Mooi weer, weer!

So vandag het ek motivering om BPP toe te kom om ‘n bietjie studie te doen en nou skyn die son en dis warm en so baie mooi buitelug! Dit pla my so veel. Al wat ek kan sê is hoe meer ek nou doen hoe groter die kans is dat ek gaan slaag en dan kan ophou studeer. Ook sit dieselfde klompie mense in die studie kamer soos elke aand en elke naweek so is ek nie alleen in my pogings nie.

Vanaand gaan ek na ‘n Afrikaanse tjommie se braai toe wat ‘n geleentheid gaan wees om Afrikaans te praat so dis iets lekker om daarna uit te sien.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam