Ou posseëls en taal

Die ander dag staan ek en suip buite ‘n kroeg met ‘n vriend toe ek in die venster hierdie twee posseëls op ‘n plakkat sien. Dit was vreemd op hierdie twee posseëls by London School of Economics te sien maar jy vergeet soms dat stukkies tale op so veel overwagte verskillende maniere verskyn. Soms is jy vol hoop dat jy die taal sal vind en daar’s niks. Op ander kere kom jy op die taal wanneer jy dit nooit sou verwag het nie.

Herken iemand die dorpie naam op de poststempel, sê dit Klerksdorp?

‘n Paar dae vroëer het ek en ‘n vriend na ‘n Meetup gegaan vir mense wat vreemde tale wil oefen. Dis geen verrassing om te berig dat niemand Afrikaans gepraat het nie. Die mense wat die groep bestuur sê daar’s ‘n mens wat die taal ken, wat bywoon maar in my ervaring kom ek elke keer op dieselfde dag as hy weg is. My Suid-Afrikaanse vriend sê dat niemand buite Suid-Afrika die taal leer of wil praat en alhoewel ek hoop dat hy verkeerd is, weet ek hy is heel reg.

'n Ou posseël
‘n Posseël in ‘n venster
Posseël uit Suid-Afrika
Kan jy die poststempel herken?

Die vlae wapper

Ek loop vandag in Parliament Square langsaam die Parliament om hierdie vlae te sien wat in die warm lug en son wapper. Hierdie merk die Konigin se amptelike verjaardag wat deur Trooping the Colour op die komende naweek gevier word.

Hierdie vlae is dié van die Britse Kroongebiede – Eiland Man, Jersey en Guernsey en die kleine eilande – en dié van die Britse Oorsee Gebiede – beide groepe is klein onafhanklike gebiede van Brittanje of die Kroon. Ek is presies die tipe oke wat hierdie wil sien – die oudmodiese blou Britse vaandel met ‘n wapenskild of ‘n ander vreemde ontwerp wat min mense ken. Die ware toeriste stel geen belang nie maar hulle mis ‘n klein stukkie Britse geskeidenis.

Vlae wapper
‘n Klassieke toeriste kiekie – die Elizabeth-toring en Big Ben staan in die agtergrond
Meer vlae, wapper
Min bekende vlae word deur toeriste geïgnoreer

Nog ‘n ander verkiesing

Volgende week gaan ek weer stem en hierdie keer in die algemene verkiesing. Ek voel geen entoesiasme nie want ek dink almal is nou gatvol weens hierdie is die derde keer in drie jare dat ons moet gaan stem. Hierdie keer voel mense nou meer gemotiveerd maar ek kan sê dat ek my vriende se optimisme deel neem nie. Party van hulle voorspel ‘n groot verandering, ‘n groot verrassing wat amper iets religieus of geestelik is. Jy besef dat ons almal nou net saam met ander mense soos onsself praat dus elke keer sê julle dieselfde dinge en stem saam, raak jy sterker in jou geloof. Ek is net moeg.

Okei so nou skryf ek my eie voorspelling. Ek dink ons gaan in 2017 twee algemense verkiesings sal hê en die huidige eerste miniser sal nie nog steeds die pos op die einde van die jaar hou nie. Ek het geen rede om hierdie te dink maar aangesien dat soveel mense ‘n fanstasie uitslag resultaat voorskryf so maak ek ook myne. Onthou dat ek hierdie op die eerste keer voorspel het. Dis juis ‘n jammer dat ek wed nooit.

Kan ek Frans goed praat?

Ek skryf ‘n paar maande gelede oor my pogings om Frans te leer en nou het ek die kursus voltooi.

Frans op Duolingo
‘n Ander kursus wat ek voltooi het

Seker help dit my dat ek Frans op skool moes leer en dus onthou ek veel. Ek vlieg deur die lesse en dan begin ek om alles te herhaal. Voor ek begin het was ek ‘n bietjie skepties hieroor, ek het nie geglo dat ‘n rekenaarspeletjie so goed kan werk nie. Ek speel nie rekenaarspeletjies (okei ek speel some nog steeds Chuckie Egg wat ek meer as vyf-en-dertig jare verlede as laatie begin speel het) maar nou dat ek ander aalynse leerbronne gebruik het, is ek ‘n sterk onderhouer van Doulingo.

