Gaan koop hierdie boek!

Na my vroeër skrywe het ek met Eben geskype en ons het oor wetenskapfiksie gepraat. Hy sê vir my oor Afrifiksie wat Afrikaanse wetenskapfiksie uitgee en wat die enigste kampvegter (is dit die regte woord in hierdie konteks?) daarvoor blyk te wees. Daar was ook ‘n onlangse berig, in Rapport oor hulle nasionale kompetisie so lyk dit ‘n groeiende tipe fiksie met veel skrywers en deelnemers.

Eben het ook vir my oor sy boek gesê, Arwantië 2953 wat binnekort gepubliseer sal word. Ons het ‘n paar jare gelede ‘n bietjie gesels oor sy pogings om Afrikaanse wetenskapfiksie te skryf so dis fantasties dat uiteindelik sy boek, sy idees uitgegee sal word. Ek is baie beïndruk. Ek sien baie daarna uit om te lees en ek moet hom weer vra om ‘n kopie aan my te stuur. As nodig moet ek pleit! As die eboek opsie uitgegee word sal ek dan ‘n goeie rede hê om ‘n Amazon Kindle te koop want ek wou graag een kry.

Daar’s meer inligting op die Afrifiksie webblad oor sy idees wat julle makliker as ek sal kan lees.

Arwantië 2953

Nou moet ek my Afrikaanse boek begin skryf, gooi my julle idees vir die onderwerp asseblief!

4 thoughts on “Gaan koop hierdie boek!

  1. Alexander Post author

    Ek is baie beïndruk. ‘n Vriend in Kaapstad het ook ‘n geïllustreerde kinder verhaal in Afrikaans geskryf wat binnekort gepubliseer sal word so sal ek besonderhede aan jou stuur sodra ek uitvind.

  2. Gerhardus

    Beste Alexander

    Ek wil net noem dat ons bevoorreg is om saam met Eben van Renen te werk om hierdie besonderse wetenskapfiksie boek die lig te laat sien. Ons hoop net dat hy nog vele sal skryf.
    Sy e-boek sal ook binnekort beskikbaar wees. Ons is nogal opgewonde!

    En ons wag nog vir jou Afrikaanse wetenskapfiksie kortverhaal of roman. Onthou as dit Afrikaans is en dit is wetenskapfiksie druk ons hom!

    Dankie ook vir jou blok asook die bemarking van nuwe Afrikaanse wetenskapfiksie skrywers, hulle het dit beslis nodig.

  3. Alexander Post author

    Gerhardus

    Ek sien baie daarna uit om die eboek te koop, ek wag nou vir die nuwe Kindle Touch beskikbaar hier te word sodat ek kan lees. Ek sal ook Eben vra oor om ‘n kopie te kry.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam