Die vakansie kom nader

Kersfees kom vinng nader en ons almal begin dink oor wat ons oor die tydperk wil doen. Ek gaan nie by familie kuier nie. Ek bly tuis saam met my kat en sal niks doen nie; kyk na die televisie, gaan na die bioskoop toe, drink tee, dwaal oor die stad en vryillig ‘n bietjie by ‘n sentrum vir daklose mense. Hierdie is die derde keer dat ek vrywillig en dit laat my dink oor die groter gemeenskap en hoe ons ‘n bietjie kan doen om ander mense te help.

Een ding wat jy nou meer en meer merk is die hoeveelheid daklose mense wat op die strate and paaie bedel of wat The Big Issue verkoop. Hierdie situasie groei al ‘n paar jaar lank en die vrywillige sektor moet meer en meer elke jaar doen om mense te ondersteun.

Ek dink oor wat ons rêrig bereik. Al die vrywilligers wil die gaste (soos hulle genoem word) help en die sentrum gee raad oor werk, akkommodasie, om geld en ander voordele te eis ensovoorts. Hierdie tipe werk – die vrywilliger sektor – is die tipe inisiatiewe wat die huidige regering wil bevorder om plaaslike oplossings te identifiseer en te implementeer. Die vraag is, bestaan hierdie tipe oplossings want die regering verkies om min te doen of want die vrywillige sektor kan voordele beter as die regering kan, implementeer? Kom die nodigheid vir hierdie tipe oplossings – want soeveel mense op die vrywilligers af hang – uit die regerings se beleide?

Ons kan ons eie bydra maak maar ons wil eerder die dag sien wanneer dit nie meer nodig is nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam