Rodriguez

‘n Paar weke gelede het ek Rodriguez gaan sien want hy het vier uitverkopte gigs in Londen gespeel. Soos jy sou verwag was Suid-Afrikaners volop en ek het met ‘n klompie Suid-Afrikaners gegaan. As jy nie Suid-Afrikaner is nie, ken jy nie vir Rodriguez tensy jy die fliek Searching for Sugarman gesien het nie, en hiedie feit verduidelik so veel.

Veel Suid-Afrikaners besrkyf Rodriguez as beter as Dylan en die invloed op die lewe van so veel Suid-Afrikaners is moeilik om heeltemal te verstaan vir ons wat oorsee grootgeword het, en hoekom hy soos ‘n held beskou word. Ons almal het verskillende perspektiewe. Ek lees hieride resenesie oor die gig deur ‘n joernalis van wie se skrewe ek hou. Dit lyk my ‘n bietjie onbilik om hom te blameer oor die feit dat hy ‘n held vir hoofsaaklik wit Suid-Afrikaners was, maar daar is ook veel in sy resensie waarmee ek saam stem.

Omdat hy cult status gekry het, is dit moeilik om objektief te bly. Vir die eerste paar liedjies het hy net gemommpel en ons kon skaars hom hoor, maar toe het die klank verbeter. Seker is sy lirieke mooi en slim maar ook baie bitter en amper vol wraak. Die vraag dan is net hoe goed is hy werklik? Dit hang af van wie jy is. Vir Suid-Afrikaners is hy ‘n genius en held want hy het so ‘n belangrike rol vir so veel mense gespeel. Vir mense wat net sy musiek ken of vir hom uit die fliek ken, is hy interessant en jy hoor sy liedjies vir die eerste keer 40 jare na hulle vrygestel is. Ek twyfel of jy in ‘n verskillende manier oor hom kan dink. Hierdie twee aspekte oor sy loopbaan defineer hom.

Jy wonder hoe hy voel nou, om sukses en erkenning te ervaar wanneer soveel tydgenote wat suksesvol gewees het, leef nou in duisternis. Hoe soet vir die Suikerman.