My fokus is op Frans en Esperanto noudat ek die kursusse voltooi het en ek wil tot die volgede vlak kom bo vlak 14 waarop ek tans sit. Terselfdertyd leer ek ‘n bietjie Duits en ook Nederlands. Duits want ‘n ander vriend leer en ek het die taal al twee jare in nagskool geleer voordat ek opgehou het. Ek ken reeds genoeg sodat ek voorder vinnig. En Nederlands want ek dink, ek ken genoeg Afrikaans so laat my sien hoe moeilik en anders hy is. Die antwoord is dat die twee tale in die waarheid verskillende tale is. Ek maak foute in Nederlands want sekere woorde en beslis die spelling anders is. Soms maak ek domme foute want ek lees die vraag verkeerd of ek skryf Afrikaans so ek moet op elke taal fokus.

Die enigste probleem wat ek tans ervaar is dat ek min Afrikaans leer. Ek sukkel nou ‘n bietjie om te onthou want ek nie geneog tyd vind om Afrikaans te leer nie. Op die ander kant sien ek hoe sommige woorde in verskillende tale dieselfde is en ek leer die etimologie. Hoe help my hierdie kennis? Ek voel soms asof ek net ‘n regte antwoord moet gee as ek feitlik nuwe stukkies inligting leer. Die herhaaling laat my die woorde en talwette onthou maar sal ek ‘n gespek kan hou?

Oefening en idees

Op die naweek besoek ek vriend wat ek nou baie selde sien want sy het nou jong kinders (wat Afrikaans kan praat) en dis ook ver om te ry, maar ek is altyd gelukkig dat ek gaan. Dis ook ‘n skaars geleentheid om Afrikaans met ander mense te gesels en alhoewel hulle Afrikaanssprekend is en dus praat beter Afrikaans as ek, ek hou daarvan om saam met Afrikaanssprekers uit te hang en te luister. Ons staan en braai in ‘n Londense tuin, ‘n klompie mense met blikkies bier wat Afrikaans praat.

Ek weet dat hoe min ek praat hoe min ek maklik kan praat. Ek het nodig oefening. Een ding wat ek nou doen, is om DVDs met die Nederlandse onderskrifte te kyk. Weinig DVDs bied Afrikaanse onderskrifte aan, daaroom moet ‘n man improviseer. Wat ek besef is dat ek goed kan lees en verstaan. Die woordeskat is natuurlik ‘n bietjie anders en die vertalking tussen Engels, Nederlands en Afrikaans is nie altyd presies nie, maar mense së hierdie ook oor vertalings tussen net twee tale. Ek skryf neer nuwe woorde wat ek later moet leer. Hierdie is beslis een voordeel van Afrikaans wat ‘n verwante taal hê as ‘n naslaangids. Ek skryf hieroor want dis een van die mees nuttige stukkies raad wat ek weet. Okei dis baie spesifiek aan Afriaans maar ek kan maar gee die raad wat ek het.

Ek lees nog steeds veel van die blogs van die poligot gemeenskap wat advies uit gee. Ek lees die e-posse en ek erken beslis veel goeie idees, maar terselfdertyd merk ek hoe die klem lê meer op boeke en kurusse wat hulle verkoop en minder op hul ervaring en vooruitgang. Ek lees dat mense tale leer, maar ek wil lees oor hoe en wat hulle leer. Ek wil lees hoe goed hulle hierdie nuwe tale keb. Dit blyk te wees dat slegs Esperantosprekers blogs gebruik sodat hulle kan oefen en versprei die taal ver.

Die gebrek aan ‘n sentrale internet forum vir Afrikaans is ‘n nadeel, wat leerders oor die hele wêreld lok. Die gebrek aan leerders is ook ‘n swakpunt. Hoe ons nodig het ‘n Duolingo kursus.

‘n Loop langs die rivier

Ek loop vandag langs die Thames Path in die warm sonskyn op die eerste dag van ‘n paar dae verlof. Ongelukkig is my kiekies niks merkbaar nie so onder is een as ek op die wal by die rivier by die Town of Ramsgate kroeg.

