Category Archives: Afrikaans hip hop

Want ek ry op met die bus en jy vlieg op met ‘n jet

Nog ‘n ander maand en nog ‘n ander Suid-Afrikaanse musikant kom Londen toe vir ‘n paar gigs en só kom Jack Parow om ons te vermaak met sy ryme en sy eie styl humeur.

Loki Rothman en Jack Parow

‘n Arty prentjie van Loki Rothman en Jack Parow

Hy kom op die toneel met net Louwtjie op kitaar en ‘n sampler masjien vir hierdie twee gigs. Die res van die band kom nie Londen toe nie en gaan direk na Nederland toe vir ‘n musiekfees waar hy geniet meet sukses as in Brittanje. Hy bons, hy rap, hy skreeu en hy laat ons lag. Hy’s pret en miskien ook soms ‘n bietjie belaglik maar ons almal weet reeds dit en hy is ernstig oor wat hy doen. Die crowd sing en spring saam met hom. Hy lewer die treffers af wat ons wil hoor. Hy wil hard partytjie hou as hy ‘n bottel suip. Hy dans soos ‘n vegter en gee nie om nie.

In-tussen liedjies praat hy aan die menigte, vertel die agterstories oor sy loophaan as ‘n raaper en oor sy liedjies en hoe meer hy suip hoe meer sy woordjies mompel oor die besope menigte. Dit voel baie intieme miskien want hy staan in ‘n pub in Londen voor toegewyde fans in die buiteland. Hy vertel oor sy baklei met Steve Hofmeyr, ‘n moderne parabel oor die siel van die Afrikaanse nasie. Die besonderhede bedoel dalk nie so veel aan my nie maar dit bepaal ‘n deelte van die tipe Afrikaanstalige kultuur wat interessant is; een wat vorentoe kyk en wat almal insluit wat wil bydra.

Ná die gig gesels Jack met fans wat tou staan om ‘n kiekie saam met hom te neem en gesels ‘n biejtie met Louwtjie. Dit is mos baie duur om vir Suid-Afrikaanse bands om hierso te kom en veral weens die huidige wisselskors. Dit verduidelik hoekom hierdie keer kom net Jack and Louwtjie, net soos hoe verlede maand net Francois en Jedd gekom het. Dit verduidelik hoekom hulle bring so min merch om te verkoop en ek is dit tipe ou wat ‘n t-hemp wil koop. Ek het oor hierdie probleem – hoeveel dit kos om hierso te kom, nie die merch nie – geskryf en ons hoop dat promotors in die toekoms die hele bands hierso sal bring en sal die gigs in ‘n ware manier bevorder. Hierdie keer lees ek niks in The South African koerant of op die webblad nie wat ‘n teleurgestelling is. Waar is die ondersteuning van ‘n gemeenskap?

Miskien hulp dit ook dat hy en ander bands nie in Engels sing nie. Dit laat hulle anders lyk en miskien gaan hulle nie groot internasionale sukses ervaar nie, maar op die ander kant staan hulle aparte van die Engelse bands en behou hulle ‘n verskeie identiteit.

Ek kyk op Instagram en Twitter oor die band se somer toer oorsee en sien ‘n verskillende kant van ‘n band se lewe. Hulle ry op die moltrein, suip ‘n paar biere, sien die toeriste aantreklikhede en neem foto’s saam met die bands wat hulle by die musiekfees ontmoet. Hierdie is die aspek wat interesseer my; musikante, reisigers en toeriste wat op terselfdertyd die ervaring wil dokumenteer. Dit raak nie saak óf dit werk óf vakansie is nie, dis die realiteit van om weg te wees wat ons almal kan erken want ons dieselfde dinge op vakansie doen.

Die waarheid staan; sy naam is Jack Parow en hy is cooler as ekke.

Die Antwoord

Gisteraand het Die Antwoord by Brixton Academy gespeel so natuurlik het ek ‘n kaartjie gekoop. Ek kan nie sê dat hulle my gunstelinge Suid-Afrikaanse band is nie – Fokofpolisiekar is – maar ek luister ‘n bietjie na hul liedjies en hulle is mos baie pret as hulle speel live, heeltemal gek, belaglike okes.

Die gig was uitverkoop en die menigte was ‘n mengsel van Suid-Afrikaners, jong mense (hulle lyk vir my jonger as dié by rock en metal gigs, of word ek nou veel ouder), en ‘n paar ravers en cyberkids (onthou hulle?).

‘n Klompie Suid-Afrikaners het langsaan my gestaan gedurende die gig en een van hulle draai tot my en vra in Engels of ek weet wat hulle sing. Ek kyk na hom en sê ‘n paar woorde in Afrikaans en hy is toe baie verras; ja wel, ek het sy reaksie bae geniet. Hy sê hy het vooraf gedink dat ek Engels is – wel ja, ek is. Ons gesels toe in Afrikaans ‘n bietjie oor musiek en hy sê hy is Engelstalig maar was op ‘n Afrikaanse hoërskool dus praat hy baie goeie Afrikaans. Die meisies met hom vra of hy my pla miskien want hulle suip en ek drink nie maar nee, ek waardeer altyd elke geleentheid om die taal te praat.

Miskien was my fout om nie ‘n bietjie meer spraaksaam te wees nie. Ek moes subtiel op ‘n konversasie aandring en uitvind of daar enige ander Afrikaanssprekers is. Ek is te matig, te Engels, wanneer ek sou net mense oor hulself vra. Ek vind geen sprekers deur só te gedra en ek weet hoe moeilik dit is nou sonder om elke keer te gryp.

Hier is ‘n paar foto’s wat ‘n vriend afgeneem het. Ja ek steel hulle, ek eis hulle nie as myne nie. Ek was te besig aan die Afrikaans te praat as om kiekies af te neem. Baie dankie Eve.

Ninja van Die Antwoord

Ninja van Die Antwoord

Yolandi Visser van Die Antwoord

Yolandi Visser van Die Antwoord

Dokte se weekend special

Soos die Dokte sê, dis my weekend special. Ek hou baie van hieride liedjie en van Afrikaanse hip hop. Dis nie die gewone tipe musiek waaraan ek luister in Engles nie, maar dis nog baie cool.

Môre gaan ek na die Engeland teen Suid-Afrika rugby wedstryd by Twickenham, ek is baie opgewonde. Ek is Engels dus ondersteun ek Engeland. Ek kan nie dit verander nie, dis my span.

[soundcloud url=”http://api.soundcloud.com/tracks/6673146″]

Nou waar is die Afrikaanse metaal aanlyn?

Gunstelinge Afrikaanse musikant

Hier’s die video van my gunstelinge Afrikaanse taal musikant, die briljante Terror MC. Ek besef dat die tipe Afrikaanse musiek waarvan ek hou, is die tipe musiek in Engels waarna ek luister (rock en metaal) of wat ek gewoond is om op die radio of TV te hoor (rap en hip hop). Dis nie beskaafde Afrikaans nie, maar na my mening wys dit dat Afrikaans die taal van miljoene Suid-Afrikaners is, nie net vir sekere geemskappe nie. Ek sal nooit die boeremusiek scene verstaan nie.