Category Archives: Afrikaans

Buite die hoofstad

Ek het oorspronklik ‘n lang skrifte geskryf oor die onlangse geval tydens die rugby tussen Suid-Afrika en Engeland en hoe, skielik, almal nou trots op Afrikaans is toe net een jaar gelede was veel mense kwaad oor glo ‘n Afrikaans toets vir reisigers met ‘n Ierse lugmaatskappy. Maar ek besef dat die meeste mense nie meer omgee nie en minder mense stel belang in nuanse of konsekwentheid.

Ek het ‘n paar dae se verlof geneem en het uit Londen getrek na Newcastle en Nottingham om by ‘n paar konserte te woon. Ek raak altyd baie senuweeagtig voordat ek weg gaan, veral oorsee, maar ek geniet altyd om andere plekke heen te gaan. Hierdie keer was dit ook goed om as passasier in ‘n motor te sit want ek kan g’n motor ry nie. Dis ‘n lang reis na Newcastle, wat aan die noorde van Engeland geleë is, en wat ek nie vroeër besoek het nie. Ek kyk uit die venster uit na die platteland van Engeland wat ek skaars ken nie, vol heuwels en dorpies en stede met vreemde bsnd en snelweë. My vriend wat die motor bestuur, ken ek nie baie goed nie maar dis snaaks hoe ons die hele weg sit en gesels oor musiek, bands, reis en grappies.

Tynebrug in Newcastle

Tynebrug in Newcastle

Newcastle is soos ‘n anomalie in in Engeland. Die stad en die area is baie trots op hulle eie aparte identiteit, aksent, dialekt of varient van die taal ensovoorts. Nes Liverpool en Londen, staan dit aparte as die res van Engeland. Niemand dra ‘n jas selfs as dit koud is, en dit was. Die Tynerivier loop regdeur die stad, wat veel brûe oorspan en dié staan bekend regoor die hele wêreld as trotse simbole van die stad. Die groot sokkerstadion doem oor alles in die stad en jy sien dit van ‘n groot afstand weg as jy aankom. As ons rond die sentrum dwaal, herinner dit my na stede en dorpies in Skotland of Noord-Ierland, wat vol indrukwekkende sandsteen geboue uit vorige eeue en straatname uit die verlede is. Dis waar wat mense sê; dis ‘n cool stad. En ja, daar staan nog ‘n kasteel soos die naam voorstel.

Die kasteel in Newcastle

Die kasteel in Newcastle

Vergeet ek soms dat daar ‘n lewe buite die hoofstad is? Ek weet nie. Wat ek bedoel is, is dat mense en lewe anders is. Sommige stede floreer, seker in die sentrum, en daar’s mense met goeie werk wat veel geld as ek verdien, en weens die laër koste, bereik hulle ‘n hoë kwaliteit van lewe met vakansies en groter huise en motors. Okei, jy het ‘n motor nodig weens die gebrek aan die openbare vervoer. Daar is ook verskillende mode; die klere lyk anders. Miskien meer deftig of stylvol, wat na my mening lyk hulle asof hul status wil toon, maar dis ook ‘n bietjie meer formeel sonder die veel laatste invloede.

Hierdie laat my dink terug na een keer toe ek met die Eurostar gery het en ek het ‘n paar biers in die restaurantwa gaan koop. Ek wou in óf Nederlands óf Frans bestel maar sodra dis my beurt, praat die vrou in Engels. Ek het gevra hoekom en of sy iets anders oor mense uit hierdie eilande gemerk het. Ja, miskien ons klere en mode toon dat ons Britte is. Ons trek miskien aan net anders, maar in die oë van buitelanders bestaan daar geen verskil tussen ons eilanders nie.

Spoegwolf kom weer speel

Saterdagaand het na Camden gegaan om Spoegwolf te kyk. Dit was die tweede keer binne één jaar dat almal kom speel het as ‘n deelte van hulle Europese toer van Amsterdam, Dublin en Londen. Seker g’n groot internasionale toer nie maar ‘n band en ‘n fan kan nie kla nie as hulle in die buiteland speel en besonderlik as jy in Afrikaans sing.

Die advertensie vir Spoegwolf

Die advertensie vir Spoegwolf

Dit was merkbaar dat veel. minder mense kaartjies gekoop het, maar die atmosfeer en die crowd was nog steeds baie entoesiasties en wou hard partytjie hou.

Twee Afrikaanse outjies het saam met me gekom, wat nie vooraf oor die gig geweet het voordat ek vir hulle gesê het so miskien is my rol net om die woord ver en wyd te versprei.

Die  bass gitaar-spele sing

Die bass gitaar-spele sing

As ek verlede jaar geskryf het, klink Spoegwolf anders as rock musiek uit Europa of Amerika. Ek verwys nie na die taal nie, maar na die styl. Hoor ek ‘n bietjie die invloed van volksmusiek in die struktuur van die liedjies? Klink só al die bands wat op die plattelande van die nuwe wêrelde speel? Ek is geen kenner of navorser van daardie musiek nie, maar ek hoor iets anders wat spring en dans miskien soos tradisionele volksdans-musiek. En ‘n oorpak is beslis baie anders, maar hulle het hul eie styl en ek mag nie kritiseer nie.

Die lig skyn te veel

Die lig skyn te veel

Ons drie vra, waarvandaan kom al hierdie Suid-Afrikaners? Hulle is veel jonger as ons so ons ken niks oor hierdie generasie mense in buiteland nie. Ons sien hulle nie in Londen nie en hulle bly ‘n raaisel. Hoe gaan ek hulle vind?

Spoegwolf speel in Camden

Spoegwolf speel in Camden

Januarie lei nou na Februarie

Saterdag het ek en ‘n Suid-Afrikaanse vriend na ‘n paar kroeë aan die Teems gegaan, wat altyd ‘n mooi manier is om die middag deur te bring. In ‘n stad vol geskeidenis en toeriste, is die kroeë een van die mees beroemde aantreklikhede van die stad.

Nou is die weer koud, maar nie so koud nie, maar die groter probleem is die inflasie. Natuurlik kos bier of kos altyd veel geld, maar nou word die prys veel hoër nes alles anders wat jy koop. Maar die kroeë staan nie leeg nie. Mense wil by mekaar kom in klompie vriende en of in pare en wil gesels. Drink ons minder, suip ons meer? Miskien ja, en ons het almal ons eie idees oor hoe ons kan goedkoop drink.

Ek skryf al jare lank ‘n lys van al die kroeë wat ek beoske het, so sluit dit in my gunstelinge kroeë waarheen ek vriende moet saambring. Dit laat my verder oor die hele stad dwaal om by voorstede, dorpies en strate te kuier waarheen ek gewoonlik geen rede het om te gaan nie. Daar’s iets mooi om met die trein of moltrein binne die stad te ry sonder ‘n ware doel behalwe ‘n paar biertjies met vriende te suip en om ‘n nuwe gebied te verken. Ongelukkig vind ek amper geen Suid-Afrikaanse kroeë meer nie, en dié wat bly is miskien Suid-Afrikaans-agtig in plek van iets egts maar dis beter as niks.

Tot 2023

Ek het hierdie jaar minder en minder Afrikaans gestudeer, gelees, gebruik ensovoorts. Ek vra myself of ek óf my belang óf my kennis begin verloor. Weens veel redes het ek nie veel gepraat nie en ek het ander tale gestudeer, en dié verduidelik ‘n bietjie hoekom.

Dis ‘n jammer dat NetNuus nie meer bestaan nie; ek het baie daarvan gehou en die nuus teks was kort en vol inligting. Ek is onseker wat nou met Vrye Weekblad aan die gaan is nie. ‘n Vriend is vryskut joernalis wat vir die webblad skryf en het vir my ‘n bietjie gesê, maar hy praat baie vinnig sodat ek nie goed verstaan nie!

Ek het ‘n nuwe Twitter rekening geskep sodat ek net Afrikaans nuus en twiete lees, wat aparte van my ander, Engelstalige rekening is. Ek moet nou dit begin gebruik en dan kom ek tot dieselfde probleem – hoeveel tyd het ek om alles to probeer doen. Wat wil ek bereik? Ek moet ‘n plan maak vol doele wat ek wil presteer. Dis maklik om idees te hê maar moeiliker om in die werklikheid te doen.

So ja nou kom die nuwe jaar. Wie weet wat aan gebeur.

Amper vier maande tot die volgende publieke vakansie

Somer en mooi weer is nou verby as ek besef skielik weer dat ons nou vir amper vier hele maande moet werk totdat ons die volgende publieke vakansie dag – Kersfees – sal geniet. Dit voel vreemd dat ons vir so lank tydens die dae en nagte moet wag, wat langer en kouer raak sonder enige vakansie.

Dit lyk jy werklik voel dat somer nou, vir hierdie jaar, verby is. Dit voel so sterk om hierdie feit te besef. Somer is die hoogte punt van die jaar. Die August bank holiday weekend voel iets besonder. Jare gelede het ek elke keer na die Reading Festival (die stad in suidoos Engeland en geen boekfees) gegaan, en toe na die Notting Hill Carnival (padkos en blikkies, musiek en lawaai) op die Maandag. As die weer mooi is, wat gewoonlik die geval is, is al die kroeë vol, loop mense met drankies en gons die parke met groepe vriende.

Terselfdertyd, het ons nou min beperkings wat alles terug weer soos normaal laat voel. Op die een kant dra die meeste mense maskers op die moltrein en trein, op die ander kant gaan ek binnekort weer na concerts met vriende wat hierso uit die buiteland kom. Persoonlik het ek nie verwag dat ons so gou sulke dinge mag doen nie. Egter is ons al bereid om soos die oue dae weer te lewe?

Hier’s ‘n paar kiekies uit my somer.

Die loop na Southend Pier

Die loop – of treinrit – op Southend Pier, twee kilometers ver weg

Suid-Afrikaanse drankies

Suid-Afrikaanse drankies. Ek niet nie al Buffelsfontein brouery nie

‘n Nuwe tentoonstelling

Ek lees ‘n paar artikels oor ‘n nuwe tentoonstelling in Amsterdam oor ‘n aspek van Nederlandse geskiedenis waaroor min mense praat, Slavernij/Slavery, in besonders A new exhibition illuminates the history of Dutch slavery in The Economist.

Hierdie tentoonstelling betref aan Suid-Afrika, Afrikaans en ook Brittanje, en hierdie tydperk van die geskiedenis van Nederland interesseer my baie. Hoe ouder ek raak, hoe meer ek erken dat dié wat my interesseer, was nie so goed vir baie mense wat dit ervaar het nie. Hierdie debat is voel baie eietyds.

Toe ek Nederland en slawe: die ménse-stories, van Asië tot Suid-Afrika (en Brasilië) in Vrye Weekblad lees, sien ek hierdie foto van ‘n beeld wat interesseer my.

Augustus van Bengale hou Hendrik Cloete se pyp vir hom, c. 1788.

Augustus van Bengale hou Hendrik Cloete se pyp vir hom, c. 1788.

Die man aan die regs is Hendrik Cloete, wat ‘n voorvader van my familie is – ek reken dat hy my groot-groot-groot-groot-groot-groot-oupa is (dis nie my familie naam nie). Hy is te ver terug in die geskiedenis om iets op my lewe te bedoel en ons wat nou in die huidige staan, het geen rol in die voorouers se lewes gespeel nie. Terselfdertyd verbind dit my ‘n bietjie aan die verlede. Ek weet al baie lang tyd dat my Nederlandse/vroeër Suid-Afrikaanse voorouers slawe besit en behandel het.

Die verandering in my persepsie is dat ek nou vorentoe gaan van ‘n kennis van die verlede na ‘n bietjie meer verstanding van die verlede. Ons kan nie heeltemal die lewes of ander mense verstaan nie, maar ek dink ons moet die impak van hul aksies erken. Ons is onsself nie skuldig nie maar ons moet ook die lewes leer ken van dié – slawe en slagoffers – wat deur ons voorouers gely het, mense wat ons vroeër nie geweet het nie. Ons het nie geprobeer om oor hulle te leer nie want ons het vroeër hulle nie as belangrik beskou nie.

My ouma en ek het ons eie navorsing oor die Suid-Afrikaner families gedoen en ek vind stambome uit die Lae Lande, die Duitse lande, Frankryk, Brittanje onder andere. Ek vind nog nie voorouers uit die lande waaruit die VOC slawe behandel het nie; ek twyfel nie dat hulle bestaan nie want my navorsing is nie heeltemal klaar nie. Ek stel geen belang in om ‘n DNS-toets te doen om die besonderhede te vind nie. Een klein gedeelte van DNS is nie beter as ‘n ander klein gedeelte nie. ‘n Mens het geen nodig om hul DNS te weet sodat hy of sy ‘n belang het of is bewus nie.

Ongelukkig weens die pandemie kan ons nie maklik oorsee reis nie en ek is bekommerd dat ek nie die tentoonstelling sal kan bekyk nie.

Gedagtes oor wat ek met Afrikaans en tale wil doen

Ek is nog steeds besig aan Nederlands te studeer, nou meer as twee maande. Ek weet dat ek Afrikaans bo Nederlands kies want dit was die eerste taal wat ek myself gestudeer het en ook is die grammatika en spelling en alles veel makliker.

Soos almal studeer ek met Duolingo en vir nou is my doel om alle lesse tot vlak 5 te bereik sodat die hele “boom” voltooi is. Maar soos ek dikwels dink, leer mense beter as jy moet met ‘n pen skryf of tik. Dis maklik om die regte opsie te kies, maar moeiliker as jy moet dink wat die regte woord of spelling homself is. Toe ek Afrikaans begin studeer het, het ek al die oefeninge met pen en papier gedoen nes op skool.

Ek vind dat ek Nederlandse tekste vir leerlinge goed kan lees, byna so goed soos met Afrikaans. Dis moeiliker om lange tekste te lees en soms word ek deurmekaar tussen ‘n woord se spelling in die ander taal. Die “ij” en “sch” lyk soms nog steeds ‘n bietjie vreemd. Op die ander kant, ek dink my Afrikaanse uitspraak is nader aan Nederlands so kan ek erg goed na video’s luister.

Ek luister vanweek na ‘n baie goeie podgooi Read, read, read… NOT listen, listen, listen op die uitskende I Will Teach You A Language oor die aanleer van vreemde taal wat praat oor hoe belangrik dit is om te lees. Ja taal betref aan kommunikasie en die maklikste vorm is om met ander mense te praat. Maar vir leerders op alle vlakke is dit ‘n uitdaging om te praat en om te luister. Ek weet hoe ek kan die sin uitwerk as ek lees, ek kan weer lees om seker te maak op my eie spoed. Die enige geheim is dat jy moet, soos die podgooi sê, lees, lees, lees… en lees, lees en lees nog meer.

Ek het nou ‘n subscripsie vir die Vrye Weekblad en gister toe ek op die bus sit en ry het, lees ek die lange artikels sonder om te veel woorde in die woordeboek te moet kyk. Ek moet ‘n mikpunt maak om elke dag minstens een lange artikel te lees sodat ná ‘n klompie weke sal ek ‘n gewoonte gestig het.

Ek het gedink om oor video’s te maak, maar ek voel dis nie vir my nie. Ek kyk graag die video’s van leerders (hoofsaaklik in Esperanto) en vir onderwysers (hoofsaaklik in Nederlands) – so ja almal praat staig and klaar – en ek hou daarvan dat ek kan volg. Maar video’s is iets anders. Jy moet ‘n verpligting maak om nuwe enes op ‘n gereelde basis te maak. Hulle moet professioneel lyk. En dan moet jy jouself of jou aanlynse kanaal bevorder.

Ek is nie so seker dat ek só is nie. Ek is beslis ‘n ekstrovert (almal anders aanlyn is skynbaar ‘n introvert, volgens hul baie video’s, twiets, skrywes, Instragram…), maar ek is nou al meer as sewe-en-twintig jare lank aanlyn en ek hou van ‘n vorm anonimiteit of pseudonimiteit. Wat wil ek bereik of wie wil ek uitstrek? Afrikaans as ‘n taal het sy eie probleme en ek veg soms om klaar te maark dat ek van die taal – en ander tale – as medium van kommunikasie hou, hoekom wil ek meer stryde veg? Hoeveel mense wil leer? ‘n Paar mense saai video’s uit, so hoe kan ek myne anders (en mos beter) lyk?

Die ander probleem is dat ek nie genoeg fokus het nie. Miskien is die waarheid dat ek nie die werk wil doen nie om meer “suksesvol” te word of om meer te bereik. Ek kan doen alles wat ek wil as ek die poging maak so miskien is dit beter om iets nuuts te probeer en dan die pad loop wat voor jy lê.

Die laaste lesse op italki van hierdie jaar

Na omtrent ses maande het ek uiteindelik die laaste twee lesse van my huidige bondel lesse op italki gehad. Weens werk is ek nou meer besig as ek was aan die begin van die pandemie en gevolglik het ek nie meer lesse bespreek nie.

Ek het amper niks al maande lank gestudeer nie. Ek het skaars enigiets gelees nie en ek het baie min gepraat; okei ek het met by amper niemand gekuier nie.

Ek weet wel dat as ek met eerste taal sprekers praat sukkel ek om hul gesproke Afrikaans te verstaan. Miskien ken ek nie genoeg woordeskat nie of probeer ek om te praat verder as my kennis sal my laat. Hoe ‘n mens besluit watter woordeskat hulle sou leer, weet ek nie. Ek weet dat die belangrikste ding is om te lees, en lees oor die onderwerpe waaroor jy wil praat – soos jouself!

Die ander probleem is hoe mense praat. Daar’s veel meer leerbronne vir die “groter” of meer populêre tale. Jy kan veel maklik oudio en video’s ensovoorts vind, en veel meer sprekers ontmoet. Afrikaans is te klein en te area spesifiek sodat die ewige sukkel om kontak met belangstellendes te maak, bestaan.

Nadat so veel jare vra ek myself net hoe goed kan ek praat. Alles is ‘n illusie en as ek kyk die video’s van die poligitte se “drie maand uitdaging” sê die leerder gewoonlik aan die einde dat hulle nou tot B1 praat, en dan dink dat ek niks in meer as twintig jare amper geen verder vooruitgang gemaak het nie.

Ek gaan nie opgee nie – ek het genoeg geld op die taal gespandeer – maar ek is onseker of ek ooit veel beter sal word nie. Ek sal net ‘n nuwe idee van ‘n doel of eindpunt – of goed – moet kry.

Ek kom nou tot die einde van die maand sonder om enigiets te geskryf het

Soos jy weet (okei ek weet niemand lees nie) maar ek maak seker altyd dat ek ten minstens een nuwe pos elke maand skryf. Dis ‘n bietjie dissipline vir my om myself fris te hou. So wat’s nuut? Die werkplek raak nou meer besig en daar’s baie veel meer mense op strate en in die stad. Die kroeë en restaurants maak ook nou oop, maar jy moet ‘n sosiale afstand hou. Eintlik ek hou nou baie meer van kroeë as in die verlede en die atmosfeer is lekker en vriendelik. Jy voel soos belangrike gaste in ‘n geheime klub wat mag ingaan en jou oude lewe weer ervaar.

Ek het nie ‘n Afrikaans les al ‘n paar week lank geboek nie. Een rede is dat ek elke dag na die kantoor toe gaan en gewoonlik is ek te gelukkig om by die kantoor tot laat te bly want die waarheid is, is daar baie min anders in my vrye tyd te maak. Dus kom ek laat terug by duie huis en te laat vir ‘n les.

Op die ander kant het ek onlangs ‘n paar vriende gaan sien en ek het ‘n bietjie Afrikaans gesels met ‘n vriend se vrou. Sy sê dat deesdae praat sy amper geen Afrikaans nie sodat nou ek soos ‘n gesoekde man voel want ek gryp elke geleentheid om te praat. Ek was ook in ‘n kroeg onlangs en ek hoor dat die eienaar ‘n Suid-Afrikaner is so het ek nou ‘n rede om terug te gaan om ‘n gesprek aan te knoop. Daar is altyd ‘n geleentheid as jy soek om die Suid-Afrikaanse bende in te sypel.

Nou kom die vakensie nader en ek sal ‘n bietjie verlof neem. Wat kan ek hierdie jaar doen? Ek was van plan om môre na ‘n musiekfees in België by te woon wat natuurlik uitgestel is. Ek voel dis baie onverantwoordelik om oorsee te gaan tydens ‘n pandemie. Wil mense jou verwelkom? Ek meen nie dat mense in die buiteland sal jou onwelkom laat voel nie, maar die aansteeklikheid koers daal en verhoog en ons moet ons eie and almal ander se veiligheid oorweeg. Nee, ek dink hierdie jaar moet ek Engeland gaan leer ken en ek het minder entoesiasme vir hierdie beslissing as die verlange om op die trein deur baie verskillende Europese lande te rondswerf.

Ek is van plan om ‘n Afrikaanse dag te hou. Die idee is op een Saterdag net Afrikaans te praat. Neem lesse op italki, praat met Afrikaanse vriende op Skype of in die kroeg, kyk Afrikaanse video’s en flieks ensovoorts. Ek vermoed ek sal die hele dag spandeer sonder om met iemand anders uit te hang.

Ek het ook baie van hierdie video deur Lindie Botes gehou, If I’m a polyglot, why are my videos in English?. Daar’s min goeie Afrikaanse video’s wat makklik is om te volg soos hierdie een – afrikaans.com is ook baie goed – en ek hou baie van die vraag, hoekom praat soveel leerders of poliglotte in Engels op YouTube video’s oor wat hulle studeer en nie praat in die vreemde taal homself nie? (Ek het reg verstaan, nè?)

Ek wil geïnspireerd en gemotiveerd word deur hul pogings en ek soek goede wat makklik is te verstane. Om oor die boeke en oefeninge te lees lyk my minder interessant. Skryf ‘n blog en oefen die taal asseblief! Okei soos jy weet, gaan niemand ooit jou blog lees nie maar as jy net een leerder kry dan sien jy die impak ja maak – of soos ek vir myself vertel elke keer dat ek skryf.

Wat maak ons hier nou?

Soos amper elk ander Londenaar sit ek by die huis en dink oor die jaar en waaroor ek in die komende maande sal kan maak. Vanweë die huidige siekte situasie met covid-19, mag ons amper niks maak nie. Ja, ek is gesond en ek het werk en ek word betaal dus het ek in die waarheid niks waaroor ek mag kla nie behalwe die feit dat hier in Londen is amper alles geslote.

My werk betref ‘n bietjie aan die huidige situasie maar ek vermoed dat baie mense ook hul werk só kan beskryf, alhoewel ek moet na die kantoor gaan. Die openbare vervoerdiens en die paaie is leeg. Dus moet ek planne maak oor wat ek gaan doen by die huis wanneer ek mag niks anders maak nie.

Ek het verlede maand ‘n les op italki geneem het en ek moet meer kry. Ek her vir die onderwyser gesê dat wil hê dat iemand my geskriftes sal proeflees en ek skryf nou ‘n paar kort artikels vir Wikipedia.

Ek lees tans Oor krygers, korrelkoppe en konkelaars: Ongewone verhale uit ons verlede, wat ek baie geniet. Dis seker ‘n groot uitdaging om ‘n ander hele boek in Afrikaans te lees. Soos veel ander leerders, moet ek aanvaar dat ek nie alle die nuwe woorde kan leer nie. Ek het nie genoeg tyd om altyd na die woordeboek te verwys nie, maar die belangrikste saak is om die sin te volg en moenie probeer om alles perfek te verstaan nie. Ek is nie alleen om hiermee te sukkel.

Die boek homself laat my na die uitstekende Rogues, Rebels and Runaways: Eighteenth Century Cape Characters herinner. Seker hierdie tipe boeke betref hoofsaaklik aan die lewes van blankes of Europese reisigers en matrose, en dan betref ‘n bietjie aan dié wat verband aan die Nederlandse setlaars is, soos die slawe uit Afrika-lande of Oos-Asië en gemeenskappe wat van die Nederlandse beheersing afhang.

By die huis wil my twee katte op my skoot sit en slaap so ek dink hulle is bly om te hê dat ek by die huis is. Miskien is hierdie die grootste probleem vir my; ek is gelukkig om op die sofa te sit en om televisie te kyk of na podgooie te luister met my katte sonder om te studeer. Vir my dikwels is die bron van onaktiwiteit om twee katte te besit. Dit laat my veel verskonings maak wanneer ek is net lui.

Dave en Frank

Dave en Frank

‘n Ander les op italki

Vandag neem ek ‘n ander les in Afrikaans op italki.com nadat ek ‘n boodskap op hierdie blog ontvang van ‘n poliglot in België. Die baie selde dat mense ‘n opmerking skryf want niemand nou skryf opmerkings nie (ek klink soos die Unabomber as ek kla oor die impak van moderne tegnologie op mense! Ja, ek kyk ook daardie programme op Netflix) en dit gee vir my ‘n bietjie meer motivering om te studeer.

Ek het geskryf dat ek op twee ander kere lesse op italki geboek het maar toe raak ek besig met ander dinge en ek reël geen meer lesse nie; ek ly aan ‘n gebrek aan fokus. Ek het die les baie geniet, veral want ek kry so min geleentheid om te praat. Alhoewel ek al lank tyd die taal studeer, maak ek nog steeds foute wat ek wou ek aan die begin reg gekry het, maar aangesien ek geen doelwit het om te leer nie – byvoorbeeld skryf ek geen eksamens en het geen werk vereiste nie – bly die taal nog ‘n stokperdjie. Dis altyd veel moeiliker om ‘n poging to maak as dit nie nodig is nie, maar ek voel baie gelukkig dat ek weer ‘n gesprek in Afrikaans kon hou.

In ander nuus, het ek uiteindelik die Linguaphone Afrikaans Course op eBay gekoop. In die 1990s was hierdie kursus dié wat jy wou koop. Ongelukkig destyds moes jy omtrent £230 betaal en onthou dat torrents aanlyn was nie beskikbaar nie; aand die ander kant het ek nooit torrents aanlyn gevind nie, dus toe ek item op verkoop vind, koop ek dit onmiddellik. Die enigste probleem is dat het geen kassetspeler nie so moet ek een koop voordat ek kan luister en nou moet ek een koop. Wie gebruik kassette deesdae?

Lesse oor tale

Duocon
Onlangs het ek Duolingo se Duocon London bygewoon, wat ‘n dag vol presentasies en sosialisering was.

Duocon London 2019

Duocon London 2019

So wat het ek geleer? Wel eers, ek het so veel oor die maatskappy en sy taalkursus prosesse uitgevind; oor die kursus struktuur, oor hoe om ‘n kursus te skep, oor hul toekomste planne ensovoorts. Ja, ek was baie beïndruk daarmee en ek het baie geniet om die presentasies te luister veral dié van Luis von Ahn, die stigter van die maatskappy, en van David J Peterson, wie die tale in Game of Thrones geskep het.

Daar was ook veel inligting oor programmering waaroor ek niks weet nie, maar dit laat my verstaan dat kursusse ‘n proses het wat deur baie intelligente mense geskryf word. Dis seker die tipe maatskappy waarby ek wil werk maar ongelukkig besit ek nie die vermoens en vaardighede dat hulle nodig het nie! En natuurlik het ek terugvoer gegee dat ons – of miskien net ek – ‘n Afrikaans kursus wil hê, maar noudat ek verstaan hoe hulle kursusse skep (die proses, die IT ensovoorts), verwag ek dat ons vir ‘n lang tyd sal moet wag. Ander kursse word nou ontwikkel vir tale wat ek leer studeer.

Praat Frans in Brussel
‘n Paar dae later het ek na Brussel toe gery, wat my tweede besoek hierdie jaar was. Ja, dis ook vir die gewone redes, om ‘n rock konsert in Ancienne Belgique by te woon en om saam met my maatjies te jol. Soos altyd wil ek nie soos ‘n tipiese reisiger wees nie – en veral nie soos ‘n tipiese Engelstalige reisiger wees nie! In cafés en bars wil ek Frans praat – okei ek praat ‘n bietjie Nederlands ook – en ek ervaar dieselfde probleem; ek weet wat ek wil sê, maar ek is nie bereid vir hul antwoorde nie.

Le Coq, Brussel

Le Coq, Brussel

Ek voel soos ‘n domme toeris wat nie met die plaaslike mense maklik kan praat nie. Miskein vra hulle waar sit ek of wil melk saam met my tee hê maar ek het nie die tweede sin in die taagids gelees nie! ‘n Vriend sê, baie vriendelik, dat miskien glo hulle dat ek die taal goed ken en sal verstaan; dis moontlik hulle dink só maar ek glo nie. Wie weet?

European Day of Languages
Op retoer vier ons – as jy vier – die European Day of Languages en soos in 2018 het ek na Open House (wat die Teach Yourself reeks uitgee) vir ‘n aand vol gratis lesse en die geleentheid om met ander leerders en leraars te gesels, insluitend ‘n vriend wat die nuwe boek geskryf het oor die aanleer van Esperanto.

European Day of Languages

European Day of Languages

Ek gesels met die Frans leraar wat my herinner dat op die een kant jy taal oorsee wil oefen en aan die ander kant vergeet jy hoe besig hulle in cafés of restaurante is en het geen tyd om met jou te gesels nie. Soms moet jy aanvaar dat nie almal wil vir jou gratis lesse gee nie. Die Frans leraar het ook gesê dat ek Frans goed ken wat goeie nuus is en wat ek glo.

Afrikaans groep
Ons het nou in Londen ‘n Afrikaans Speakers Club op Meetup. Dis fantastiese nuus nè? Wel begin ek twyfel of dit as sulks is. Niemand skryf, niemand stel idees voor, niemand beantwoord my boodskap op die geselsblad nie en ek wag nou tot die bestuurders terug skryf. Ek is ‘n bietjie teleurgestel dat mense ‘n groep skep en sluit daaraan maar dan bly hulle stil. Ja ek weet, almal is baie besig. Dis ‘n jammerte dat niemand iets wil maak nie. Soos die Frans leraar gesê het, moenie dink dat die sprekers van vreemde tale wil vir jou gratis lesse gee nie. Dis die rol net vir Engels sprekers te doene.

Korrigeerings sal volg as nodig.

Ek is glo die enigste Afrikaansspreker by die werk

Okei so dis geen verrassing nie – en dit is meer akkuraat wees om “liefhebber” dan “spreker” te sê – maar ‘n paar weke gelede het ek ‘n artikel op die intranet by die werk oor ‘n delegasie wat uit Sjina kom besoek het en hoe ‘n vriend het die department gehelp want hy praat goeie Sjinees. Feitlik het ek nie geweet dat hy die taal praat nie so ek is gelukkig om te hoor day hy hierdie kennis het.

Die artikel toe vra of mense vreemde taal praat en as ja, sal hulle bereid wees om die department te help as nodig. Hulle wil ook ‘n kring sprekers skep sodat ons saam met mekaar kan gesels. Jy moet onthou dat ek vir die staatsdiens werk maar ek wil weet wie ook by die werk praat Afrikaans. Daar’s ‘n paar mense uit Griekland, Frankryk, Indië ensovoorts wat “groot” tale praat. Daar’s ook genoeg mense Frans of Spaans praat en daar’s een kollega wat sê dat hy ‘n bietjie Moderne Grieks ken want hy het Antieke Grieks gestudeer; die Griekse vrou sê sy verstaan slegs die moderne weergawe. Ek sal beïndruk wees as hy die Nuwe Testament gestudeer het maar ek is ‘n bietjie twyfelagtig van sy eis.

So ja, ek het nie verwag dat daar ander sprekers sal wees nie en ek weet dat as die Suid-Arrikaanse of Namibiese regerings kom besoek kan hulle Engels praat so niemand sal my vra om te help – miskien viertig jare gelede. Maar ek het vandag ‘n baie vriendelike e-pos ontvang van die vrou wat hierdie kring organiseer, wat bevestig dat ek die enigste spreker is.

Feitlik het ek haar e-pos baie geniet, maar nou moet ek seker maak dat ek nie daai Engelssprekende outjie is wat eis om ‘n taal te praat maar wat ken niks. Ek sal nou lesse op italki.com koop om te oefen. Ek het hierdie jaar baie min Afrikaans gepraat, dus is hierdie die motivering wees om meer te studeer. Ek wil nie soos ‘n ander kollega wees, wat op een keer verklaar het dat sy Latyn praat. Niemand praat Latyn nie, en ek die taal al nege jaar lank op skool gestudeer.

Ek is ‘n kampvegter nou. Ek is die enigste Afrikaansspreker en leerder op Whitehall.

Ek wag nou tot die toekoms

So dis nou Oudjaarsaand en ek besef ek moet iets nuuts in die Desember-maand skryf! Wat nuus kan ek vir julle vertel (ek hoop julle lees) sonder dat ek nog steeds lees en studeer, maar elke jaar raak dit moeliker and stadiger?

Ek het gister Afrikaans met ‘n vriend en haar broer gepraat wat lekker was en ons praat oor hoe mense ‘n tweede taal aan kleintjies leer. Maar soos dikwels raak dit makliker vir ons om in Engels te praat aangesien dat die ander vriende nie Afrikaans ken nie. Ek lees oor die poliglot gemeenskap, wat my baie beïndruk, maar die gesprekke kom te dikwels uit ‘n Engelstalige perspektief (ander tale is beskikbaar) soos “Op skool kon ek g’n vreemde taal praat nie, maar ek is nou vuring en studeer ‘n klompie tale”.

Dus was dit interessant om van ‘n Afrikaans vriend te hoor wat probeer die taal met haar kleintjies in Londen praat. Dikwels hou volwasse mense (veral dié soos ek wat geen kinders het nie) vas aan die geloof dat as jy aan dring om die ander taal te praat, sal die kinders maklik praat. Hoe verkeerd daai idee is, maar hulle vertel oor hoe hulle van kleins af ‘n ander taal op skool moes leer. Hoe was hulle ervaring, hoe het hulle gesukkel? Die mense is volop wat Engels as tweede of derde taal moes leer, maar dit lyk vir my niemand vra hulle vir raad nie. Ek sal na hulle luister en hopelik ‘n bietjie inligting leer.

Hierdie jaar het ek ‘n paar nuwe sprekers en leerlinge ontmoet wat altyd ‘n mooi ervaring is. Nes met Livejournal and MySpace het almal al jare lank verlaat en het na ander en nuwe sosiale media getrek, en elke keer skryf hulle minder en minder. Verbindings en verhoudings is die bestemming. Ek het ‘n aanlynse les geneem en wanneer ek geld kry sal ek ‘n klompie lesse met ‘n plan koop. Feitlik het ek verlede week ‘n bietjie Afrikaans met my pa en my skoonsuster se ma gesels, wat ek baie waardeer het. Hulle kom uit Afrika, maar ek ken mos beter Afrikaans.

Ek wil meer reis in Europa doen, so veel soos moontlik. Ek het baie geniet om na Spanje (ja, ek het in ‘n Spaanse dorpie op die grens gekuier!) en Portugal toe te gaan. Op die een kant was ek ‘n bietjie te skaam om te probeer praat, maar op die ander kant het ek weer besef hoe mooi dit is om oorsee te gaan en in die plaaslike taal vol vertroue vra, “Verskoon my, praat jy Engels?”

Wat ‘n tyd om te lewe!

Plaas my in ‘n vliegtuig en stuur my Amsterdam toe

Verlede naweek het Amsterdam toe gevlieg vir ‘n kort vakansie en ook om na die Fokofpolisiekar gig by De Melkweg te gaan. Ek het Amsterdam op veel kere vir gigs besoek maar ek kan nie sê dat ek die stad goed ken nie. Ek erken die gragte, brûe, strate en geboue maar as ek op ‘n straat staan kan ek nie seker sê waar ek staan nie. Ons wil hê dat ons verfynde reisigers is, maar die waarheid is dat ons gewoonlik gewone toeriste is.

Zuid-Afrikahuis
Hierdie keer bly ek vir twee nae dus het ek meer tyd om die stad te sien. Ek vind onlangs Zuid-Afrikahuis en ek besluit ek moet gaan besoek. Ek is baie dankbaar dat ek die studiesaal kon besoek en ‘n paar boeke koop en op my volgende besoek gaan ek beslis meer tyd neem om die boeke te lees. In Londen sukkel ek om boeke te vind so hierdie sentrum is vir enige belangstellende ‘n baie nuttige hulpbron.

Zuid-Afrikahuis

Zuid-Afrikahuis

Dit was baie lekker om Afrikaans te praat met die bibliotekaris oor taal, die sentrum en komende kulturele gebeurtenisse. Gewoonlik verstaan niemand my vernederlands Afrikaans maar hierdie keer kon ons in twee amper verskillende tale duidelik praat. Die Zuid-Afrikahuis bied soveel oor oor Afrika en Suid-Afrika aan en daar bestaan niks in Londen wat dieselfde maak nie.

Die studiesaal in Zuid-Arikahuis

Die studiesaal in Zuid-Arikahuis

Fokofpolisiekar kom nou die op vertoon
Die gig homself was leuk en daar was veel Suid-Afrikaners wat bywoon. Ek kan nie goed ‘n resensie skrf sonder om net ‘n lys van liedjies te gee maar niemand wil lees nie. Dis moeiliek genoeg om iets interessants in Engles te skryf so dink hoe veel mee ek gaan sukkel opm iets interessants in Afrikaans te skryf. Okei die band speel in die kleiner saal by De Melkweg as die ander bands wat ek daarby sien speel het maar dit raak nie saak nie.

Ek dink oor waarvandaan kom al die mense. Bly hulle in Nederland of in die Lae Lande? Ek hoor oor ‘n aantal wat ook uit Brittanje gevlieg het en na die gigs is die bars vol hierdie mense wat in die reën sit en suip. Hulle lyk baie gelukkig om hul helde oorsee te kyk. Ek kan nie sê hoe meer ek kan beskryf wat interessant is nie behalwe dat ek na die gig ‘n bietjie met een van die band gepraat het – yeah cool name drop bro.

Fokofpolisiekar

Fokofpolisiekar

Mokum
Ek wou graag ook ‘n Surinaamse of Indonesiërse restaurant besoek het want ‘n mens vind geen in Londen nie. Die vreemde ding is dat as jy net vir ‘n kort verblyf kom gaan jy nie maklik hierdie restaurante vind nie. Soos alle hoofstede verander Amsterdam maar die feit dat ek uit Londen kom – ‘n stad wat baie vinnig geglobaliseerd geword het – en hierdie proses sien, laat my dink oor wat ek feitlik wil sien. Lande en mense verander en ons kan nie hê dat ons toeriste bestemmings bly outentiek en prentbriefkaart-agtig (is hy ‘n woord?) vir ons ryk manne wat beskostig kan om te reis. Ja op hierdie keer eet ek nie in sulke restaurant nie maar miskien was ek nie nuuskierig genoeg om verder te loop, om ‘n waag te maak en gee nie om of ek ‘n bietjie onverstaanbaar in ‘n vreemde te taal te wees.

Bier en boeke

Bier en boeke

Ek besef ek is nie die tipe reisiger wat ek dink ek is nie
Ek vlieg honderde myle om ‘n Suid-Afrikaanse band te kyk – wat homself duisende myle getrek het – maar kan nie ‘n restaurant vind nie. Só is veel van ons moderne reisigers, hoe meer ons ontdek hoe meer ons leer. Moedigheid is die moeilikste probleem en dit laat jou kies om in ‘n wel bekende koffiehuis te sit en te ontspan in plek van om ‘n bietjie verder te stap vir ‘n nuwe ervaring. Ek voel dieselfde in stad waarin ek bly; te veel keuse, te min idees oor hoe om die kennis te begryp en te gebruik.

'n Gids vir die Bergijnhof wat in Afrikaans geskryf is

‘n Gids vir die Bergijnhof wat in Afrikaans geskryf is