The Shard
The Shard ver in die afstand van die wal van die Teems in Wapping

Ek loop verby die ou dokke wat in die verlede besig vol handel en skepe wat oor die hele wêreld vaart, was. Die skepe is nou ver in die verlede. Deesdae is die dokke óf ingveul óf vol seiljagte en private skepe. Die pakhuise is nou hernu as woonstelle en veel van die area is herbou ná die Tweede Wêreldoorlog. Ek wou graag in hierdie areas bly, wat nou stil en ‘n bietjie verfynd voel en net ‘n kort afstand van al die besigheid van die stad. Die woonstelle kos seker meer as ek kan bekostig so ek kan maar droom. Vandag ek loop en luister na podgooie in die lekker son en voel baie ontspan.

PIeter I van Rusland
Inskrywing by die standbeeld van PIeter I van Rusland

Die Ander Kant

Ek kyk vandag Die Ander Kant deur Mercy Kannemeyer nadat ek daaroor gelees het toe ek in die bibliotheek was.

Ek het dit baie geniet en nie net want ek goed alles kan verstaan nie. Die huidige taal debaat is buite my kennis, maar as belangstellende weet ek hoe belangrik dit is dat jong mense in hul eie taal – enige taal – op skool geleer word en dat daar univesrsiteite bestaan waar die onderrigtaal hulle s’n is. Ek is ‘n Engelssprekende outjie in ‘n Engelstalige land so hierdie kwessie betref nie direk my situasie nie.

Een ding wat ek oor die video hou is hoe dit maak duidelik dat Afrikaans ‘n taal van miljoene mense is wat aa veel verskillende groepe behoort. Ek kyk op YouTube byvoorbeeld en vind deesdae veel meer Afrikaanse video’s as in die verlede wat my hoopvol vir die toekoms van die taal laat voel deur te sien dat geneog mense nuwe kuns vir hul taal gemeenskap wil maak. Daardie is ‘n groot motiveering vir my as ek my aandag terug na Afrikaans draai.

Hoe gaan alles oorsee deesdae?

Op die naweek was ek terug in België want ek gaan na ‘n musiekfees in Hasaelt in die Vlaamse provinsie Limburg. Hierdie was my eerste besoek oorsee ná die bomontploffings en terroriste aanvalle in Brussel in Maart.

Brussel Centraal
Op die perron in die spoorwegstasie Brussel Centraal

Hierdie is ook my eerste besoek oorsee nadat Brittanje gestem het om die Europese Unie verlaat. Ek het In gestem, om ‘n lid te bly en die uitslag was beide ‘n groot verrassing en ‘n groot teleurstelling. Ek is nog steeds baie bewus aan hierdie resultaat. Mense oorsee lees oor onlangse gebeurtenisse in Brittanje oor hoe die atmosfeer verander het. Nou voel veel buitelanders nie meer veilig in hierdie land nie. Ek is skaam hieroor en dit beskryf nie ‘n beeld van my land waarvan ek hou nie.

Gare de Bruxelles-Central
Gare de Bruxelles-Central

Ek stap op die paaie van ‘n verskillende stad, sien vreemde winkels en hoor uitheemse tale en aksente. Die gevoel oor om op vakansie te ontspan is lekker in ‘n stad wat ek herken. Ongelukkig is ek onsuksesvol toe ek Frans praat. Die ander buitelanders ook, veral dié uit Spanje wat ek hoor, praat Engels met die kelners en baristas. Tensy jy Frans baie goed ken, moenie dit praat nie maar ek voel onbeskof as ek onmiddelik Engles praat sonder om te vra. Ek dink of Esperanto sou my help maar besluit nie om te probeer nie.

Maar ek vra myself of alles ook ‘n bietjie anders voel. Hierdie stad is sinoniem vir die EU. Is mense minder vriendelik toe hulle nou my aksent en taal hoor? Is hulle suspisieus of gee hulle nie om oor ons nie? As buitelanders ‘n bietjie ongemaklik begin voel, is mense ‘n bietjie versigtig vir ons? Ek dink aan verlede vakansies toe mense was meer spraaksaam en wou in Engels gesels. Nou begin ek soos die buitestander voel, meer bewus dat ek in in ander land is en ek vermoed hierdie gevoel gaan sterker word.

In Brussel-Zuid spoorwegstasie ek loop deur Britse immigrasie vir die Eurostar en die beampte kyk na my paspoort en vra of ‘n dubbel-nasionaliteit het. Ek is baie deurmekaar en beantwoord nee, wat waar is. Hoe weet hy dat my pa uit Suid-Afrika kom? Ek vergeet dat hy na my geboorteplaas in my paspoort verwys want ek is oorsee gebore. Dit was ‘n baie vreemde vraag. Was hy net verveeld en nuuskierig? Of is dit ‘n teken dat in die toekoms die staat, my staat, baie agterdogtig sal wees teen buitelanders of mense wat ‘n bietjie anders lyk?

Hoe ons kommunikeer in ons eie taal met andertalige mense

Gister lees het hierdie artikel op die BBC, Native English speakers are the world’s worst communicators wat my baie geïnteresseer het.

Engelssprekers is onverstaanbaar
Is dit waar, is ons so sleg?

Ja dis seker waar dat Engestalige mense gewoonlik geen ander tale praat nie dus praat almal Engels met ons, en onder mekaar as lingua franca. Hierdie lei tot die tipe probleme wat die artikel beskryf. Ons praat te vinnig, ons woordeskat is te verspreid sodat slegs ons alles verstaan, en ons gebruik idioom wat ander mense nie ken nie.

Alles is waar. In Engels – en ek vermoed alle tale – moet jy verander hoe jy praat en pas jou styl aan die ander mens. Ek bedoel nie jy praat soos sekere Engelstalige mense asof die ander mens ‘n bietjie af is, “YOU. SPEAK. VERY. GOOD. ENGLISH… GERMAN. BEER. IS. VERY. GOOD.” Ek het amper seker op geleenthede só gepraat en ek weet nou hoe onnuttig ek klink.

Maar ek dink meeste mense probeer nie om onbeskaf te wees nie of om te gering nie. Jy word gewoonte aan die feit dat buitelanders Engels praat. Daar’s ‘n teorie dat as jy Engles praat, gee jy eintlik die hele tyd gratis Engelse lesse aan ander mense veral as jy probeer om hulle taal te leer en my ervaring van taal omruil grope bevestig hierdie punt.

Jy hoor en lees soveel mense sê dat glo “buitelanders beter Engels as Engelssprekers praat” sodat soms mens dink dat dit waar is. As moedertaalspreker ken jy idioom en uitdrukkings, die breë woordeskat met die subtiele verskillende betekenisse, jy ken die aantal aksente en dialekte en kan vinnig en maklik praat, en hoor en verstaan ander sprekers. In ander woorde op ‘n vlak wat veel mense wil bereik. Hierdie is een punt dat die artikel maak. Ek praat ‘n formele vorm van boek Afrikaans. Dis beter as veel Engels Suid-Afrikaners se Afrikaans (al my tjommies) maar hulle sê makliker die klanke en verstaan die kontekste en konnotasies van woorde wat ek moet net leer.

Na my mening praat Afrikaners, Skandinawiërs en Nederlandssprekers (Nederlanders en Vlaminge) die beste Engels. Amper elke studie wat ek lees noem nie Afrikaners in die lys nie, jammer maar hulle vergeet julle. Op die ander kant ken ek Spanjarde en Duitsers onder ons groep wat na gigs oor Eupora reis, wat swak Engels praat. Hul Engels is nog steeds veel beter as my Duits of Spaans ek moet sê. So wanneer ek met hulle praat maak ek die punt om in ‘n duidelike weg sodat hulle verstaan en nie voel uitgelsuit nie. Ek hoop hulle weet dat ek hulle wil insluit.

Nou hierdie bring my tot my punt. Wanneer ek met Afrikaners praat, sukkel ek om hulle te verstaan. Ná meer as agtien jaar het ek probleme om gesproke Afrikaans te verstaan. Nou my geleenthede om te praat is baie beperkte want Afrikaans is ‘n klein taal in die buiteland. Ek berig dieselfde probleme wat die artikel bo berig; mense praat te vinning, te stil, te veel mompel, daar’s ‘n klank wat ek nie reg kan beskryf nie, miskien baie nasaal. Miskien glo hulle ek praat beter as ek in die feitlikheid kan. Nadat ek opgewarm het is alles beter, maar ek beperk my gesprekking tot onderwerpe waarvoor ek die woorde ken!

Almal het ‘n voordeel wanneer hulle in hul eie taal praat met andertalige mense. Toe ek in Nice verlede jaar was wou ek ‘n bietjie Frans praat, maar baie vinnig word dit blykbaar dat die Franses wil hê dat ons Engels praat. Sonder om te oefen gaan ek verbeter nie. Daar’s ‘n kort besprekking oor die artikel op die Duolingo Esperanto Facebook groep en ‘n paar mense maak ook die punt dat hierdie probleme toepaslik aan alle tale is, en dus die idee van ‘n neutrale kommunikasie taal soos Esperanto bestaan. (Ek sal volgende keer oor my pogings in Esperanto skryf.)

Mense sê hulle wil ‘n ander taal praat. Miskien sou dit eers beter wees om na ‘n ander te taal en sprekers te luister en goed verstaan sonder om iets jouself te sê. Luister voor jy praat en praat baie presies. Dis maklik om te praat maar moeiliker om te hoor.

Wat het ek geleer?

Ek lees my blog en besef nou dat vir die eerste keer in tien jaar vergeet ek om vir ‘n hele maand te skryf, en verlede maand vier die blog sy tien jaar verjaardag. (So ja ek het die datum verander.) Ek het ‘n draft geskryf en toe besef dat dit baie vervelig was. Ek bedoel, ja dis interessant om jou eie verjaardag te vier, maar ek kan nie sê iemand wil lees nie. Dit lyk ‘n bietjie vreemd om jouself veels geluk met jou verjaardag te wens en raak nie saal of jy ‘n geskenk koop nie.

Al ‘n paar week nou lank leer ek Esperanto met Duolingo, waaroor ek geskryf het. Ek hou baie van die app en webblad en ja ek hou van die taal maar ek maak die Nommer Een Fout oor die aanleer van ‘n vreemde taal; ek praat nie met iemand nie. Nes met Afrikaans, vind ek geen mense wat Esperanto praat nie. Miskien is die waarder om te sê sonder om te soek vind jy nie.

Terselfdertyd skryf ek al my professionele ervaring om in te teken sodat ek ‘n gekwalifiseerde rekenmeester mag word. Ek onthou skaars al die werk wat ek gedoen het of wat ek geleer het. So ver in die verlede voel dit asof ek niks gemaak het nie. Op die oomblik by die werk moet ons aansoek vir ons eie werk doen want werk loop nou ‘n ontslag skema so skryf ek nog ‘n ander applikaise vorm; ek dink ek weet wat ek gedoen het. Persoonlik gee ek nie om as ek ontslag geword nie. Miskien sou dit goed wees om iets heeltemal nuuts te moet maak soos ons almal só droom.

Gevolglik het ek min vrye tyd vir die aanleer en oefening van ander tale. Kom November hopelik sal ek die tyd hê om hierop te fokus wanneer ek ook weer na België toe gaan met vriende vir ‘n musiekfees. Ek sien ‘n baie daarna uit. En dan kom Kersfees en ‘n nuwe jaar.

Toe besluit ek om ‘n ander taal te probeer leer

Wat’s nuut?

Ek skryf onlangs oor NetNuus, wat my huidige gunstelinge App is en wat my Afrikaans elke dag help leer en lees. Miskien is hy ‘n bietjie soos Instagram want ek is bang ek gaan vinnig verveld daarmee. Wie weet?

Ek het onlangs besluit om Duolingo op my foon en tablet te installeer. Ek onthou nie hoekom ek so besluit het nie, miskien het ek iets gelees of was ek verveld en wou net ‘n nuwe app installeer. Ek lees die polyglots, of veeltalige mense, se blogs en lees hulle ervarings en luister na hul podoogie. Hoekom wil ek nie ‘n bietjie soos hulle word nie?

Mense praat in baie positiewe woorde oor Duolingo en ja, ek stem saam. Ek weet jy moet van Dag Een af praat, skryf, lees en oefen sodat jy vinnig verbeter. Gewoonlik is ek ‘n bietjie suspiseus oor hierdie tipe nuwe teknologie. Toe ek Afrikaans begin leer het was daar amper niks en ek het net gemaak alles wat ek kon maak. Ek het Wikipedia en ensiklopidies gelees en na Nederland verwys as ek onseker was. Destyds was die internet nie jong nie maar min mense kon dit by die huis gebruik. Mense was nog suspiseus oor om goede aanlyn te koop. Ek speel nie rekenaar speletjies nie en is baie Web 1.0 ek glo. Miskien glo ek jy moet ‘n bietjie ly sodat jy wys net hoe baie ernstig jy is.

Ek leer weer ‘n bietjie Sweeds leer sodat ek saam met my Sweedse bende kan gesels maar tans is my fokus op Esperanto. Ja dieselfde kunsmatige taal wat mense se opinies skei. Ek lees hy is maklik om te leer – veral in die opinie van die legendariese Benny Lewis. Een dag wanneer ek my Afrikaanse wetenskapfiksie roman skryf gaan ek ‘n bietjie Esperanto daarin gebruik. Ek het reeds ‘n plan sonder idees daarvoor.

Seker is die uitslae alreeds indrukwekkend maar ek weet daar bestaan ‘n verskil tussen om die oefeninge te voltooi en om te kan praat. Hoe meer ek studeer hoe meer ek leer en hoe meer ek wil leer. Ek begin in die taal dink en om maklike sinne te maak. Ek hou gespreke met myself, altyd ‘n goeie tekniek want jy begin dink oor hoe jy sekere idees mag sê. Op die moltrien as ek die koerant lees, begin my brein oor ander onderwerpe dink – hoe kan ek hierdie sin in ander tale sê?

So wat wil ek bereik en hoe sal ek sukses beskryf? As ek begin praat so goed soos ek nou Afrikaans praat, sal ek dan gelukkig wees. Okei ek vermoed ek gaan beter kan praat want die taal is makliker en die uitspraak nie so anders nie, dus leer ek vinniger. As ek mense vind wat ook praat, sal dit een aanduidiging van sukses wees. As ek mag sê ek praat nou twee ander tale tot ‘n goeie vlak praat sal ek suksesvol voel. Dan sal ek weer na Sweeds draai en ek het reeds veel Sweedse maatjies.

Ek lees aanlyn dat veel verskillende mense ‘n Afrikaans Duolingo wil hê en ek dink dit word ontwikkel maar soos altyd met hierdie taal is daar probleme. Dis ‘n teleurstelling maar geen verassing dat sommige mense heeltemal teen die voorstelling staan nie.

Op daardie punt bo, soos ek op so veel kere in die verlede geskryf het, my pogings om na ander Afrikaans sprekers te soek, laat my voel asof ek trek my tande uit. Waar vind jy mense wat belangstel? Die aanlynse koerant is lyfstyl tydskrif vir mense in die buiteland vol gesindikeerde nuus uit die tuisland en kommentare oor resepte. Die Meetup groepe is óf stil óf vol mense wat braaibuddies wil vind. Gumtree is ewe stiller. Groepe vir die aanleer van vreemde tale bevat presies niemand wat belang stel nie. Londen het ‘n groot gebrek aan Afrikaans sprekers. Ek vind hulle nêrens wanneer ek soek nie.

Jammer ook daar’s geen foto’s in hierdie pos nie.

Noord-Ierland, die ander Ierland

Op die naweek gaan ek Noord-Ierland toe met ‘n paar vriende vir ‘n kort vakansie. Vir my was dit my derde besoek, vir hulle die eerste maar ons almal was baie gretig om te kuier sonder om geld te moet wissel of ‘n paspoort te moet saam bring. Jy vlieg weg maar bly binne die land.

Soos jy kan sien, het ek al die foto’s baie geïnstagram. Alles nou lyk verfynd of miskien is dit meer akkuraat om te sê dat ek lyk soos ek nie weet wat ek doen nie.

Old Bushmills-distilleerdery
“Whiskey in the jar” by Old Bushmills-distilleerdery

In Belfast gesels ons met mense in die kroeë, die ander mense wat biere drink en jol. Hoe interessant is mense as jy hulle oor hulself vra. Die unionists wat hullself as Brit beskou wat nog nooit Londen besoek het nie maar wou graag een dag só doen. Die outjie wat nationalist is met wie ek gesels oor die Ierse taal, en hoe hy van sy besoek aan Londen en al die toeriste aantreklikhede hou.

Die uitsig van Giant's Causeway
Die uitsig van Giant’s Causeway

In die aand yster mense hul beste klere, yster hul hemde en kies wat hulle wil dra; Saterdagaand is dié aand wanneer almal deftig en modies wil lyk as hulle tussen bars loop, ontmoet vriende. Ek voel soos die man uit die groot stad. Ek lyk soos die man wat sy klere in ‘n verskillende weg aantrek. Ek lyk nie modieus, niks besonders nie.

'n Whiskey teken
‘n Whiskey teken

In een weg herinner Belfast my aan Baarle-Hertog en Baarle-Nassau. Klein stukkies land van een gemeenskap begrens die verskillende gemeenskap, vlae wat een groep aandui, wapper en op die ander eind van die straat wapper die ander s’n. Ken mense uit een groep mense uit die ander? Miskien nou is die situasie anders en hulle meng in dieselfde kroeê maar die vlae wapper trots nogsteeds en as besoeker uit ‘n verskillende deelte van hierdie land met ‘n aparte aksent sodat wil ek net na mense luister en leer.

Die ses-puntige ster van Noord-Ierland, 'n punt vir elk graafskap, in Belfast City Hall
Die ses-puntige ster van Noord-Ierland, ‘n punt vir elk graafskap, in Belfast City Hall

Mense is baie vriendelik en wil weet waarvaandan jy kom, hoekom jy kuier ensovoorts. Beide Ierse gasvryheid teen en suspisie oor buitelanders. Miskien is ons te geïnterresseerd in die geskeidenis maar jy kan nie ons blameer nie; dié is die rede hoekom die land bekendstaan en die land probeer nie om alles te vergeet nie. Mense wil net die voordele van die vrede geniet.

'n Sigaret teken in Iers-Gaelies
“Ek verkies Afton. Hulle is baie beter”. ‘n Sigaret teken in Iers-Gaelies

Die beroemde Ierse sin humor vertoon homself in alles. Die stad is baie trots op die mees beroemde skip, RMS Titanic, uit haar skeepswerf wat op haar eerste en enigste vaart gesink het. Miskien stel die toeristebedryf ‘n groter belang in die skip as die mense maar toeriste stroom na die museum in die hawe behalwe vir ons wat nie genoeg tyd gehad het nie.

'n Republican mural op die Ormeaupad'n Republican muurskildery op die Ormeaupad
‘n Republican muurskildery op die Ormeaupad wat die 1916 Paasopstand vier

Buite die stad gaan ons Giant’s Causeway en Old Bushmills-distilleerdery besoek, twee van die grootste toeriste aantreklikhede in die land wat duisende besoekers uit veel verskillende land lok. Dit voel so anders om uit Londen to kom en die stilte en velde te geniet. Die openbare vervoer diens loop nie so dikwels soos in Londen nie, hoe anders dit voel om vir ‘n half-uur te staan en wag! Ek sit op die bus wat langsaan die kus ry, soos ‘n hond wat sy kop uit ‘n motorvenster hang en kyk uit oor die blou see en in die afstand die berge van County Donegal. ‘n Grens op die landkaart beteken niks oor geografie nie. Dis ‘n mooi uitsig en baie rustig.

'n Loyalist muurskildery in Belfast
‘n Loyalist muurskildery in Belfast

Na die Titanic staan die land bekend vir Game of Thrones wat hier verfilm word en saam met Giant’s Causeway en Old Bushmills-distilleerdery kom toeriste om toere te vat om die lokasies te besoek langs die County Antrim kus. Die klein dorpies en hawes, kranse en verwoeste kastele herinner my aan Skotland. Jy moet sê, die regering het ‘n uitstekende beslissing gemaak om die televisie-reeks te onderhou en in retoer die miljoene ponde in belasting dit ontvang.

Albert Memorial Clock in Belfast
Albert Memorial Clock in Belfast

So genoeg van al die foto’s en woorde; gaan besoek en sien vir jouself.

Die galg by Crumlin Road Gaol
Die galg by Crumlin Road Gaol

Dinge oor die webblad

Dikwels toe ek skryf weet ek dat niemand sal lees of ‘n kommentaar sal los nie. Ja, ek weet goed. Dis g’n probleem nie want ek skryf vir myself en ek wil nie veel doen om hierdie te bevorder nie so kry ek wat ek verdien. Dis seker stiller as in die verlede maar soos ek dikwels skryf, ek dink die blog toneel het uit gesterf saam met Nokia en 2G – te veel woorde, te min foto’s.

Ek teken in vanoggend by een van my e-pos addresse wat ek selde lees en daar sit ‘n e-pos van ‘n leser in Suid-Afrika wat per geluk die blog gevind het. (Tik “Afrikaans blog” in Google en ek is glo vyf op die lys.) Sukses! Baie dankie. Dit laat my onthou hoekom ek hierdie skryf. Dis goed om vir jouself te skryf maar ‘n bietjie terugvoer word altyd baie gewaardeer.

Gevolglik kan jy nou ‘n nuusbrief ontvang, kyk regs.