Daily Archives: 30/07/2017

Die Nederlandse kursus is nou gedaan

Ek het hierdie week die Duolingo Nederlandse kursus voltooi ná net ‘n paar weke se werk. Ja dit help dat ek Afrikaans kem so het ek ‘n gemakklike kies gemaak maar ek het nou drie hele bome voltooi – die ander twee is Esperanto en Frans – so het ek ‘n groot poging gemaak om elke dag te oefen.

Nederlands op Duolingo

Nog ‘n ander kursus voltooi

Een rede hoekom ek die kursus gevolg het, is dat daar geen Afrikaanse kursus bestaan nie. Daar’s genoeg mense op die geselhoekie wat sê hulle wil leer. Ek weet dat dit baie duur vir Duolingo is om alles gratis aan te bied, om servers, programeerders en taalkundiges te huur dus moet die maatskappy populêre tale prioritiseer. Dit maak sin en Afrikaans is seker ‘n klein taal wat ‘n groter, soortgelyke taal het wat as plaasvervanger ageer.

Op die ander kant, kan ‘n mens nou High Valerian leer en Klingon word tans ontwikkel. Uitstekende nuus is as jy ‘n fan van die televisie programme is, maar wat lyk vir my as stokperdjies. Dis ‘n bietjie vreemd dat ‘n lewende en nasionale taal van miljoene word verontagsaam. Ek wil hê die Facebook groep vir die kursus leerlinge sodat ek met ander spreker kan gesels.

Een voordeel was dat ek veel nuwe woorde geleer het, party wat lyk asof hulle nie veel in Afrikaans gepraat word nie so moet ek nou deur die kursus weer lees en skryf neer hulle. Daar bestaan aspekte van grammatika wat ‘n bietjie anders is en soms het ek gesukkel om die toets reg te maak. Miskien was ek te pret om die lesse te vinnig te doen dat ek nie goed geoneog geleer het so is die uitdadiging om altyd te onthou dat die tale is soortgelyk en anders en dat ek nie alles ken nie.

Ek fokus nou weer op Duits en Spaans en oefen elke dag die lesse. Een dag moet ek mense vind om mee te gesels.