loop en ek mag tot later in die bed lê. Nes ‘n tipiese naweek in Londen so niks nuuts.

Ek is van plan om in April na België en miskien na ander lande te gaan. Ek het reeds kaartjies gekoop maar ek wag totdat ek uitvind of ‘n mens coronavirus toetse sal moet hê of sal moet isoleer in geval dat jy die virus in die buiteland kry. Dat sou ‘n groot probleem wees as ja vir beide gevalle.

Ek studeer nog steeds Nederlands en ek glo dat dit my Afrikaans help veral sekere gekompliseerde grammatika aspekte waaroor ek nie vroeër gedink het nie; sonder om my foute te geweet het, weet ek nie waarop my fokus moet sit nie. Ek merk die verskil in die uitspraak van veel geluide, veral ui wat in Nederlands klink baie aan dié in Engels. Sommige woorde ook het verskillende betekenisse in Nederland, miskien die oorspronklike sin, en daar Engelse leenwoorde lyk anders as dié in Afrikaans. Miksien is hierdie laaste opmerking verkeerd en ek weet nie die etimologie or roete waarmee die woord in die twee tale gekom het, maar in Nederlands sien jy veel meer Franse woorde. Maar die waarheid is ek verkies baie die spelling hervorming van Roeland Kollewijn.

So nou moet ek ‘n plan maak oor hoe ek beide taal sal bly studeer – en sprekers van Nederlands vind – saam met al die ander tale wat nou ek wil leer.

Môre kom die nuwe jaar

So dit is nou oujaarsaand en ek maak planne om by vriende te kuier. Miskien dink ons terug na 2020 en alles wat ons nie toegelaat was om te doen nie, maar ons het veel oujaarsaand ervaar so sit my fokus op de ander jare toe ons alles gedoen het.

Ek is nie van plan vir 2022 nie; ons moet net wag om uit te vind wat gaan plaasvind. Ek het geen besonderlike kennis of insig nie so moenie na my luister nie (en niemand lees) maar ek sal beslis weer Afrikaans studeer en sal meer aanlynse lesse koop. Daar is ander tale wat ek sê ek wil leer maar doen niks, so dalk sal ek begin. En later, wie weet?

Hoe lekker om Afrikaans weer te gesels

Verlede week ontmoet ek in ‘n kroeg ‘n vriend uit Kaapstad wat ek nie jare lank gesien het nie. Hy was van plan om Londen te besoek maar weens die nuwe Britse bezoek en immigrasie reëls – “Global Britain” en sy vyandige omgewing – was hy eers nie toegelaat om hierso te kom nie. Uiteindelik het hy alles reg gemaak dus was dit ‘n lekker verrassing om op die rivier te sit en te drink en te gesels.

Ek het lankal geen Afrikaans gestudeer nie maar ek verbaas my oor hoe maklik ek sonder probleme kon praat. Ja ek weet ek weet baie – en ek weet hoeveel ek weet nie – maar ek praat slegs ‘n handvol Engels oor die twee ure dat ons by mekaar gekom het soos ‘n spiergeheue.

Natuurlik bly gesproke Afrikaans, veral as iemand snel praat, soms ‘n moeilikheid maar ek volg alles, ek dink. Ek studeer tans, of regtig speel, de Nederlands kurus op Duolingo dus vra ek my hoeveel dit help om my kennis te hou. Ek vermoed ja, maar ek weet terselfdertyd dat ek sukkel om Nederlands te praat en te skryf; ek probeer ‘n bietjie by die werk te gebruik maar gelukkig praat die ander oukes nog slegter Nederlands as ek.

Ek moet meer geleenthede vind om te praat want ek geniet dit baie. Ek skryf aan de organiseerder van die Nederlands network by die werk om te vra oor Afrikaans ensovoorts maar tot dus ver skryf hy nie terug nie. Ek glo daar ten minste een Afrikaansspreker by die week maar maar ons werk betrekt nie aan mekaar nie so sal ek ‘n plan maak.

So ja dit was mooi om my ou maatje te sien en om so lekker te gesels.

Die weer word nou koud

Ek sien dat die winter nou kom as die dae donker en kouer word. Miskien vyftien jaar gelede was Oktober veel kouer as deesdae en ek moes ek ‘n sware jas en ‘n hoed en handskoene dra. Ek onthou toe ek vir ‘n bus wag en as ek geen warm klere het nie dan het ek probleme gehad. Dit was destyds so koud snags!

Ek dink hieroor want elke aand is die stad vol mense wat in kroeë en restaurante bymekaar kuier. Ons merk nie dat die bestaan bestaan nog steeds nie of dat elk dag meer en meer mense ‘n positiewe toets uitslag vir die virus kry. Ek is twee keer ingeënt en ek glo dat ook al my vriende is – niemand erken of hulle weier om die inenting te hê nie – en soos ander mense gaan ek uit, maar ek vra myself hoe veilig is ek en maak ek die regte beslissing. Dit lyk my dat die plan is dat ons ons normale lewes leef en hoop dat ons nie siek word nie.

Ek glo nie of dat die regte idee is nie en ek dra altyd ‘n masker maar op die moltrein in besonders maak minder en minder mense dieselfde. Mense begin te vergeet om hul hande skoon te maak. Mense nies en hoes asof die virus as net maar ‘n ding uit 2020 waaroor ons nie meer bekommerd moet wees nie. Ek wag nou vir my derde inenting, maar ek weet dat to nou soveel mense nie ewe hul eerste inenting gekry het nie.

Laat ons sien wat in November plaasvind.

Dis nou die herfs en die somer is maar ‘n geheue

By die werk is ek lid van ‘n netwerk van taalliefhebbers en leerders by die werk, wat elk week ‘n aanlynse vergadering en lesing hou. Ek sien baie elk week daarna uit en die lys gaste is indrukwekkend en insiggewend – ‘n ambassadeur, ‘n Vlaamse politikus, ‘n joernalis en kenner oor Rusland. Ek is glo die enigste lid wat Afrikaans praat – ek het die organiseerders gevra – en ook niemand berig dat hulle Esperanto praat nie.

Tydens een lesing praat twee lede, wat nie Engels as moedertaal praat, het die ou cliché gesê dat buitelanders beter Engels as die Engels praat en dat hulle die Engels van hul Engelstalige kollegas moet korrigeer.

Hierdie twee gedagtes pla my baie. Op die een kant en as jarelang leerder van ‘n vreemde taal, weet ek die verskil tussen boek taal en die taal wat ons elke dag in ons lewes praat. Ek hou baie van dié ou woorde wat deesdae deur Engelse woorde (die anglisisme) verplaas is. Die korrekte grammatika is baie pret om te leer en te sê, maar ek weet dat hierdie baie oudmodies laat klink. Dis mos te formeel vir die straat of sosiale media. Maar die idee dat ek beter Afrikaans kan praat, vanweë hierdie voorkeure, is belaglik.

Die tweede idee is omstrede, dat jy ander mense se taal mag of moet korrigeer. Taal laat ons onsself uitdruk. Dit dui aan ons lewe, ons verhaal en ons agtergrond, ons sosiale klas (en as ons oor Brittanje praat, betref alles aan klas!) ensovoorts. Wanneer mag jy mense korrigeer? Almal glo dat hulle gelyk het en dus sal die ander mense (wat gekorrigeerd word) jou hulp waardeer. By die werk moet ons altyd ander mense se skrywes redigeer en verander so in hierdie konteks verstaan ek soms, maar konteks is alles – en jou idee van verfynde taal is meer belangrik as iemand ander se taal gebruik. Maar gesproke taal is heilig, veral variente (ek verkies meestal hierdie beskrywing bo dialekte) en aksent.

Dit herinner my aan die raad vir mense (gewoonlik sprekers van groot, Westerse tale and dikwels Engels) wat baie klein, inheemse of uitstorvende tale (soos die inheemse Australiese of Noord-Amerikaanse tale) wil leer. Dikwels waardeer nie die moedertaal spekers hierdie nuwe leerders nie. Dis weens ‘n neiging van sommige leerders om hulself te gedrag asof hulle die wagters en redders van die taal is, wat dit beter ken. Geen vergelyking is honderd persent dieselfde. Dit kan nooit wees nie. Ek ervaar soms hiedie met Afrikaans dus leer ek om te verswyg. Selfs sonder om te kultuur tot ‘n hoë vlak te ken, behoort die taal aan almal, insluitend leerders wat groot bydrae maak, maar vir moedertaal sprekers speel hul taal so ‘n baie belangrike rol aan hul identiteit.

Ek is van plan om ‘n paar lesse op iTalki te koop want ek praat al byna een jaar lank geen Afrikaans nie, maar vir nou studeer ek Nederlands.

Amper vier maande tot die volgende publieke vakansie

Somer en mooi weer is nou verby as ek besef skielik weer dat ons nou vir amper vier hele maande moet werk totdat ons die volgende publieke vakansie dag – Kersfees – sal geniet. Dit voel vreemd dat ons vir so lank tydens die dae en nagte moet wag, wat langer en kouer raak sonder enige vakansie.

Dit lyk jy werklik voel dat somer nou, vir hierdie jaar, verby is. Dit voel so sterk om hierdie feit te besef. Somer is die hoogte punt van die jaar. Die August bank holiday weekend voel iets besonder. Jare gelede het ek elke keer na die Reading Festival (die stad in suidoos Engeland en geen boekfees) gegaan, en toe na die Notting Hill Carnival (padkos en blikkies, musiek en lawaai) op die Maandag. As die weer mooi is, wat gewoonlik die geval is, is al die kroeë vol, loop mense met drankies en gons die parke met groepe vriende.

Terselfdertyd, het ons nou min beperkings wat alles terug weer soos normaal laat voel. Op die een kant dra die meeste mense maskers op die moltrein en trein, op die ander kant gaan ek binnekort weer na concerts met vriende wat hierso uit die buiteland kom. Persoonlik het ek nie verwag dat ons so gou sulke dinge mag doen nie. Egter is ons al bereid om soos die oue dae weer te lewe?

Hier’s ‘n paar kiekies uit my somer.

Die loop na Southend Pier

Die loop – of treinrit – op Southend Pier, twee kilometers ver weg

Suid-Afrikaanse drankies

Suid-Afrikaanse drankies. Ek niet nie al Buffelsfontein brouery nie

Die somer en vakansie

Die vakansietyd kom nader en ek sien baie daarna uit. Hierdie jaar, nes verlede jaar, werk ek so baie dat ek amper geen verlof neem nie. Die weer is some mooi en warm en die verwydering van die sosiale beperkings.

Aan die een kant, laat dit my goed by die werk lyk. Dis vreemd om te berig dat ek nou my werk baie geniet. Omdat ek deur die hele pandemic in die kantoor bly werk het, geniet ek die stilheid en die feit dat ek my roetine skaars verander het nie. Ek bel mense – en mense bel my om my iets te vra of om my hulp aan te vra; ongewone tyd! Ek geniet om behulpsaam en ‘n bron kennis te wees, dis voel heeltemal nuut!

Aan die ander kant, wil ek die ‘n breek neem. Ek wil slaap en sit weer in die son, sit in koffiehuise en restaurants, kyk en loop rond. Ek wil museums en die wildtuin weer besoek, ek wil ‘n bietjie werk op my tuin doen en die life admin rangskik. Ek wil op die strand loop of in die see kom. Ek wil uit Londen ry en besoek klein dorpies en sodat ek soos ‘n reisiger in my land voel.

Soos altyd wil ek ook ‘n nuwe vaardigheid leer en ek wil nou die Cyrilliese skrif studeer. Ek studeer ‘n paar Russiese lesse op Duolingo en sonder om die skrif te kan lees gaan ek min vordering maak. Ek het die Griekse skrif op skool geleer so nog ‘n ander skrif sal nuttig wees. Terselfdertyd studeer ek Nederlands elke dag sodat nou moet ek Nederlandssprekende vriende vind om mee te gesels.

‘n Nuwe tentoonstelling

Ek lees ‘n paar artikels oor ‘n nuwe tentoonstelling in Amsterdam oor ‘n aspek van Nederlandse geskiedenis waaroor min mense praat, Slavernij/Slavery, in besonders A new exhibition illuminates the history of Dutch slavery in The Economist.

Hierdie tentoonstelling betref aan Suid-Afrika, Afrikaans en ook Brittanje, en hierdie tydperk van die geskiedenis van Nederland interesseer my baie. Hoe ouder ek raak, hoe meer ek erken dat dié wat my interesseer, was nie so goed vir baie mense wat dit ervaar het nie. Hierdie debat is voel baie eietyds.

Toe ek Nederland en slawe: die ménse-stories, van Asië tot Suid-Afrika (en Brasilië) in Vrye Weekblad lees, sien ek hierdie foto van ‘n beeld wat interesseer my.

Augustus van Bengale hou Hendrik Cloete se pyp vir hom, c. 1788.

Augustus van Bengale hou Hendrik Cloete se pyp vir hom, c. 1788.

Die man aan die regs is Hendrik Cloete, wat ‘n voorvader van my familie is – ek reken dat hy my groot-groot-groot-groot-groot-groot-oupa is (dis nie my familie naam nie). Hy is te ver terug in die geskiedenis om iets op my lewe te bedoel en ons wat nou in die huidige staan, het geen rol in die voorouers se lewes gespeel nie. Terselfdertyd verbind dit my ‘n bietjie aan die verlede. Ek weet al baie lang tyd dat my Nederlandse/vroeër Suid-Afrikaanse voorouers slawe besit en behandel het.

Die verandering in my persepsie is dat ek nou vorentoe gaan van ‘n kennis van die verlede na ‘n bietjie meer verstanding van die verlede. Ons kan nie heeltemal die lewes of ander mense verstaan nie, maar ek dink ons moet die impak van hul aksies erken. Ons is onsself nie skuldig nie maar ons moet ook die lewes leer ken van dié – slawe en slagoffers – wat deur ons voorouers gely het, mense wat ons vroeër nie geweet het nie. Ons het nie geprobeer om oor hulle te leer nie want ons het vroeër hulle nie as belangrik beskou nie.

My ouma en ek het ons eie navorsing oor die Suid-Afrikaner families gedoen en ek vind stambome uit die Lae Lande, die Duitse lande, Frankryk, Brittanje onder andere. Ek vind nog nie voorouers uit die lande waaruit die VOC slawe behandel het nie; ek twyfel nie dat hulle bestaan nie want my navorsing is nie heeltemal klaar nie. Ek stel geen belang in om ‘n DNS-toets te doen om die besonderhede te vind nie. Een klein gedeelte van DNS is nie beter as ‘n ander klein gedeelte nie. ‘n Mens het geen nodig om hul DNS te weet sodat hy of sy ‘n belang het of is bewus nie.

Ongelukkig weens die pandemie kan ons nie maklik oorsee reis nie en ek is bekommerd dat ek nie die tentoonstelling sal kan bekyk nie.

‘n Paar dae vakansie in die son

‘n Paar maande gelede het ek ‘n bewusse beslissing gemaak om geen Afrikaans vir ‘n rukkie te studeer nie. Ek studeer nou al meer as twintig jare lank en weens ‘n aantal redes het ek ‘n bietjie entoesiasme verloor het.

Aan die een kant is ek ook nou baie besig by die werk so het minder tyd en energie om te studeer. Dis vreemd omdat dat op byna die eerste keer in my werkbaan hou ek baie van my werk en ek word ambisieus, maar ek kan nie dieselfde fokus vir tale hou nie. Ek blameer die pandemie. Aan die ander kant, sonder om met ander sprekers te kan sosialiseer en te praat, het ek geen geleentheid om te gesels nie.

Ek studeer nou Nederlands al meer as vier maande lank; okei die waarheid is dat ek op Duolingo met die Nederlandse kursus speel. Ek het vroeër hieroor geskryf. Hoe meer ek studeer (speel), hoe meer ek verstaan die verskille tussen die twee tale. Daar is aspekte wat in Nederlands nader aan Duits is, wat in Afrikaans nader aan Engels voel. Ek is geen taalkundige nie dus is my perspektief ‘n bietjie af. Miskien die feit dat ek Afrikaans al so veel jare lank gestudeer het, beteken dat vir my is dié taal die basis vir hoe ek vreemde tale (of tale wat nie Engels is nie) verstaan. My kennis is beide beter as ek weet en terselfdertyd ook nie so groot of goed as ek wil hê nie.

Ek sukkel op sekere aspekte van Nederlands. Die grammatika, veral die rol van geslag vir naamwoorde, is meer kompleks. Die ander ding is om ander sprekers te vind, wat presies dieselfde uitdaging as met Afrikaans en ander tale is. Persoonlik hou ek nie van aanlynse ontmoetings nie. Dit lyk my ‘n bietjie ongewoon dat introverts nou baie van aanlynse gebeurtenisse hou en ekstroverts soos ek haat daardie gebeurtenisse. Ek lees die verhale van mense wat ‘n nuwe taal tydens die pandemie geleer het wat nou baie paasievol daaroor is en wat nou nuwe kringe vriende gemaak het. Ek is ‘n bietjie jaloers op hulle.

Dit voel asof niks gebeur het nie

Dit voel nou asof die somer amper hier is, die son skyn en ons mag buite gaan kuier met vriende. Dit voel ‘n bietjie vreemd om soveel mense te sien; Ek werk soos altyd maande lank op kantoor en sien ek nou al hoe meer mense op straat of op kantoor. Die kroeë, restaurants en winkels staan nou oop en vol mense en dit laat ons almal baie gelukkig voel.

Onlangs het ek in St Dunstan-in-the-East besoek, wat ek nie vroeër geken het. Gewoonlik hou ek van die lawaai en al die mense, maar na alles wat gebeur het waardeer ek nou die geleentheid van stilheid.

St Dunstan-in-the-East

St Dunstan-in-the-East