Die weg hoe ons lees, het verander

Ek lees onlangs ‘n artikel in ‘n gratis Londense koerant wat my oor moderne joernalistiek laat dink het en die tipe nuus ons as lesers wil lees. Ek gee nie ‘n skakel aan die artikel vir klaarblyklike redes nie maar glo my as ek sê dit was so soetsappig, stroperig en gemaksugtig van die joernalis wat ek en ‘n vriend het daaroor hard gelag. Dit verbaas my dat só ‘n artikel gepubliseer kan word en hoekom die joernalis dink dit ‘n goeie idee was om in hul eie naam te skryf. Kwaliteit het beslis afgeneem.

Wat merkbaar is, is hoe joernalistiek verander het – en terselfdertyd hoe ek besef hoe oud ek word. Media word meer sosiale media met ‘n idee van burger joernaliste – ek dink hulle noem hulself vryskut. Wat in die verlede nuus, opinie en ontleding was en wat verduidelik en konteks gee word nou deur gevoelens – dié van beide die joernalis en die leser – vervang. Die leser begin glo hul veronderstellings en kommentare is nou so belangrik soos die skrywer se ontleding. Die tipe onderwerpe wat ek wil leer is nie die tipe onderwerpe waaroor koerante wil skryf nie. Jy lees of nie net wat hulle publiseer.

Die rol en vereistes van skrywers ook verander. Hoe maklik dit word om die leser te bereik hoe meer die kwaliteit en styl verander en word verloor. Mense skryf gratis vir aanlynse weergawe van koerante wat nodig het veel meer artikels dat jy lees meer en meer gesindikeerde en vertaalde artikels. Die bedrukte koerant begin verdwyn en word webblaaie en Facebook blaaie met ‘n gemeenskap lesers en die geleentheid van advertensie. Die leser stuur skakels aan hul vriende en versprei die koerante se skriftes oor die hele wêreld gratis. In die laas paar jaar het Die Stem en The South African Times gevou en The South African is nou net ‘n webblad wat ‘n jammer is want ek het altyd geniet om Dinsdagoggend ‘n kopie op te tel as ek werk toe loop.

Toe ek begin blog het was die blog toneel baie besig. Daar was ook die potgooi okes wat elke week hul gedagtes vir die wêreld uit gegooi het, mense vol persoonlikheid. Toe was daar omstrede oor die woord potgooi tussen Afrikaanssprekendes en Nederlandssprekendes. Ek onthou nie die redes hiervoor nie, maar nou die woord podgooi word gebruik.

Ek beskou myself nie as joernalis of skrywer nie. Ek is ‘n leerder van Afrikaans en ek skryf vir my die geleentheid om nuwe woorde en grammatika te oefen wat ek onlangs geleer het. Om myself uit te druk in ‘n vreemde taal is ‘n groot uitdaging en ek skryf nou net vir myself op ‘n Afrikaanse blog toneel van stilte sonder belangstellende lesers en skrywers.


Ek het geen foto vir hierdie pos nie.