Daily Archives: 18/03/2012

Die weer is mooi en ek wil nie studeer nie

Die weer word nou baie mooi en warm en soos jy so verwag, het ek al my motivering verloor om te gaan studeer. Dis nie ‘n probleem in die aand na werk nie want dit raak donker en my skool is naby werk, maar vandag lyk dit so lekker dat ek net in park wil sit en ontspan. Ek twyfel ek is tans die enigste leerling wat só dink.