Daily Archives: 16/04/2013

Fokofpolisiekar en Jack Parow

So, my nuwe Afrikaanse projek waaroor ek vroeër gepraat het? Ek begin nou vir The South African skryf, ‘n gratis weeklikse Suid-Afrikaanse koerant hier in Engeland wat ook ‘n groeiende aanlyn weergawe het.

My eerste artikel, Vreelose Fokofpolisiekar en Jack Parow rock die Clapham Grand, is gister gepubliseer. Ongelukkig was ek te laat vir die koerant weergawe so dis net aanlyn maar ek is nog baie trots. Dis seker ‘n bietjie anders om vir ‘n koerant te skryf so dankie aan Christine wat geproeflees het en sy het ook die foto’s geneem.

Die gig was, soos ek verwag het, fantasties en na die gig het ek met ‘n paar lede van Fokofpolisiekar en Jack Parow se band gesels. Geen nuus om te berig nie, maar nog baie cool.

Ek sal ‘n paar video’s wat ek geneem het, oplaai wanneer ek by die huis is. Ek het tans probleme met WordPress soos almal het.