Daily Archives: 08/01/2012

En toe vind ons onsself in 2012

Dis geen verrassing dat ons onlangs die nuwe jaar gevier het nie, dit kom net een keer elke jaar op dieselfde datum!

Hierdie jaar kom die Olimpiese Spele na Londen toe en ek kry verlede week ‘n kaartjie vir die vroue voetbal eindewedstryd by Wembley so het ek nou vier kaartjies en ek gaan probeer om meer te kry as moontlik. Ook hoop ek om die rekeningkunde kursus te voltooi sodat ek a) gekwalifiseerd gaan word en b) nie meer in my eie en vrye tyd moet studeer nie! Ek beplan ook ‘n paar klein vakansies oorsee (en oor die see) en nuwe lande om vir die eerste keer te besoek en dan daar’s gigs, voetbal, nuwe vriende om te maak, nuwe geleenthede om te ervaar.

Ja, ek is optimisties en opgewonde.