‘n Paar dae se vrywillige werk by ‘n sentrum vir daklose mense

Ek het nou al ‘n paar dae lank by Crisis in ‘n sentrum vir daklose mense gevrywillig tydens die Kersfees vakansie waaroor ek vroeër geskryf het.

Crisis at Christmas
Crisis at Christmas

Onder the gaste – soos die daklose mense genoem is – sien jy daar’s twee tipe dakloosheid. Een groep is langtermyn, hulle lyk moeër en ouder soos jy sou miskien van mense dink wat op die straat smeek of rond dwaal. Hulle is hoofsaaklik Brits of Iers. Die ander tipe kan soos tydelike dakloosheid beskryf word. Hulle het byvoorbeeld werk verloor en nou sukkel om ‘n permanente woonplek en nuwe werk te vind. Hulle lyk soos jy en ek en daar is aantal buitelanders onder hulle, mense wat Londen toe vir werk gekom het. Die tekens is in ook Romeens, Rus en Spaans geskryf en hulle het nodig vreemdetaalsprekers onder die vrywilligers. Eritrese asiel soekers praat Tigrinya, Indiërse studente praat Hindi en Brasiliane praat Portugees in die tou terwyl hulle wag om hulp te ontvang.

Die aspek waarvan ek hou is dat ek ander vrywilligers uit soveel verskillende agtergronde ontmoet. Hierdie is vir my baie belangrik. Hoekom wil ander mense doen dieselfde ding doen wat jy wil doen? Daar’s ‘n groot reeks mense. ‘n Paar is afgetrede mense wat praat stil-stil oor die aantal immigrante onder die daklose mense – hulle is nie verantwoordlik vir die probleem nie en kom nie hierso juis om te bedel nie.

Daar’s studente wat vroeg in die oggend opgestaan het om die vroegste trein te neem om heen te kom. Daar’s mense wat ook ‘n paar dae verlof daarvoor geneem. Daar’s Sjinese studente wat lede van ‘n kerk is en soek maniere om ander mense te help. Ons almal gesels lekker en deel ons redes en stories terwyl ons staan of sit en wag en ons pligte doen.

Ek herken ‘n paar ander vrywilligers en organiseerders uit afegelope jare toe ek ook gewerk het en daar’s ‘n ware gemeenskap en vriendskap. Sommige vrywilligers werk elke Kersfees nou al jaar lank, wat die mees indrukwekkend is. Hulle wil elke jaar terug kom en hulle ken ‘n bietjie sommige gaste en hul agterstories oor hoekom hulle nou dakloos is. Hulle is dikwels oop oor hoekom hul lewes só uitgedraai het, die resultaat van óf alkohol óf dwelms. ‘n Paar verduidelik hoe hul destydse gedrag onaanvaarbaar was wat tot hulle huidige situasie gelei het.

Die sentrums – daar’s ‘n paar ander in Londen – bly oop net vir tien dae voor al die gaste gaan terug aan hulle lewes en stryde. Jy dink oor hoeveel sal hulself buite hul huidige situasie ontkom, wie gaan werk kry en ‘n woonplek. Ek loop vandag in Londen en sien weer mense wat op die strate sit en slaap. Hulle dra veel klere en slaapsakke om hulself van die koud te beskerm en vra verbygangers vir kleingeld. Sommige slaap rof agter kantoors, in kantstrate of op sitbanks, sommige betaal vir ‘n bed in hostels. Dit hang af van hoeveel geld hulle het of wat hulle verkies doen. Dis nie ‘n mooi lewe nie.

Ek het hierdie jaar se ervaring baie geniet en waardeer hoe gelukkig ons is dat nie op die strate is nie. Ek beplan nou om aanstaande jaar meer dae te vrywillig. Dis ‘n goeie weg om ‘n paar dae se verlof te spandeer veral as ek nie veel ander dinge hê om te doen nie. Ek sou huigelaar wees indien ek vreet en suip oor die vakansietyd terwyl ek terselfdertyd oor dakloosheid preek.

Soms vermoed jy dat in die waarheid is die hele sentrum en aktiwitiewe vir die voordeel van die vrywilligers verskaf, wat iets soek om gedurende die vakansietyd te doen sodat hulle nie by hul families mag kuier nie, maar ons is gelukkig om daardie opsie te hê. Ongelukkig is dit nodig dat ons vrywillig en geld skenk sodat ons dakelose mense kan ondersteun wat geen keuse nie.

Nog ‘n jaar in Afrikaans

Gister ontmoet ek ‘n Afrikaans vriend vir ‘n bietjie lunch en tee en dit was goed om ‘n kans te hê om oor Afrikaans te gesels. Deesdae praat ek amper geen Afrikaans nie en dit laat my terug oor die afegelop jaar kyk en dink oor hoe ek Afrikaans probeer om te gebruik.

Ek het boodskappe aan ‘n paar Meetup groepe gestuur maar het geen sukses gehad nie. Ek wag op ‘n lid van een groep te word en die ander groepe is baie stil of dood. Ek vermoed nou daar’s baie min mense wat in Afrikaans belangstel, veral onder jonger mense. Die ouder mense het na die voorstede verhuis en het nou kinders en het gewoonlik ‘n bietjie verbrits – kry burgerskap en ‘n kring Londense vriende ensovoorts.

My vriend het nou ‘n seuntjie en is weer swanger en ons gesels oor die onderrig van die taal aan ‘n jong kind. Afrikaanse ouers in die buiteland is soms ‘n biejtie vreemd na my mening want hulle aandwing dikwels nie op die onderrig van die taal aan hul kinders nie so sê my vriend. Ek ken meer mense wat Afrikaans nie aan hul kinders geleer het as dié wat só gedoen het nie. Sommige hou miskien nie van hul moedertaal nie, sommige dink dit gee geen voordeel as hul kinders praat nie, sommige dink dis net makliker om na Engels te verwissel. Ek weet nie die redes nie.

Hierdie staanpunt lyk baie vreemd; veel mense in Brittanje praat hul moedertaal, dikwels ‘n kleiner taal, met kinders by die huis maar die kinders praat Engels soos hul moedertaal. Hierdie kinders is nie deurmekaar nie. My vriend wil hê dat haar kinders Afrikaans praat so gesels ons ‘n bietjie daaroor. Ek sê altyd dis goed vir kinders om die geleentheid te kry om ‘n ander taal van kleins af te leer ken.

‘n Ander ding waaroor ons gesels is die blog toneel. ‘n Paar jaar gelede was daar veel blogs en bloggers, mense soos ek wat oor hul nuus en gedagtes in Afrikaans skryf en deel met die internet. Nou blog min mense – of ek vind baie min blogs veral in Brittanje. Ek merk hoe mense begin blog en dan skielik gee op blog. Gewoonlik as ek hul blog gevind het, het hulle reeds veel poging gemaak om hulself te bevorder deur verskillende sosiale media, tags en hashtags, skakels aan die populêre webblaaie en blogs.

Ek verstaan nie hoekom hulle verdwyn so vinnig soos hulle verskyn het nie. Dis dieselfde met al blogs oor enige onderwerp; hulle vlam kortliks soos ‘n meteoor voor hulle uit brand. Het hulle net nou besef dat die blog sal nie immer groei nie? Het hulle nie geweet dat hulle baie besig sal wees as hul leserskap wil behou nie? Het hulle in die werklikheid niks om te sê nie? Sou hulle verkies om populêr aanlyn te word – ‘n internet persoonlikheid en eienaar van ‘n gewild webblad – dan om ‘n kampvegter vir die taal te word? Dit pla my want ek geniet om ander Afrikaans skriftes te lees so wanneer hulle verdwyn verloor ek ‘n webblad waarvan ek hou.

Ek blog nou al agt jaar lank en die blogosfeer is baie stil. Min mense besoek en minder mense los kommnetaars. Ja ek is ‘n bietjie teleurgestel maar op die ander hand skryf ek vir myself. Dis ‘n weg om te oefen. Dis amper die enigste geleentheid ek het om die taal te gebruik voor ek alles begin vergeet.

Deur te skryf bydra ek na die Afrikaanse geskrifte? Die antwoord is beslis nee so wonder ek hoe ek voordeel. Soms voel ek soos ‘n ruimtetuig wat in die uitgestrekte ruimte vaar en elke af en toe saai ek ‘n eensame gereelde ping uit om ander Afrikaanse lewe te vind. Ek sê nie dat my blog soos die Voyager Goue Plaat is nie maar soos Voyager tot dûsver beantwoord niemand.

Die vakansie kom nader

Kersfees kom vinng nader en ons almal begin dink oor wat ons oor die tydperk wil doen. Ek gaan nie by familie kuier nie. Ek bly tuis saam met my kat en sal niks doen nie; kyk na die televisie, gaan na die bioskoop toe, drink tee, dwaal oor die stad en vryillig ‘n bietjie by ‘n sentrum vir daklose mense. Hierdie is die derde keer dat ek vrywillig en dit laat my dink oor die groter gemeenskap en hoe ons ‘n bietjie kan doen om ander mense te help.

Een ding wat jy nou meer en meer merk is die hoeveelheid daklose mense wat op die strate and paaie bedel of wat The Big Issue verkoop. Hierdie situasie groei al ‘n paar jaar lank en die vrywillige sektor moet meer en meer elke jaar doen om mense te ondersteun.

Ek dink oor wat ons rêrig bereik. Al die vrywilligers wil die gaste (soos hulle genoem word) help en die sentrum gee raad oor werk, akkommodasie, om geld en ander voordele te eis ensovoorts. Hierdie tipe werk – die vrywilliger sektor – is die tipe inisiatiewe wat die huidige regering wil bevorder om plaaslike oplossings te identifiseer en te implementeer. Die vraag is, bestaan hierdie tipe oplossings want die regering verkies om min te doen of want die vrywillige sektor kan voordele beter as die regering kan, implementeer? Kom die nodigheid vir hierdie tipe oplossings – want soeveel mense op die vrywilligers af hang – uit die regerings se beleide?

Ons kan ons eie bydra maak maar ons wil eerder die dag sien wanneer dit nie meer nodig is nie.

Min sukses

Ek het vroeër geskryf oor my pogings om ander Afrikaanssprekers in Londen te vind. Ek het boodskappe aan ‘n paar Meetup groepe gestuur aangesien dit blyk amper die enigste weg te wees vir mense om sosialisering te organiseer; dis te vreemd om nuwe mense op Facebook te probeer om te ontmoet.

Ongelukkig is twee groepe baie stil of dood. Ek het terug gehoor van die ander wat die mees besig is en wag nou om ‘n lid te word sodat ek kan vra of iemand belangstel. Ja, alles is baie gekompliseerd en ek verstaan hoekom mense ten slotte opgee.

Die Suid-Afrikaanse koerant in Londen het onlangs verander en nou publiseer geen Afrikaans nie. Eintlik die koerant lyk nou meer soos ‘n vroulike lyfstyl tydskrif vol gesindikeerde nuus en artikels oor restaurante. Okei miskien is ek ‘n bietjie ru maar dis baie frustrerend as jy entoesiasties vir die taal is.

Ek dink elke jaar skryf ek oor hoe ek hierdie jaar nuwe mense wil vind en elke jaar vind ek niemand. Miksien maak ek die verkeerde tipe poging, soek in die verkeerde plek en dan volg ek nie die spore op nie. Die blogosfeer lyk nou baie stil – of miskien stel niemand belang in myne nie, die bliksems! Intussen sal ek net aanhou leer en lees soveel soos ek kan vind. Een dag sal ek dalk nodig hê om dit te praat.