Daily Archives: 05/09/2014

Skotland besluit binne twee weke

In minder as viertien dae gaan Skotland stem wat die toekoms van die huidige land besluit. Hierdie is reuse saak maar mense, behalwe ek, het net baie stadig begin wakker word en besef hoe alles sou kan verander. Op die honderd jaar verjaardag van die begin van die Eerste Wêreld Oorlog sal ons miskien iets so groot ervaar waarna niks dieselfde sal wees nie.

Skotland en die Verenigde Koninkryk

Skotland en die Verenigde Koninkryk

Vir mense buite Skotland was die hele proses iets wat baie min mense tot dusver gevolg het. Ons het vermoed dat hulle Nee sou stem en wil binne die Vereniging bly. Nou lyk dit dat ‘n meerderheid sal Ja stem. Skielik lê die momentum met die Ja kamp, wat’n populêre nasionale beweeging is. Dan sou die onderhandelinge oor die ontbinding begin oor wie neem wat, wat die verhouding tussen die lande gaan sal beskryf.

Indien ek nog in Skotland was, dink ek ek sou nóg stem vir om in die Vereniging te bly. Ek kom uit ‘n unionist familie en ek beskou myself as Brit en nie Engels. Maar ek bly in Londen en kan nie stem nie. Op die ander kant, ek verstaan hoekom honderd duisende Skotse hierdie geleentheid wil gryp en vashou om hulle eie toekoms te skep. Ek moet erken dat indien ek in Skotland bly en hulle stem vir onafhanklikheid sou ek ook gelukkig wees. Ek sou ‘n trotse burger van beide Skotland word terwyl op terselftertyd ek ‘n trotse burger van Verenigde Koninkryk sou bly.

Hoekom het ons tot hierdie situasie gekom? Dis maklik om die moderne geskiedenis op te spoor. Ek onthou toe ons in Skotland in die 1980s gebly en my pa het oor die groeiende elektoraal krag van die SNP gepraat. Destyds was dit miskien ‘n betoog stem teen die regering in Londen onder Margaret Thatcher ná veel onpopulêre voorvalle. Toe in die 1990s en die vroeër 2000s het hulle self-regering gekry en dit blykbaar was dat hulle hul eie suksesvolle regering kon beheer. Maar, na my mening, die meeste belangrike onlangse gebeurtenis was die Irak oorlog wat baie onpopulêr was en wat soveel mense voel was onwettig. Die tradisionele kiesers het gevolglik Labour verlaat. Foute in Londen lei tot hierdie referendum. Die regering het gelyk nie om oor Skotland se probleme en sake om te gee nie. Nou die die huidige regering in Londen ook baie onpopulêr.

Dis ‘n jammer dat te laat is die argument gemaak vir die verenigde land. Ek weet ek is nie allen nie as ek sê ek wil in land bly wat uit vier sterk en gelyke land bestaan wat vir ‘n deelmende doel stryd. Die beperkings op die huidige politikiese landskap is vanselfsprekend. Engeland en Londen se invloed is te groot, dit versmoor Skotland, Wallis en Noord-Ierland.

Wat verskil gaan onafhanklikheid vir mense in die vier deelstate maak? In veel maniers, baie min. Ons almal gaan nóg dieselfde taal praat en dieselfde kultuur geniet. Die lande is reeds baie aparte in soveel aspekte van politiek, nasionale uitsig en verwagtings.

Ek voel pessimisties. Ek dink Skotland sal gaan weg en sal baie teleurgestel wees. Dit sou dalk die regte beslissing vir hulle wees maar die groot jammer is dat niemand die argument gemaak om vir hulle te bly nie. ‘n Ja stem verander alles vir almal.