Vakansie is nou geboek

Ná my vorige pos oor vakansie gedagtes, het ek uiteindelik ‘n beslissing gemaak en ‘n vakansie geboek; ek vlieg oormôre na Gran Canaria in die Kanarie Eilande. Ek het besluit dat ‘n afgeleë eilandgroep in die Atlansiese Oseean ‘n baie mooi idee klink.

Ek het besluit dat ek wil net in die son sit en ontspan. Ek wil nie treine moet vat nie, ek wil nie haastig wees nie en dink oor waar ek wil vir die nag bly nie. Dis nie die avontuur wat ek oorspronlik beplan het nie maar dit sal my eertse besoek na Spanje wees. Miskien sal hierdie besoek inspireer my om Spaans te leer. Ek skryf elke jaar hierop oor planne om tale te leer. Ek weet ek sal dit nie doen sonder ‘n goeie rede om te wil leer nie.

Ek lees nou aanlyn oor wat ek kan doen behalwe net om in die sonskyn rond te loop. Daar is ‘n paar rock metal pubs en buite die Las Palmas is daar veel natuur om te siene en duine om op te klim. Om op my eie op vakansie te gaan sal ‘n bietjie vreemd voel en soos ek vooraf geskryf het is ek ‘n bietjie bang oor om nuwe mense te ontmoet. My idee van gesels en klets is nie dieselfde as ander mense s’n nie! Natuurlik is ek ook ‘n bietjie bang oor al die ander Britse toeriste maar hopelik is alles ‘n bietjie stiller as in die somer so sal mense ‘n bietjie ouer en stiller wees.

Ek dink nou oor ‘n ander kort vakansie in Mei miskien na Lissabon, en dan sal ek al my geld spandeer het en sal moet begin spaar.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam