Vir nou is eksamens klaar

Ek het hierdie week drie eksamens geskryf en ek moet sê is ek baie moeg na al die studie dat ek nou ‘n bietjie vreemd voel. As jy studeer en eksamens skryf, moet jy so hard konsentreer dat jy alles anders begin vergeet. Dan is dit moeilik om alles los te laat en om te ontspan saam met almal anders. Ek kry die uitslae in Junie en dan skryf ek weer in Augustus óf hereksamens óf die eindeksamen.

Donderdag na die eksamen koop ek ‘n Afrikaanse boek, Rugbymal, in Foyles, ‘n wêreldberoemde boekwinkel in Soho. Ek is nie ‘n groot rugby fan nie want ek is van kleins af ‘n groot voetbal fan maar ek hou nog van rugby en geniet om te kyk. Daar’s verskillende skrywers vir elke hoofstuk, insluitend ‘n paar oud-Springbokke wat oor hulle kinderjare as ondersteuners skryf. Suid-Afrika in die sestigjare klink soos ‘n heeltemal verskillende wêreld – en ja, dit was vir veel redes – en natuurlik skryf hulle net oor hulle ervaring en geheues – die onderwerp is rugby, niks anders – so miskien is hulle ‘n bietjie selektief in wat hulle onthou en skryf. Dis dieselfde probleem met alle fan boeke maar dis nog ‘n baie interesante boek.

Dis goed om weer ‘n Afrikaanse boek te lees want op elke blad leer ek iets nuuts, woorde of uitdrukkings wat ek nou wil gebruik om my Afrikaans te verbeter en my woordeskat te laat groei. Nou moet ek meer mense vind om mee te praat.

2 thoughts on “Vir nou is eksamens klaar

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam