Boere op die aardsdrempel

Ek lees hierdie week Afrikaans boere in Argentinië op The South African webblad oor ‘n nuwe fliek oor hierdie gemeenskap. Die fliek lyk interssant so hopelik sal dit beskikbaar wees om aanlyn af te laai. Ek twyfel my plaaslike bioskoop sal dit vertoon so dis ‘n DVD om te koop.

Dis ‘n storie wat veel mense interesseer. Dis inspirering om te lees oor ‘n afgeleë groep wat aan hul kultuur en oorsprong vashou. Ek sukkel om die sprekers in die video te verstaan weens hul aksent. Dit klink verder van moderne Suid-Afrikaanse aksente as dié wat ek dikwels hoor. Wys hierdie die invloed van die Spaanstalige land of die oorblyfsels van ‘n argaïese aksent? Of is ek net heeltemal verkeerd?

Ek het oor die gemeenskap in ensiklopedieë gelees toe ek in 1998 begin leer het. Destyds stryd Encyclopaedia Britannica teen Microsoft se Encarta om die grootste te word, die onoffisiele bron van alle kennis. Hierdie inligting was taamlik maklik om te vind vir ek as nuuskierige leerling wat alles oor die taal en sprekers wou uitvind. Hierdie was ‘n paar jaar voor Wikipedia verskyn het waarna ons altyd verwys as ons is onseker. (Toe het beide ander verdwyn en oorleef slegs in artikels oor hulleself op Wikipedia.)

Onegelukkig is die enigste boek, Colonia Boer, an Afrikaner Settlement in Chubut, Argentina, baie duur. Ek sou dit gekoop het toe dit net ‘n bietjie duur was, nie belaglik duur nie.

Twee ander groepe uit getrek na die oorlog om nuwe geleenthede te vind en om die Britse bewind te ontsnap. Boer Settlers in the Southwest vertel oor vertrekkers in Texas en Meksiko. The Boers in East Africa vertel oor ‘n groep wat Eldoret in Kenia gebly het. Ek dink ek het gelees dat dié in Kenia joiners was wat Suid-Afrika moes verlaat (miskien het ek só in Mark Behr se of Stephen Taylor se Livingstone’s Tribe gelees) en het uiteindelik terug na Suid-Afrika gegaan. Niemand stel groot belang in hulle nie, ‘n bietjie soos die nasate van die Dorsland trekkers wat in die 1920s Angola uiteindelik verlaat het.

Dit herinner my ook na Riccardo Orizio se uitstekend Lost White Tribes, veral die hoofstuk oor die Basters in Namibië wat nog trots op Afrikaans is. Daar is ‘n geleentheid vir hierdie groepe, en ander groepe, om mekaar te ondersteun noudat teknologie bestaan wat ons met mense op die aardsdrempel te kommunikeer. Mense aanlyn skryf hoe hulle die mense in Argentinië help maar verdien die uithmees meer aandag as die plaaslik? Ons hang af van die internet, en veral sosiale media, vir om iets nuuts te leer. Mense wil weet en deel in iets groot neem maar ontbreek die nuuskierigheid om op ons eie na te vors.

My belang in hierdie groepe is taal, veral minderheid taal in ‘n gebied van ‘n oorheersende taal en nie in spesifiek Afrikaner se kultuur in die buiteland nie. Ek waardeer dat minderheid tale sonder hul kultuur sukkel om lewend te bly. In die fliek lyk dit bly hulle trots op hul oorsprong maar het die taal onder die jonges verloor. Ek dink mense stel dikwels ‘n groter belang in kollektiewe geheues en geskeidenis as in taal. My belang in taal sluit nie-blankes binne in saam met blankes, hoe hulle praat en hoe hulle dink hieroor.

Is die geskeidenis en ervaring van die gemeenskap in Argentinië ‘n metafoor of aanduiding vir die toekoms van Afrikaans as ‘n lewende taal van miljoene in suider Afrika? Die jonge mense het verspaans so wat bly is die ouder mense en ‘n kollektiewe kultuur en identiteit. Is hierdie dalk ‘n moontlikheid wat vir Afrikaans wag?

In die toekoms, wie gaan Encarta opspoor?