Daily Archives: 16/04/2014

Praat Afrikaans in Leeds

Vandag moes ek Leeds toe met werk gaan want ons het ‘n groot kantoor in die stad waar my hele span gebaseer is. Ek was student op die universiteit – en nie op die metrpolitaanse universiteit nie – so is meer as bly om te gaan besoek. Sommige kollegas in Londen is nie lus om te gaan nie maar ek is altyd bereid om te gaan veral as dit bedoel ek kan minder werk doen weens die lank rit!

Hierdie keer het ek die geleentheid om Afrikaans te praat, een ding wat ek nooit voorheen in Leeds kon doen nie. Ek het planne gemaak om Frédrik te ontmoet, die Sjineser wat homself Afrikaans leer,. Toe hy op Kerfees on Londen was het ons ‘n bietjie uitgehang en hy is tans student ook op die universiteit.

Ek het ‘n paar oud Afrikaans koerant om vir hom te gee – Die Stem was ‘n gratis Afrikaans koerant in London wat ongelukkig in 2008 gevou het, en Die Republikein uit Namibië. Hopelik sal hy geniet om te lees.

Dit was baie goed om die geleentheid te kry om saam met ‘n ander spreker te praat. Sy Afrikaans is baie indrukwekkend so kan ons maklik gesels. Dit was snaaks om in ‘n koffiehuis te sit en te gesels. Leeds is nie Londen nie, dis baie anders en jy hoor minder vreemde tale. Daar’s seker veel mense wat byvoorbeeld Hindi en Oerdoe in Leeds praat, maar die kleiner tale is selde te hore.

Op die trein het ek ‘n paar e-posse aan Evgeny in Rusland gestuur. Hy’s ook ‘n leerder en, ek dink, hy praat die beste Afrikaans wat enige leerder wat ek ken. As jy met ‘n ander leerder praat of skryf is daar ‘n groot kans dat jy ‘n baie soortgelyke kennis van die taal het. Jy het dieselfde boeke gebruik en het die dieselfde ervarings gehad. Jy gebruik amper seker dieselfde app op jou slimfoon. Dus is jou woordeskat, en miskien ook jou aksent, baie soortgelyk. Jy het ook soortgelyke beperkings op jou kennis, jy kan nie alles uitdruk nie so dink jy hoe dit in ‘n verskillende weg te sê.

‘n Paaar weke gelede het ek Benny Lewis van Fluent in 3 Months hoor praat – ek sal daaroor skryf – en hy het ‘n paar (okei meer as net ‘n paar, veel) interessante dinge gesê oor hoe om tale te leer. Hy sê dis belangrik om van die eerste dag te begin oefen. As jy nie al die woorde ken nie, dink hoe jy jou idees en gedagtes in ‘n verskillende weg kan sê. Ek dink hierdie stukkie raad is baie belangrik. As leerders ken ons nie alles nie maar ons kan maklik met mekaar kommunikeer en hê dat ons verstaanbaar in ‘n verskillende taal is.

Ek het nie onlangs genoeg Afrikaans gepraat nie so was dit lekker om terug na Leeds toe te gaan, die stad waarin ek Afrikaans begin leer het, en uiteindelik praat dit. Hoe meer ek praat, hoe meer wil ek praat.