FA Cup Final

Saterdag het ek na Wembley-stadion toe vir die FA Cup Final gegaan om die Arsenal te sien speel. Dit was die tweede keer hierdie seisoen dat ek Wembley toe vir die Arsenal was, die ander keer was die semi-finaal – en ook het ek Saracens sien speel maar rugby is nie die onderwerp van hierdie skrywe nie.

FA Cup Final
Die uitsig van ons sitplekke by die FA Cup Final

Die FA Cup Final is vir ons voetbal fans baie spesiaal. Mense praat oor “the fun of the Cup”. Jy speel teen ander spanne wat gewoonlik nooit na jou stadion kom nie. Groter spanne word deur kleiner spanne geklop, en ek het op veel kere gekyk toe Arsenal deur kleiner spanne uitgeklop is en dis nie lekker nie. Hierdie jaar moet ons enigiets wen want ons het al nege jaar lank daarvoor gewag. Gelukkig kon ons agt wat gaan na die tuis wedstryde toe gaan, kaartjies kry. Ja, dit was baie duur maar ons sitplekke was fantasties reg agter die doel waar die wendoel aangeteken is en ons uitsig was briljant. Dis nie elke seisoen wat ons Wembley toe gaan nie.

Die ding oor sport is gee jy nie om oor hoe goed jou span speel nie, jy wil het hê dat hulle wen. Saterdag het ons nie baie goed teen Hull City gespeel nie en hulle het baie vinnig twee doele aangeteken en het amper ‘n derde doel gekry. Ons was vol wanhoop! Gelukkig het ons geweet dat Hull vinnig moeg sou word en ons het twee doele gekry wat tot ekstra tyd gelei het toe ons die wendoel gekry het en almal het so hard gejuig en gevier. Dit was ongelooflik, ons was uitgeput daarna!

Die atmosfeer was spannend en vriendelik, daar’s ‘n ware gees van die Cup. Ons het ‘n bietjie met Hull fans gesels wie die dag geniet het alhoewel hulle baie teleurgestel was. Niemand het geveg – die gewone beeld an voebtal fans – almal het staan en wag vir die moltrein en gesels en sing en suip.

Gister het die sege parade in Islington plaasgevind en volgens die koerante het omtrent 250,000 mense (amper 3 persent van die stad se bevolking) kom vier, ek kan nie dit glo nie. Die strate was vol mense – jong, oud, manne, vroue, kinders, tienaars, kleintjies – in truie met serpe en vlae wat die span en die mascot Gunnersaurus wil sien.

Dikwels het mense sekere idees oor voetbal en die fans maar in my ervaring bestaan daar ‘n groter identiteit en solidariteit waaraan ons almal behoort. Ja, ons spot met ander fans en maak grappies oor hulle span en wil hê dat ons mededingers sal sukkel maar ons waardeer die speel en hoeveel dit vir ons bedoel. Ek kyk ook rugby en die fans is anders, beslis witter en meer verfynd. Ek hou van rugby maar ek is van kleins af ‘n voetbal fan en ek verkies die ervaring bo alles. Praat met fans op die trein, in die kroeg, in die kantoor, oorsee en jy besef jy is nie alleen nie, daar’s altyd nog ‘n ander mens wat dieselfde span ondersteun wat saam met jou wil graag gesels en klets. Jy maak nuwe vriendskappe deur voetbal.