Die vlae wapper

Ek loop vandag in Parliament Square langsaam die Parliament om hierdie vlae te sien wat in die warm lug en son wapper. Hierdie merk die Konigin se amptelike verjaardag wat deur Trooping the Colour op die komende naweek gevier word.

Hierdie vlae is dié van die Britse Kroongebiede – Eiland Man, Jersey en Guernsey en die kleine eilande – en dié van die Britse Oorsee Gebiede – beide groepe is klein onafhanklike gebiede van Brittanje of die Kroon. Ek is presies die tipe oke wat hierdie toneel kom sien – die oudmodiese blou Britse vaandel met ‘n wapenskild of ‘n ander vreemde ontwerp wat min mense ken. Die toeriste stel geen belang nie maar hulle mis ‘n klein stukkie geskeidenis.

Vlae wapper

‘n Klassieke toeriste kiekie – die Elizabeth-toring en Big Ben staan in die agtergrond

Meer vlae, wapper

Min bekende vlae word deur toeriste geïgnoreer

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam