The End of Apartheid

Vandag het ek na The End of Apartheid tentoonstelling in Shoreditch gegaan, waarooor ek in The South African gelees het. Ek het nie besef dat vandag, 27 April, die twintigste verjaardag van die eerste vry en veelrassige verkiesing is.

The End of Apartheid

The End of Apartheid

Ek was gelukkig om saam met Grant Fleming, die fotograaf, te gesels. Hy het vir my gesê oor sy pogings om die tentoonstelling te hou, oor hoe hy duisende foto’s geneem het en dus moes deur alles kyk om te besluit watter foto’s hy gaan vertoon, ‘n bietjie oor die legendariese Bang Bang Club gesê en hoe teleurgestel hy was met die fliek oor hulle veral aangesien die boek so goed is. Hy sê dat sy mees bermoede foto, dié bo, hy het met net ‘n gewone kamera geneem en nie ietsie spesiaal nie.

As nie-Suid-Afrikaner het ek nie gaan stem nie en ek het destyds die verkiesing op die telivisie en in die koerante gevolg. Die foto’s van die lank rye mense wat wag om te stem is baie beroemd. Mense was bang oor die moontlikheid van geweld en ek onthou ‘n vriend se pa het die voorsien. Natuurlik was ek baie gelukkig dat hy so verkeerd was.

My eerste besoeke aan Suid-Afrika was in 1991 en 1993 om by my pa se familie te kuier. Ek was ‘n tienaar en ek onthou hoe trots familielede was aangesien Suid-Afrika nie meer ‘n geïsoleerde land gaan wees nie. Hulle kon sê hulle is Suid-Afrikaners sonder om gekritiseer te word.

Twintig jare voel so ver in die verlede en jy sien byvoorbeeld hoe anders die mode was soos die klere en haarstyle. In twintig jare van nou af gaan ons ook dieselfde oor nou dink. Maar die groot verskil is hoe mense se idees en gesindhede verander het. Hoekom het sekere idees vir so lank bly lewe?

Hierdie week vind die verkiesings plaas en veel Suid-Afrikaners wat ek ken, beplan om na die Hoë Kommissie in Trafalgarplein te kom stem. Net soos in 1994 sien jy lank rye mense, maar hierdie keer so nie lang soos in 1994 nie. Dis nie ver van my kantoor nie so gaan ek kyk. Dis belangrik vir hulle om hul nasionale plig te doen waarvoor so veel mense geveg, betoog en gehoop het.

As jy in die area is gaan hierdie indrukwekkende versameling foto’s sien.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam