Moderne joernalistiek

Elk week laai ek die Arseblog Arsecast af, ‘n podgooi oor Arsenal voetbal klub en luister as ek na die stasie loop. Die podgooi word deur ‘n Ierse oke uitgesaai en hy gesels met ander fans, podgooiers en joernaliste en hulle praat oor die klub, voetbal en enigiets en hulle lag (en ek lag hard), giggel en gesels soos kleintjies en dis baie snaaks. Hy ken goed waaroor hy praat en ek aanbeveel dat jy gaan luister.

Die ander dag praat hy oor moderne webblaaie praat, veral oor voetbal nuusblaaie, wat net gossip en opgemaakte stories publiseer. Daar’s amper geen waarheid binne hulle nie, maar hulle word vinnig en maklik ver oor die wêreld versprei want ander webblaaie sindikateer hulle en mense hertwiet en niemand maak die poging om die waarheid uit te vind nie. As jy jong joernalis is, hoekom wil jy hierdie tipe nuus skryf? Dis nie nuus nie, dis net opinie en gevoelens oor onderwerpe waaroor hulle min ken of omgee.

Arseblog beskryf hierdie tipe joernalistiek as “anti-intellektualisme”. Ek stem saam. Ons herken dit daagliks. Stories verksyn op jou Facebookvoer (of her-publiseer jou vriende hulle, wat ‘n slegter waarskynlikheid is), “Watch X give the perfect response to people who said Y”, “If you thought X think again”, “X shuts down their critics” ensovoorts. (Jammer ek skryf Engels, ek gaan sukkel om hulle te vertaal.)

Ek lees hierdie titels en dink, wie gee om? Die stories is niks besonders. Dis net click-bait. Waar is die narvorsing? Die stories sê amper niks van waarde nie. Te veel stories lees soos ‘n lys ander mense se opinies wat die skrywer probeer om te verbind.

Terselfdertyd lees ek dat The Independent – die koerant wat ek koop – binnekort sy bedrukte weergawe sal ophou publiseer en hy sal net ‘n aanlynse koerant word, ek vermoed soos The Huffington Post. Die rede soos altyd is die gebrek van geld, óf nie genoeg kopers óf nie genoeg geld van advertensies nie so dis die tipe probleme dat enige maatskappy ervaar. Wat ek gaan mis is die kwaliteit van joernalistiek en die navorsing die wye breed stories. Ek vra wat ek in die toekoms in die oggend op die rit na werk sal lees. Ek voel ek gaan ‘n groot deelte van my lewe en roetine verloor.

In Londen het die Suid-Afrikaanse koerante sedert 2000 heeltemal verander. The South African Times het jare gelede verdwyn – en hy het soms Afrikaanse skrywe gepubliseer – en Die Stem, ‘n gratis Afrikaanse koerant, het gevou amper so vinnig soos hy op die toneel gekom het wat ‘n jammerte was. Nou bestaan slegs The South African wat nou slegs ‘n webblad en portal vir die gemeenskap in die buiteland is.

Ek herken dat soos almal anders my aandagspan korter nou as in die verlede is. In die koerante sien ek artikels wie se titel lyk baie interessant en as ek daarop klik sien ek ‘n baie lank skrywe en ek sukkel om meer as ‘n paar paragrawe te lees voor ek net die blad tot later spaar. Een rede is dat ons nou soveel op die skerm van ons foon of tablet of rekenaar lees. Dis anders om aanlyn te lees as op die blad.

Ek sê nie ons raak dommer nie – hierdie tipe antwoord lyk vir my fout en lui, dit laat jou dink dat jy beter as ander mense is. Ons het verander en ons verwag om vinnig die inligting te kry sonder om alles te moet lees. Wat is die belangrikste feite en punte sodat ons na iets anders mag draai? Ek lees selde die Afrikaanse koerante aanlyn weens die vereiste om te betaal en ek vermoed hulle ook verander. Die Republikien lyk soos die enigste koerant wat aan die ou tradisies hou en miskien is die rede dat hy te klein is. Ek hou baie van Die Republikein en lees veral die misdaad deelte. Okei daardie is ‘n bietjie vreemd.

Blogging het op een keer ‘n nuwe geleentheid aangebied vir mense wat interessante poste wil lees, oor onderwerpe waaroor min mense skryf, maar die hele toneel is nou dood. Ek lees blogs (nie die Afrikaanse blogs wat nog bestaan nie) en die bloggers wat suksesvol is – wat besoekers en kommentare kry – dra advertorials en word betaal om maatskappye se advertensies te publiseer.

Ek het ‘n e-posse ontvang van media maatskappye wat vra of ek bereid is om artitkels hierop te publiseer wat ander mense wat ek ken nie, geskryf het en in retoer gaan ek betaal word. Ek wonder, weet hulle nie dat niemand my blog lees nie, dat ek geen besoekers kry nie? Besef hulle nie dat ek weet daar geen geld in uitgewery is nie? Koerante vou maar hulle wil hê dat ek glo ek gaan geld verdien. Dit klink onwaarskynlik. Ek skryf vir die lief van die taal. Ek is nie ‘n skrywer nie, net ‘n outjie wat ‘n domein naam gekoop het. Jy hoef nie ‘n joernalis te wees om goeie artikels te skryf nie maar die feit dat jy ‘n blog skryf bedoel nie dat mense sou lees nie. Dis moeilik. Ek weet. Dié wat suksesvol is werk baie hard en ken die onderwerp en het ‘n brand gemaak. Hulle is foendi’s waaroor hulle skryf.

As jy geen lesers het kan jy nogsteeds ‘n skrywer wees nie? Seker kan jy nie ‘n koerant wees nie.

Hoe ons op skool geleer het

‘n Vriend kom onlangs terug van ‘n kort verlof in Suid-Afrika om by familie te kuier en met ‘n klompie tweedehande Afrikaanse boeke. Hierdie is gewoonlik baie goedkoop op verkoop want minder en minder mense elke jaar wil koop. Ek hou baie van hierdie boeke, dis die tipe geskenk wat ek baie waardeer en seker meer as duurder of nuwe geskenke. Vir my, gee dit ‘n geleentheid om na die verlede te kyk.

Onder die klompie is Fiela se Kind, ‘n moderne klassiek van Afrikaans wat ek nog nooit gelees het nie maar ek ken sy reputasie. Hierdie kopie kom uit skool biblioteek in die laat 1980s en vroeë 1990s, ver in die verlede toe ek ook op skool was. Ek het nogsteeds ‘n paar boeke van my skooltyd waarin ek ook notas met potlood geskryf het. Ek lees nou my handskrif en ek verbaas my beide hoeveel my handskrif verander het en hoeveel dit nog baie soortgelyk is. In hierdie boek is hul handskrif so netjies en klein soos ‘n konsienseuse kind s’n.

Field se Kind
“Field se Kind”

Deesdae gebruik leerlinge teknolgie soos skootrekenaars en tablets en alle leerstof word aanlyn gepubliseer en versprei. Ons almal onthou toe ons met ‘n biro notas skryf en lyne onder woorde en uitdrukkings streep. By die werk skryf ek met ‘n pen in ‘n notaboek maar miskien is die rede dat die staatsdiens weier om vir ons ‘n tablet te gee sodat alles geskryf en dan getik is.

Persoonlik hou ek daarvan om met ‘n pen te skryf en om my en ander mense se handgeskrewe teks te lees. Jy leer oor die skryfer, of miskien is dit meer akkuraat om te sê jy begin dink oor wie die skryfer in die werklikheid is. Jy let op wie se handskrif lyk pragtig en slim, en wie s’n is onleesbaar of morsig. Ek hoop mense hou van myne so veel soos ek doen ten spyte van die feit dat ek nie aangesluit handskif kan doen nie – ek skryf byna soos ‘n seuntjie!

Field se Kind met handgeskrewe notas
‘n Bladsy van “Field se Kind” met handgeskrewe notas

Toe ek Afrikaans begin leer, stuur my ouma in Johannesburg vir my ‘n oud woordeboek wat aan die dogter van haar vriend besit het en sy het haar naam op die kant van boek geskryf. Ek ken haar nie maar as ek my Afrikaanse roman skryf sal ek haar naam aan die heldin gee.

Nou lees ek die boeke en die name van die studente wat amper dertig jaar gelede hierdie boek geleen het. Waar is hulle nou? Onthou hulle die keer toe hulle die roman moes lees? Duisende myle weg en veel jaar later leef voort hul name hier in my Afrikaanse boeke versameling.