Daily Archives: 30/11/2013

‘n Bietjie deel van Mesopotamië in die British Musuem

Ek het vroeër oor my huidige groot belang geskryf, Akkadies/Babilonies, die Assiriese ryk, die geskeidenis van Mesopotomië en sy historiese kulture.

Een rede is dat ek amper elke naweek na die British Museum toe gaan, wat ‘n groot versameling goede uit die tydperk bevat. Ek het op so veel kere gaan kyk en dit was net iets nuuts om te kyk. Die ander rede is dat ek hierdie week Empires of the Plain: Henry Rawlinson and the Lost Languages of Babylon klaar gelees het. Dit vertel die storie van die moderne ondekking en ontsyfering van Akkadies/Babilonies. Dis ‘n ware boy’s own story, vol moedige jonge Britte manne uit in die Viktoriaanse tydperk. Die stryd om ‘n onverstaanbare tale te verstaan fassineer my, hoe hulle die eerste mense na duisende jare was wat die inskripsies kon lees en sien, hoe hulle die Akkadiese wigskrif skryfstelsel kon tolk – ‘n vorm waarvan is vir Oud Persies ook gebruik.

Ek dink meeste mense ken oor die Rosettasteen, wat sinoniem met die ontsyfering van vreemde tale is. Na my mening is die ontsyfering van Akkadies/Babilonies net so indrukwekkend. Nou dat ek die boek gelees het, waardeer en geniet ek dit meer om sekere beroemde objekte te sien wat ten toon in die museum gestel word, wat so ‘n belangrike rol in die ontsyfering gespeel het. Ek moet erken dat miskien die metodes om hulle te kry, onregverdig was. Hulle is amper gesteel so verstaan ek hoekom veel lande hulle objekte terug wil eis.

Ek het ‘n paar jaar gelede geskryf hoe veel ek van die British Museum hou. Vir my, as ‘n amateur Assirioloog, is dit fantasties om soveel stukke – silinders en steentjies – te sien, wat gratis te siene is. Hulle het narvorsers nuwe inligting help vind. Stukke wat honderde en duisende jaar oud maar nog vol idees wat nog baie hedendaags is. Ek hou daarvan om te gaan kyk en leer sonder om ver te moet ry om alles te sien, waarvoor ek baie gelukkig is. Die Louvre in Parys bevat ook ‘n beroemde versameling van Babiloniese stukke so moet ek nou ‘n Eurostar kaartjie koop om te gaan sien. Dit sou ‘n geleentheid wees om ‘n bietjie te reis.

Oud Persies wat in Akkadiese wigskrif skryfstelsel geskryf is

Oud Persies wat in Akkadiese wigskrif skryfstelsel geskryf is

Ashurnasirpal II

Ashurnasirpal II

Die Sondvloed-steentjie uit die Gilgamesh-epos

Die Sondvloed-steentjie uit die Gilgamesh-epos