Min sukses

Ek het vroeër geskryf oor my pogings om ander Afrikaanssprekers in Londen te vind. Ek het boodskappe aan ‘n paar Meetup groepe gestuur aangesien dit blyk amper die enigste weg te wees vir mense om sosialisering te organiseer; dis te vreemd om nuwe mense op Facebook te probeer om te ontmoet.

Ongelukkig is twee groepe baie stil of dood. Ek het terug gehoor van die ander wat die mees besig is en wag nou om ‘n lid te word sodat ek kan vra of iemand belangstel. Ja, alles is baie gekompliseerd en ek verstaan hoekom mense ten slotte opgee.

Die Suid-Afrikaanse koerant in Londen het onlangs verander en nou publiseer geen Afrikaans nie. Eintlik die koerant lyk nou meer soos ‘n vroulike lyfstyl tydskrif vol gesindikeerde nuus en artikels oor restaurante. Okei miskien is ek ‘n bietjie ru maar dis baie frustrerend as jy entoesiasties vir die taal is.

Ek dink elke jaar skryf ek oor hoe ek hierdie jaar nuwe mense wil vind en elke jaar vind ek niemand. Miksien maak ek die verkeerde tipe poging, soek in die verkeerde plek en dan volg ek nie die spore op nie. Die blogosfeer lyk nou baie stil – of miskien stel niemand belang in myne nie, die bliksems! Intussen sal ek net aanhou leer en lees soveel soos ek kan vind. Een dag sal ek dalk nodig hê om dit te praat.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam