Daily Archives: 09/09/2012

Paralimpiese Somerspele 2012

Ek kyk nou die sluitingseremonie van die Paralimpiese Somerspele 2012 op die televisie en ek besef net hoe trots ek is op ons. Dit lyk my die twee Spele was ‘n groot suskses, groter as ons het verwag.

Nie soos die Olimpiese Somerpsele 2012 nie, kon veel meer mense kaartjies kry wat ook goedkoper was. Tjommies wat nie vroeër entoesiasties was nie, het skielik groot bewonderaars geword. In Londen, en ek dink ook in die ander stede, sien jy groot aantal mense wat Team GB klere dra, t-hemde, baadjies, en vlae tooi. Almal wil hê dat almal anders sien dat hulle iets Team GB dra, en ek hou baie van my Team GB voetbal hemp. Die vryvilligers was briljant, ek is jaloers op hulle want hulle kon deelneem en hulle lyk om so ‘n lekker tyd te gehad het.

Ek was gelukkig om kaartjies vir rolstoel basketbal, rolstoel rugby, of moordbal, en rolstoel tennis te kry. Dit was pret om weer na die park toe te gaan, om met vriende uit te hang en te suip, natuurlik! Die atmosfeer was so lekker, eintlik lekkerder as vir die Olimpiese Spele glo ek. Ek kyk die komediant Jimmy Carr net nou op televisie en hy sê hoe almal het ‘n vakansie van sinisme af geneem. Hoe mooi ‘n idee, jy weet hoe groot ‘n problem ek het met mense wat sê is hulle sinikus! (In my ervaring wat hulle rêrig bedoel is dat hulle dink is alles kak sonder om te moet verduidelik.) Ons het nou net meer nuwe helde en heldine gekry en hopelik gaan ons op hierdie sukses bou om beter te raak.

Ek wonder of dit ons in die toekoms gaan verander, maar vir nou kan ons trots wees. Dit was so veel beter almal sou glo. Ek sal ‘n paar kiekies oplaai vir almal om te sien.