Boeke en e-boeke

Toe e-boeke en e-lesers eers verskyn het, het amper almal gesê dat hulle nie een wil kry nie. Almal het gesê hoe hulle van die reuk van papier hou (jy ruik jou boeke? Hoe vreemd!), hoe hulle hou daarvan om die boek in hul hande te hou, om die blaaie met vingers te draai, om die papier op vel te voel, hoe hulle bekommerd was dat hulle gaan dit verloor ensovoorts. Al baie goeie idees en redes. En ek was net presies dieselfde en ek kon nie sien die punt nie.

Ons het iets soortgelyks oor selfone gesê – “Jy moet baie onseker wees om een te kry” en toe het ons almal een gekry – oor om musiek af te laai – “Ek wil die artwork bewonder” en toe het ons gewissel en mp3s gekoop. So meeste van ons is nie early adopters van nuwe technologie nie. Ons is eers skepties. Dit raak nie saak wat mense sê nie, ons is ‘n bietjie bang vir iets nuuts en anders. Ons wil wag totdat iemand anders die eerste oke is om te probeer en dan, uiteindelik en vinnig, kry ons een.

So ja, onlangs het ek ‘n Kindle Paperwhite gekoop. Ek het al lang tyd gepeins en toe was ek ‘n bietjie verveld en besluit het dat ek in die werklikheid een moet koop. En ontmiddelik is ek baie lief daarvoor. Die ervaring is anders en ek neem dit orals saam met my. Die feit dat dit net een funksie het – vir om boeke te lees – is deesdae ‘n bietjie vreemd want ons verwag gewoonlik veelfunksieheid. Maar e-lesers doen net een ding en doen dit baie goed.

Daar’s aantal Afrikaanse eboeke maar natuurlik nie so veel soos ander tale nie. Op die oomblik lees ek Dit Was Oorlog en terselfdertyd die Engelse weergawe An Unpopular War. Ek verwissel tussen die twee boeke na elke paar hoofstukke om seker te maak dat ek alles reg verstaan. Ek glo ek verstaan amper alles, beslis kan ek die sin volg so dis meestals net die spesifieke weermagse woorde wat nuut aan my is mar gewoonlik raai ek oor hulle betekenis. Ek sien ‘n verskil tussen boeke wat oorspronklik in Engels geskryf is en toe vertaal is, en dié wat in Afrikaans geskryf is. Ek dink die vertalde styl is makliker om vir ons leerders te begryp, ek weet nie hoekom nie maar leesstof voel asof dit op die eerste keer in Engels geskryf is.

Die enigste probleem is dat nou ek e-boeke die hele tyd koop wat duur word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam