Daily Archives: 18/07/2012

Wikipedia

Ek sê dikwels hoe ek iets nuuts vir die Afrikaanse Wikipedia wil skryf en het onlangs vier nuwe artikels gemaak. Soos ek vroeër gesê het, wil ek nie net oor Suid-Afrikaanse onderwerpe skryf nie. Ek dink dis belangrik vir Afrikaans om te wys dat dit nie net na homself kyk nie. Sprekers van Afrikaans sou oor veel uitheemse onderwerpe in hul eie taal kan lees, en ook kan leerders van andertalige Wikipedias sien dat die Afrikaans weergawe informasie oor hulle insluit. En as ons genoeg kry, sal ons groter as veel ander Wikipedias van groter talel word!

Ek skryf net oor dinge wat my interesseer, oor artikels wat ek in Engelse gelees het. Ek is nuuskierig en soek altyd na nuwe inligting of feite. Dit gaan my nie help om beter werk te kry nie maar ek leer die hele tyd oor nuwe idees in die wêreld en hopelik sal mense in hierdie artikels belangstel.

Die eerste twee is oor twee kunsmatige tale, Adjuvilo en Interlingue. Ek praat nie ‘n kunsmatige taal nie maar ek vind hulle baie interessant, veral hoe idealiste mense het hulle ontwikkel en die aspekte wat voordele en nadele vir tale is – en toe hoe almal baklei het oor wie se taal die beste is!

Een ander artikel is oor die Pikkewyn-eilande, wat Suid-Afrika en Namibië betref. Toe ek kind was, het ek ‘n baie ou atlas vol lande wat rooi gekleurd is. Ek het Walvisbaai en ‘n lyn rotse gesien, wat aan Brittanje behoort het. Ek wou weet wat hierdie eilande was en ek leer hul geskeidenis is interessant. Meeste Suid-Afrikaners en Namibiërs weet niks oor hulle nie so dit ‘n kans om oor hulle te praat. Die eilande lyk so verlate maar ek wou graag besoek. Ek weet jy mag nie maar ek kan net droom.

Uiteindelik het ek oor die Bajrakli-moskee skryf. Ek het dit gesien toe ek onlangs in Belgrado gekuier het en dit lyk mooi.

Die plan is nou om minstens een nuwe artikel elke week te skryf.