Só het Skotland besluit

Die uitslag van die Skotse referendum oor onafhanklikheid was nie die groot verrassing wat soveel verwag het nie. Ek het dit verkeerd voorspel. Miskien was ek net te pessimisties. Miskien wou ek slim lyk. Hulle het besluit om binne die Vereniging te bly, hierdie land oorleef – vir nou. Ek het vroeg in die oggend wakker geword en na nuus op die radio geluister en het toe die hele dag die berigte en rubrieke op die koerante en internet gelees.

Ek dink almal was beïndruk en trots op net hoeveel Skotse kiesers gaan stem het, amper 85 persent. Die hele proses, soos ek reeds geskryf het, het die land en gesprekke geaktiveer oor hoe hulle hul toekoms wil hê wees. Die probleem en uitdaging is om die belooftes te aflewer voor mense weer teleurgesteld en gefrustrueerd word.

Die groot kwessie bly onopgelos as Wallis, Noord-Ireland en die gebiede van Engeland groter kragte oor hulle sake en verantwoordlikhede wil kry. Hoe lang nou voordat Skotland gatvol word met Engelse eise vir hul eie self-regering? Ek sou Skotland nie blameer as hulle besluit binne ‘n paar jaar dat hulle weer oor onafhanklikheid gevra wil word nie. Wat het ons feitlik besluit? Dis opwindende tye sonder tywfel, om ‘n clichê te sê.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam