Daily Archives: 27/10/2013

Eerste wêreld probleme, nè?

My huidige groot belang – wat soos elke man se belange, uiters puntloos is – is die Akkadiese of Babilonese taal – ek het die artikel op Wikipedia geskryf – en die verskillende ou kulture van die antieke Midde-Oos. Een rede is dat ek tans ‘n paar boeke oor hierdie onderwerp en die ontdekking en ontsyfering van die tale lees, en ook dat daar baie goede is in die British Museum te siene. Ek het onlangs die Gilgamesh-epos gelees, die bekende Akkadiese gedig maar natuurlik die Engelse vertaling. Nou dat ek ‘n Kindle het, lees ek so veel meer as wat ek voorheen gelees het – en ek het altyd baie gelees.

Die voordeel is dat ek meer boeke kan aflaai en lees nou elke keer wanneer ek op die openbare vervoer ry. Ek het vroeër geskryf om te sê hoeveel ek van my Kindle hou maar as ek oor een ding moet pla, is dit dat ek nie maklik die internet daarop kan lees nie. Okei jy sê, dit is maar ‘n e-boekleser en nie ‘n internet-leser nie en dis goed dat ek net een ding daarop kan doen, ek konsentreer slegs op die boeke.

So hierdie lei tot ‘n nuwe kwessie, sou ek ‘n klein en goedkoop tabletrekenaar koop vir om Wikipedia en ander bronne te lees? Miskien is ek net ‘n bietjie moeg en verveld en ek soek iets interessants en opgewondes om daarna uit sien en om my geld uit te spandeer. Ja, ek vermoed dis die ware antwoord want my skootrekenaar is meer as goed genoeg vir alles wat ek wil doen. Dis snaaks soms hoe ons nuwe teknologie wil aanneem want in vergelyking laat ou teknologie amper nutteloos lyk. Ons is bereid om vinning te besluit dat ons moet opdateer, ons moet iets nuuts kry want ons wil glo dis beter as dié wat ons tans gebruik.

Een interessante ding is dat my selfoon (dis ‘n phablet) ‘n stylus het vir om te skryf of te skets. Al Akkadies in wigskrif skryfstelsel geskryf is, is die Akkadiese woord daarvoor, in die Romaanse skryfstelsel, qan tuppi. Nuwe tegnologie kom klaarblyklik uit die ou tegnologie.

Eerste wêreld probleme oor antieke wêreld saak.