Author Archives: Alexander

About Alexander

Brit studeer Afrikaans.

Ja ek moet erken dat ek baie opgewonde is

So dit betref nie aan Afrikaans nie, ek weet. Maar nadat so ‘n lang wag moet ek nou net vir een week meer wag. Ek het reeds nege liedjies as demos afgelaai en hulle is moerse goed. Ek dink.

function Launch4(page) {OpenWin = this.open(page, “Spinlets”, “toolbar=no,menubar=no,location=no,scrollbars=no,resizable=no,width=340,height=380”); }

Ek blameer die weer en miskien ook ‘n paar ander dinge, ek weet nie

Ek weet nie hoekom nie maar tans is ek heeltemal gatvol en verveld. Niks interesseer my nie – veral werk, natuurlik! Ek dink een reed is dat ek nie vir ‘n paar dae Krav Maga gedoen het nie dus voel my liggam baie moeg en ek is baie prikkelbaar. Ek probeer ook om nie te veel geel uit te gee nie en sonder om so te doen, ek vra jou, wat ook kan ‘n mens doen?

Ek gaan vanaand twee ome uit Johannesburg sien want hulle besoek Londen vir ‘n paar dae, wat baie lekker sal wees. Ons het gehoop om na ‘n Chakalaka toe, ‘n Suid-Afrikaanse restaurant, te gaan maar ongelukkig is dit toe vir ‘n paar dae nadat daar ‘n brand gewees was.

So los ‘n kommentaar om my weer gelukkig te maak voel asseblief! Jy weet mos dat jy wil doen.

Om na Calais toe te gaan

Vrydag het my vrou en ek Calais toe met die veerboot gegaan. Ons was maar ‘n paar ure in Calais maar dit was lekker om “oorsee” te gaan en ‘n bietjie inkopies te doen.

Calais is nie ‘n pragtige stad nie. Dis baie onmerkbaar maar die stadhuis of hotel de ville is mooi en lyk tipies van noord Frankryk, in Frans-Vlandere. Oorspronklik was Calais (Kales in Nederlands) ‘n Nederlandssprekende stad wat nou heeltemal verfrans het. Ek dink daar’s maar ‘n paar duisende mense in Frans-Vlandere wat Nederlands/Wes-Vlaams nog op ‘n daglikse basis praat meestal nader aan Dunkerque/Duinkerke en die grens met België.

Dis snaakse ding is dat wanneer jy in die buiteland is, dink jy dat jou mee-burgers baie ongesofistikeerd is. Jy hoor hulle in die winkels en restaurants en op die paaie. Ons het met die kelner en die verkoopsvrou in Frans probeer praat, wat ons baie geniet het. Die ander Brits het net ‘n paar woorde in baie hard Frans gepraat – “CHAMPIGNONS!”, “A BEER S’IL VOUS PLAIT!”. En dis waar dat Britse mense altyd omlette en skyfies bestel!

Maar ons moet nie kritiseer nie. Dis altyd moeilik en vreemd wanneer jy na ‘n andertalige land toe gaan wie se taal jy praat nie. Soms is dit maklikker om net ‘n paar woorde te sê en hoop dat hulle Engels verstaan. Daar’s altyd buitelanders in Londen wat nie goeie Engels praat nie en wat jy moet help. Ek hou van die feit dat mense my stad wil besoek ondanks hulle nie die taal goed ken nie. Daar’s geen verskil tussen dié Britse mense wat geen Frans ken nie en ek nie. Ons is beide oorsee en wil net die land en mense sien. Miskien is ons so merkbaar soos Suid-Afrikaners wat altyd Springbokke hemde dra, en ja ek het iemand in Calais ook gesien.

Ek dink na kere toe miskien my ma of vriende (en ja, miskien ek ook!) met ‘n buitelander praat, wat nie Engelssprekend is nie, en sê baie stadig en hard iets soos “You speak very good English!” of “French wine is very good!” (asof ‘n Fransman/vrou dalk dit twyfel!) of “Pedro Almodovar makes very good films!”. Ja ek dink ons kan ‘n bietjie vinniger praat, hulle kan nog verstaan! Ons is soms moerse snaaks wanneer ons onsself hoor praat.

En dis nie asof jy moet vir jou hele lewe bly nie. Na ‘n paar ure of dae kom jy terug met goeie geheues.

Eers voetbal maar daarna iets ‘n bietjie meer ernstig

Gister het ek Arsenal teen Everton gaan sien speel. Die kaartjies is altyd duur en hierdie keer het ons (Arsenal) sleg (weer) begin speel maar ons het 3-1 gewen so ons was baie bly. Een van die beste aspek van voebtal is die ondersteuners se liedjies- bv. as die ander span kom uit die noord en julle spot hulle oor armoede en werkloosheid – “Sign on, sign on, with a pen in your hand, you’ll never get a job, a job” soos die liedjie You’ll Never Walk Alone. Die spanne uit die noord spot ons Londen spanne. En nadat die wedstryd is almal saam gewoonlik in die kroeg en dis vriendlik en niemand gee om dat jy die ander span ondersteun nie. Soos ek sê, gewoonlik in my ervaring!

So nadat die wedstryd het ek ‘n vriend in die kroeg gaan ontmoet. Nou soos julle weet gaan ek dikwels kroeg toe om te jol ens maar my vriend gaan te dikwels kroeg toe en dié is die reed dat ek eintlik haar vir twee jaar probeer vermy ontmoet het. Ek het ‘n ware poging gemaak om haar nie te sien nie. Ek wil ‘n afstand tussen ons hou.

Ek erken dat dit ‘n bietjie onbeskof van my is. Op die laatse paar keer dat ons saam mekaar in die kroeg was het sy my baie gepla (waaroor ek in my Englse blog geskryf het maar julle lees nie) omdat sy dukgesuip was. En ek bedoel ketting dronk. En was ook, moet ek sê, ‘n groot verleentheid. Ek kan nie dit ontken nie. Dit was nie die eersete keer nie. Dis hoe ek voel en ek was so ver van bly daarmee af soos moontlik. Ek het besluit om haar nie te sien nie. Persoonlik dink ek – en ‘n paar ander vriende – dat sy ware alkoholies is. Dit betref aan haar werk en vriendskappe en dis die groot olifant in die kamer (ek weet nie of die uitdrukking goed in Afrikaans vertaal nie). Ek voel sleg dat ek nie vir haar gesê het hoekom ek nie haar nie wil ontmoet nie maar ek vermoed dat enitlik sy raai of weet.

Nou dink ek dat ek soos julle is, my liewe lesers. Soms – en ek bedoel net soms – gaan ons kroeg toe en drink ‘n bietjie te veel. Soms is ons dronk, soms pla ons ons vriende en soms moet hulle ons in ‘n taxi sit sodat ons huistoe kan kom. Ons het dit gedoen en miskien sal ons dit weer doen. In die oggend voel ons kak en ons apologeer aan vriende. Ons lag en spot en ons probeer om dit nie (te dikwels) te doen nie. Ons maak af en toe foute maar ons weet ons wil nie dit weer doen nie.

Almal sê hulle wil die waarheid hoor en weet maar ek dink dis ‘n leuen. Ons bedrieg onsself en probeer om almal anders te bedrieg wanneer ons so praat. Die waarheid is nie altyd lekker nie en as almal bereid is om niks te sê nie dan is almal bly om te lieg en om ‘n vals realiteit te glo. Jy weet dis kak, almal weet dis kak maar niemand hoef anders sê nie. Help ek my vriend? Nee. Kan ek? Ek twyfel dit. Sy praat en ek luister maar ek weet ek wil nie daarmee bekommerd wees nie en ek glo nie die verskonings nie.

Wanneer ek by die voetbal is is ek baie stil en ek nóg sing nóg skreeu. Almal anders maak so maar ek sit net en kyk, luister en suig alles op. Daarna verlaat ek en vergeet. Ek weet nie wat ek leer nie.

/Xam en Afrikaans

Ek lees tans The Broken String: The Last Words of an Extinct People, oor die uitgestorwe Suid-Afrikaanse taal /Xam. In die 19de eeu het twee Europeërs die poging gemaak om die taal te leer en om ‘n rekord daarvan te hou voordat die laaste mense wat /Xam kon praat, het gesterf. Hulle werk is baie indrukwekkend en ek het hierdie sin baie interessant oor die rol van Afrikaans gevind:

“When /A!kungta arrived he spoke no English, and of course the European linguists spoke no /Xam, so the three began their work together by communicating in Afrikaans, the one language they had in common.”

Toe ons in Namibië was, bemerk ek net hoe belangrik Afrikaans in die suid van die land is. Toe ons in die klein dorpies was, hoor ons dit orals. Toe ons in die restaurants en winkels was – ver van die ander toerieste af – was Afrikaans die taal wat mense praat. Toe ons met die kelnerinne praat, vra ons wat ander tale hulle kan praat want die tale interesseer ons baie. Meestal was dit Afrikaans, toe Duits of Engels en uiteindelik die ou inheemse taal van die San/Khoi. Hul kinders, hulle sê, kan verstaan maar kan nie dié ou tale (goed) praat nie. Hulle leer vir ons ‘n klein bietjie maar ek kon niks onthou nie. Ongelukkig het Afrikaans hierdie tipe tale “gehelp” om uit te sterf.

Om Afrikaans te skryf

Ek het onlangs met Johan van Die Moddereiland Potgooi gepraat en ek het gesê dat ek ‘n bietjie bekommerd is oor om foute te maak wanneer ek Afrikaans skryf. Johan het vir my gesê ek moet nie so bekommerd wees nie en hy is reg. Daar’s veel mense wat Engels met foute skryf maar ons kan tog verstaan.

Gisteraand het ek my hele blog gelees. Ek het in September 2006 begin skryf en toe ek dit lees, onthou ek so veel verskillende dinge en ek besef net hoeveel ek geniet om Afrikaans te skryf. Ja, daar’s spel- en grammatikafoute maar tot dusvêr het niemand gepla of my daaroor gekritiseer nie. Ek wil amper vlot Afrikaans kan praat maar sonder genoeg oefening sal ek nie dit bereik nie.

So sê vir my, wat is die regte – of beter – Afrikaanse woorde vir dié onder:

  • a blog
  • to comment
  • a post
  • an update
  • to update

As daar geen goeie Afrikaanse woorde is nie dan laat ons een maak. So vêr soos moontlik wil ek vermy om net Engelse woorde te verafrikaans tensy dit die aangeneemde woord of vorm is.

Wat ek op Kersfees sal doen

Hierdie Kersfees gaan my vrou met vriende na Argentinë toe op vakansie. Ek is nie heeltemal seker hoekom sy besluit het om te gaan nie omdat sy nie van reis hou nie. Wat dit bedoel is dat ek alleen met die katte tuis vir drie weke sal wees en tensy ek iets reël, is ek bang dat ek net die hele tyd kroeg toe sal gaan!

So hierdie jaar het ek besluit om as vrywilliger vir Crisis in ‘n sentrum vir huislose mense te werk. Ek en ‘n werk kollega het aansoek gedoen so ons nou wag om te hoor as ons dit kan doen. Ek weet nie wat om te verwag nie – okei ek sal verduidelik, ek weet die tipe werk ek sal doen, maar ek besef dat daar ‘n verskil is tussen die verwagting en die realiteit maar ek dink die ervaring sal waarskynlik ‘n groot indruk op my maak.

Afrikaanse boeke

Ek het hierdie week vyf Afrikaanse boeke vir £10 gekoop van ‘n oke op gumtree af. Hy wou hulle verkoop omdat ek terug na Paarl gaan maar ongelukkig het hy geen ander boeke om te verkoop nie. £10 is baie goedkoop en ek was bereid om £20 of meer te betaal maar natuurlik was ek bly met sy keus van prys.

Onder hulle is drie romans deur Koos Kombuis en syne is nie te moeilik vir my om te lees nie. Ek het nou meer as 40 Afrikaanse boeke, 22 Afrikaanse Kuifie boeke (ek soek nou die drie ander) en ‘n groot aantal koerante en tydskrifte.

So ek versamel hulle, maar ek moet hulle begin lees. As jy iets wil leen, laat my weet. Miskien kan ons ‘n Afrikaanse biblioteek in Londen maak.

Suid-Afrikaanse koerante in Londen

Ek is man van roetine. Ek doen dieselfde dinge die hele tyd. Elke vrydagoggend het ek uit die moltrien in Leicester Square stasie afgestap, ‘n tee van Starbucks gekoop en die nuwe uitgawe van SA Times UK gekry. Toe het ek na werk toe geloop. Elke maand het ek Die Stem ook gekry. Dit was baie lekker.

Net ‘n paar maande gelede was daar drie (ek dink) gratis Suid-Afrikaanse koerante in Londen, naamlik SA Times UK, Die Stem en The South African. Maar nou het alles verander. Ek verstaan dat SA Times UK – wat in Engels was maar met ‘n paar berigte in Afrikaans – bankrot gespeel het. Die Stem is nou net ‘n half-blad en een berig in The South African, wat nou die enigtse Suid-Afrikaanse koerante in Londen is.

So ek vra, hoekom? Is daar nie geneog Suid-Afrikaners in Londen om ‘n paar koerante te ondersteun nie? Het niemand die koerante gelees nie? Wil niemand die koerante lees nie? Daar’s nou veel gratis koerante vir mense uit Rusland en Pole so dis ‘n groot skaam.

Wat kan ons doen? Wat wil mense doen?

Hoekom so stil weer?

Ek is nou baie besig met sport (Krav Maga, waaroor ek een dag sal skryf), Duits en werk.

Op Dinsdagaand was die eerste Duitse klas en daar’s nou sewe nuwe mense en ons vier wat verlede jaar se klas voltooi het. Een van die nuwe mense is ‘n Suid-Afrikanse vrou wat baie goeie Afrikaans – en baie goeie Duits – praat so ons het ‘n bietjie gesels. Dit bedoel dat nou ek ‘n ware poging met Duits moet maak as ek nog die beste in die klas wil wees.

Anders nuus? Net gaan Arsenal kyk, sien Metallica op O2 Arena en gaan kroeë toe. ‘n Lui lewe.

Rugby in Twickenham

Gister het ek Twickenham toe gegaan om rugby te kyk. Nou gewoonlik doen ek nie dinge soos dié nie – voetbal is my sport – maar ek het Boland Kavaliers sien speel toe ek onlangs in Suid-Afrika was wat ek geniet het.

Op pad Twickenham toe het ek boerewors van ‘n padstal gekoop wat baie lekker was. Twickenham Stadium is baie indrukwekkend ek moet sê. Ek het nie besef net hoe groot dit is nie. Nie so goed soos Arsenal nie maar nog baie goed. Ons het ‘n baie goeie uitsig van ons sitplekke af. Daar was twee wedstryds om te kyk – eers London Irish teen London Wasps en toe Harlequins teen Saracens. Ek is nie bewonderaar van enige span nie maar ek was meer as bly om te kyk, om bier te drink – wat jy nie op voetbal mag doen nie – en om met my vriende te gesels. Nadat was ons kroeg toe om oor Suid-Afrikaanse rugby en krieket te praat – twee van die ander mense is Suid-Afrikaners. Onderwerpe waaroor ek weet niks!

So ja, baie lekker en ek wil meer rugby kan sien.

Bafana Bafana weer

Ek het gisteraand Suid-Afrika teen Australië in die voetbal op QPR gaan sien. Dis die tweede keer dat ek hulle sien speel het en ek moet sê hulle is nou veel beter as die laas keer en ek was beïndruk. Die doelwagter was nie so goed nie en dit was sy foute wat tot Australië se doele lei. Op die ander kant, Australië se verdediging was nie beter nie en die uitslag was 2-2 so almal was bly.

Die stadion was nie vol nie maar daar was genoeg mense wat sing-sing en jol-jol so dit was ‘n lekker aand.

“En waar’s die doelwagter?” Net ‘n paar nanosekondes voordat Australië ‘n doel kry. Sien jy die bal?

Goeie sitplekke onder die Suid-Afrikaners.

Was ek met vakansie in Suid-Afrika? Ek onthou nie

Ek is nou ‘n paar weke terug by die werk nadat Suid-Afrika en Namibië en ek voel dat ek nooit weg was nie! Ek kyk na my foto’s en alles lyk so anders, ek kan nie begin besef dat ek eintlik met vakansie was nie. Ek sit nou by die werk en kyk uit die venster uit oor die bote op die Teems en wens ek weer in die Kaap is.

Toe ek op Kaapstad lughawe was net voordat ek gevlug het, het ek ‘n boek oor ware Suid-Afrikaanse misdaad in Afrikaans gekoop. Dit was amper die enigste Afrikaans boek wat te koop was. Ek moet sê, dis eintlik baie goed om te lees. Nie om oor die ander kant van Suid-Afrika te leer nie, die kant wat almal nie wil sien nie. Nee, dis eintlik erg maklik om te lees en vir leerder soos ek dis belgranik. Ek leer nuwe woorde maar ook as ek nie ‘n woord erken nie dan kan ek gewoonlik raai of werk die sin uit.

Op die ander kant besef ek nou net hoe veel foute ek maak wanneer ek skryf Afrikaans, hoofsaaklik wanneer ek gebruik die verkeerde woord of grammatika. Die verskil is dat as jy ‘n blog skryf dan kan almal my foute sien. Nie die grootste probleem ter wêreld nie en een wat ek kan regmaak.

So die oplossing vir beide probleme? Oefen Afrikaans en maak planne nou vir volgende jaar se vakansie in Suid-Afrika.

Terug van Suid-Afrika, môre België

Ek is nou ‘n paar dae terug in Londen na so ‘n fantastiese vakansie in Suid-Afrika en Namibië met vriende en familie. Drie weke was ‘n baie lang tyd om weg van my huis af te wees en ek was so bly toe ek terug gekom het en het my vrou weer gesien.

Ek het vroeër geskryf oor wat ek gedoen het en waar ek was so daar’s miskien nie te veel meer om te sê nie. Ek het klompie Afrikaanse boeke en koerante gekoop so daar’s veel om nou in Londen vir my te lees. Eintlik een ding wat baie cool was, is toe ek ‘n Van Coke Kartel t-hemp probeer koop het want ek kon nie een in die winkels koop nie. My vriend het my gehelp en het ‘n paar mense gebel en uiteindelik het hy met die kitarris gepraat en ons het sy huis toe gegaan om een te kry en het ‘n klein bietjie met die band gesels.

Ek wou ek het meer Afrikaans gepraat maar soms was ek eintlik baie bly om Engels te praat. Ek kon nie almal se aksent verstaan nie en mense praat so vinnig dat dikwels ek sukkel. Ek vind dit nou makliker om Afrikaans te lees, ek dink. Wel ek het amper ‘n hele Afrikaanse boek op die vlug gelees. Ek weet nie hoeveel ek my Afrikaans verbeter het nie en ek weet ek maak foute wanneer ek dit praat en skryf maar dit was so goed om die lewende taal te ervaar.

Dit was lekker om familielede weer te sien maar ongelukkig kon ek nie almal sien nie so ek wil nou volgende jaar terug kom en huur ‘n motor en ry deur Noord-Kaap en gaan cousins in Johannesburg sien. Ons het ook ‘n neef in Maputo so dan kan ek ‘n ander Afrika land besoek. Ek weet nou meer oor Suid-Afrika en het ‘n beter idee oor wat ek wil en kan doen.

Ek moet sê ek was baie bly om te hoor dat soveel mense Afrikaans nog praat. In die buiteland lees jy dikwels dat die talle mense wat Afrikaans praat, daal. Dit is dalk die waarheid – ek weet nie, ek woon oorsee – maar in Noord-Kaap en Namibië was Afrikaans die baas.

En nou gaan ek môre België toe.

Onder is ‘n paar foto’s.


In Kalkbaai buite ‘n restaurant wat ‘n ou spoorwegwa is.


Valsbaai. Dit was warm en winderig.


‘n Herdenking aan soldate wat gesneuwel het. Die Kasteel, Kaapstad.


Kolmanskop, Namibië. Baie interessant en vol Duitsers.


“Is jy ‘n rob? Ja, jy is!” ‘n Rob in Walvisbaai. So ‘n mooi vent.


Die strand tussen Swakopmund en Walvisbaai, Namibië.


Hohenzollernhaus, Swakopmund.


Duitse Lutherse kerk, Swakopmund.


Windhoek.


Vrouens verkoop velle op die B1 suid van Windhoek af.


‘n Paar kilometers suid van Rehoboth af, Namibië.


Kees die bobbejaan rook sy pyp. Die hotel in Keetmanshoop. Hy is dood maar dis ‘n bietjie vreemd.


Karretjie mense in Namibië en Britstown, Noord-Kaap!


Augrabies-waterval.


Ek staan by Augrabies-waterval, Suid-Afrika.


Binne die Taal Moumument, Paarl.